Net toe jy dink ek wroeg heeldag oor my ellendige annus Horibilus: die positiewe dramas in my lewe. Ek moet sê die gewroeg het my ook nou lam in die onderste gestoeltes.
Met my jare en jare se gesukkel om iets gepubliseer te kry of om ‘n agent se aandag te trek, of om Mel Gibson se aandag te trek... gebeur toe iets heel nuuts en onverwags wat my histeriese lus vir draaiboek skryf bietjie bevredig. Druscila die dromer in my weet natuurlik dat God hierdie ding gebruik om my nog meer te slyp vir Hollywood... Gielie Galbraak rus bietjie tot later.
In 2008 gebeur 'n wonderlike ding in my lewe: ‘n nuwe baba word gebore... Nee, simbolies, man. Ek’s mos al oor 40! Ek, 'n lank-in-die-tand Abba aanhanger beleef die wonderlikste awesome-ste uur en 'n half: Ek gaan kyk Mamma Mia die movie! My arme tienerdogter, Chantal, gaan saam... Sy ontvang nou berading. Ek is uit my stoel van plesier en sing saam en beleef my jongdae en my lewe kry sommer nuwe betekenis. Toe Meryl Streep teen die einde so vir die gehoor kyk en vra: Do you wanna hear some more? Skreeu ek kliphard: Jaaaaaaa! En daar hoor sy my sowaar en sing nog iets! En ek sing saam, kliphard. Ag dit was lekker. Chantal, nodeloos om te sê, was getraumatiseerd.
Binne twee dae is ek terug in die fliek met my man en binne twee dae is ek terug met my goeie



(OP die foto is ek en my vriendin, Heloise, tydens die Mamma Mia show) Dit was die begin van Augustus. Binne drie maande (‘n rekordtyd) het ons mense uit die kerk en omgewing gekry, die ongelooflikste sangers en akteurs, ouens met gewone werke of tieners wat nog op skool is. Die eerste week in Desember tree ons op. Twee aande. 500 mense per aand. Volbespreek.

(Op die foto is my dogter Chantal wat dans en klein rolle in die plays speel en verseker goeie Bybelkennis opdoen in die proses en haar gate uit geniet!)
Nou voor ek verder aangaan met die fairytale storietjie, moet ek bysê dat hierdie mooi verhaaltjie nie gepaard gaan sonder kritiek nie. Steek jou kop uit in die Christenwêreld en jy word gery, ou matie. Ons wou ‘n hele orkes hê en soveel mense van die omgewing betrek as moontlik. Ons kry toe te veel orkeslede – dis viole, fluite, chello’s en wat nog. Maar gou trek die betrokke groepie kop uit, want: dit wat ons hier aanvang, moet goddeloos wees. God het nie Abba se musiek nodig om Sy woord te verkondig nie. Want, Abba se lewe was sedeloos. Nou wat van Abba was so sedeloos, wonder ek. Ek het nooit gehoor hul is op dwelms nie. Skoongesig groep uit Swede. O, ja, nou weet ek, hulle was almal geskei! Sonde! Uit die hel! Dan diskwalifiseer ons 64% van ons Suid-Afrikaanse bevoling om ooit vir Jesus iets te beteken, want soveel is geskei in ons land.
En ekskuus my, watse soort musiek gebruik God dus? Hy gebruik seker net edele klassieke komponiste? Kom ons dink so bietjie aan die outjies: Beethoven, ‘n gekneusde siel wat sy Geliefde (onthou die fliek: Immortal Beloved?) wat hom gelos het, en hul seun, uit wraak en bitterheid, ’n lewe van hel laat ly het en sy inspirasie hieruit geput het. Of nee, liewer Mozart, die klein

Mamma Mia, ‘n Child is born, was pure plesier om te oefen, op te voer en te kyk. Die mense wat daar was, was met ‘n lied in die hart uit die kerk uit. En weet jy wie het ons gelok? Nie net kerkmense nie, maar veral kerklos mense wat gedink het: Cool, kom ons kyk wat vang hierdie Christene aan. Wat het ons aangevang? Ons het ‘n storie vertel uit ‘n ander hoek uit, sodat mense kan sien dat God gewone mense in die wêreld gebruik om GROOT dinge te doen. Soos Maria. Die menslikheid van die verhaal en sy rolspelers het die mense geraak. Ons het dit toe die volgende jaar weer opgevoer, want baie mense wou dit toe nog sien. Die wat nie die duiwel en Abba vrees nie.

En hieruit volg toe nog stories: Joseph and His Amazing Blue Suede Shoes. Die verhaal van Josef met die musie van Elvis. Hoe doen mens so iets? Ek kry bv. ‘n liedjie van Elvis in my kop en begin dink daaroor. Dan kry ek ‘n paar Elvis cd’s en luister en so vorm ‘n storie in my kop en voor ek my kom kry, is die verhaal geskryf. Hierdie show was asemrowend. Ons het so skerp kontras tussen Israel en Egipte se kospotte geskep dat die spelers self na asem gesnak het die aand van die eerste vertoning toe al die dekor op die verhoog is. En daar was Bellly dansers, ja in die kerk, want kan jy glo, dis wat die mense in Egipte gedoen het vir ontspanning. Jy kan nie die msnelike aspek uit die storie laat nie. Dis juis wat ek wil oordra. Die arme Josef en israeliete is heelltemal oordonder deur die anderste kultuur. Tog het Josef sy Goddelike waardes behou en ‘n groot man daaruit gestap. Ag jy kan jou die kritiek indink. Ons goeie jarelange ouer vriendin, wat met haar een voet reg in die hemel staan, het ons kom vertel dat ons die pot mis sit en dat ons op die verkeerde pad is. Maar vra ek jou, hoeveel kerklos of kerkverskrik mense was in die diens en het met ‘n jubelende gevoel uitgestap, en gesê: dit het my weer lus gemaak vir Bybel lees? Baie. Vrouens wie se mans jare laas in die kerk was is terug kerk toe want die yskoue band van kerkwees is gebreek.
Toe kry ek my grootste inspirasie ooit: ‘n Passiespel! Ja, druk nou maar jou ore toe. A New Day Has Come, A Passion Play, met Celine dion se musiek. Dit het een CD van Celine gevat om vir my te oortuig dat byna elke lied wat sy sing, ‘n evangeliese boodskap bevat. My storie het gegaan

You’re the bravest of hearts, you’re the strongest of souls, You're my light in the dark, you're the place I call home, You can say it's all right, but I know that you're breaking up inside, I see it in your eyes, Even you face the night afraid and alone, That's why I'll be there.When the storm rises up, when the shadows descend; Every beat of my heart, every day without end; Every second I live, that's the promise I make; Baby, that's what I'll give, if that's what it takes, If that's what it takes You can sleep in my arms, you don't have to explain; When your heart's crying out, baby, whisper my name; 'Cause I've reached out for you when the thunder is crashing up above; You've given me your love, When YOU smile like the sun that shines through the rain, That's why I'll be there When the storm rises up, when the shadows descend; Ev'ry beat of my heart, ev'ry day without end; I will stand like a rock, I will bend till I breakTill there's no more to give, if that's what it takes; I will risk everything, I will fight, I will bleed; I will lay down my life, if that's what you need; Ev'ry second I live, that's the promise I make; Baby, that's what I'll give, if that's what it takes Through the wind and the rain, through the smoke and the fire; When the fear rises up, when the wave's ever higher; I will lay down my heart, my body, my soulI will hold on all night and never let go; Ev'ry second I live, that's the promise I make; Baby, that's what I'll give, if that's what it takes. If that's what it takeswhatever it takes, whatever it takes; If that's what it takes; whatever, whatever, whatever it takes
En as Jesus sterf (My vriend, Bruce McKay op die foto) en Maria sing My heart will go on, is dit so ontstellend roerend dat niemand daar met ‘n droë oog gesit het nie:

Ek weet nie of ek self al in hierdie eg menslike terme aan Maria en Jesus gedink het nie. Dit het my hart gebreek en my hart genees. Almal wat kom kyk het is stil uit die teater uit, maar met die lied in die hart van: A New Day Has Come. Maria wat by hierdie kind moes staan vir 33 jaar, met al die hartseer en verwagting wat daarmee saamgegaan het, het die lied toe by Jesus se graf gesing, nadat die Engel haar vertel het Jesus het opgestaan:
A New Day has Come:
I was waiting for so long, For a miracle to comeEveryone told me to be strong, Hold on and don’t shed a tearThrough the darkness and good times, I knew I’d make it throughAnd the world thought I had it all, But I was waiting for youHush, now, I see a light in the sky, Oh, it’s almost blinding meI can’t believe, I’ve been touched by an Angel with loveLet the rain come down and wash away my tearsLet it fill my soul and drown my fears, Let it shatter the walls for a new sunA new day has come, oh. Where it was dark now there’s light, Where there was pain now there’s joy, Where there was weakness, I found my strengthAll in the eyes of a boy, Hush, now, I see a light in the sky, Oh, it’s almost blinding me, I can’t believe, I’ve been touched by an angel with love. Let the rain come down and wash away my tears, Let it fill my soul and drown my fearsLet it shatter the walls for a new sun, A new day has come, ohHush, now, Well I see a light in your eyes, All in the eyes of the boy, I can’t believe, If I’ve been touched by an angel with love. I can’t believe, I’ve been touched by an angel with love.
As dit nie Evangelie is nie, is ek seker reguit oppad warm plek toe. En raai raai riepa: ons groot tradisionele kerk en ‘n Charismatiese kerk op die dorp boikot die play, ons word deur goeie Christene sleg gemaak. Waar hulle gaan versuur hul die wonder van die Kruisiging vir so baie mense. Ek word vertel dat ‘n Passiespele slegs woordgetrou mag wees. Wat ek hier doen het geen sin of betekenis nie. En kan jy glo, Celine Dion in die kerk! Ek bedoel, sy sing nou al 5 jaar in Vegas! Nee, sies mev. Doeminie. Ek het baie gehuil oor die mense se oordeel en gebrek aan insig in Jesus se grootheid. Hy kan gelowiges uit klippe opwek, hoe kan hy nie my plays gebruik om kerklos mense ‘n stukkie van God se genade te wys nie. En hoekom geniet ander kerkmense dit net so? Is ons almal dan bestem vir die hel? Ek dink nie so nie. God gebruik elke talent en gawe tot sy voordeel. As jy dit nie kan sien nie, Hou jou bek, sê ek, mevrou Doeminie!
Die probleem met die Passiespele was dit: Dit het in 2010 gebeur, my Annus Horibilus jaar. Die hoop slegte goed wat hiermee saam gebeur het, het my geloof in die Christenmens en in ‘n onverstaanbare God ‘n knak gegee. Ook my geloof in myself en my talente. Ek probeer die babatreetjies vorentoe stap, na ‘n nuwe verstaan van God en mens en myself. Ook vir my op my

Ek het nou ‘n play geskryf: Samson, the Lion of God, met Queen se musiek. Wat dink jy gaan SUPER Christene hiervan dink? Nou is die antichris in Hartbeespoort! Dalk is ek nou net gatvol vir kritiek en wil ek sê: Ja, sowaar, God kan selfs deur Queen werk! Prys die Here wat meer kan doen as wat julle kan bid of dink!
(Op die foto is my oorlede pa, Josua Joubert, se skildery van Simson, wat ons gebruik vir ons posters en kaartjies vir die play. )
Hi Rene!
ReplyDeleteAg bring jy nou wee soveel memories terug van d passionplay!
Jy is so talentvol en ek wens ek was daar om in jou simson ook
Te speel! Ek weet passionplay het baie mense se harte geraak!
En laat die maar judge wat wil judge, ons doen wat ons doen vir die Here!
Ek sal vir seker kom kyk in mei en sien so uit!
Liefde
Leana
Their are two wolves inside of us and a battle going on inside of us... the one EVIL and the other one God. Dis waaraan jou storie my laat dink... daardie twee wolwe en ek sien dit in die omgewing/kerke om jou en ek se soos Douglas Forbes dit vertel: which wolf wins? The one you feed of course! Nou ja maatjie, wat 'n roerende storie en ek weet die wat jou veroordeel is beslis deel van die "Evil wolf" wat gevoed word deur jaloesie, hebsug, self bejammering, trots, ego, hoogmoed ens. ens.! Ek weet die ander wolwe wat kom kyk het en gevul was met vreugde, liefde, hoop, waarheid, menslikheid, geloof en vrede is die wolwe wat jy moet voer! Dankie vir mense soos jy!!!! Hou aan, ek kan nie wag vir SAMSON.... nie. Moenie dat die "EVIL WOLF" jou fokus laat verloor nie... Hy Leef en ons honger wolfies weet dit en beleef dit deur jou "plays"! Rene C
ReplyDelete