KINDERKERK SPEEL-SPEEL

Vir maniere om kinderkerk of huisgoedsdiens lekker pret te maak, kyk gerus na my blog: 

www.bybelboekwurm.blogspot.com 

Hier is n paar voorbeelde: 

 ITEMS BESKIKBAAR: CROSSROAD BOARD GAME


 KINDERKERK ITEMS VIR KLEUTERS TOT GR. 2 (DATA CD)


VIR GR 3 TOT GR 7: UITGEWERKTE LESSE MET INTERAKTIEWE SPELETJIES EN GEHEUEPRENTE OM DIE BYBEL TE LEER KEN.  (DATA CD)


THIS CD IS ALSO AVAILABLE IN ENGLISH. (DATA CD)



(HIERDIE CD IS NOU OOK IN ENGELS BESKIKBAAR!)

Vir meer inligting: www.bybelboekwurm.blogspot.com

ALLE MATERIAAL KAN NOU VAN DROPBOX OP DIE INTERNET AFGELAAI WORD - SO JY BETAAL NIKS POSGELD NIE - NERENS IN DIE WERELD NIE!!!! HIEHAAA!

NUUT! GEHEUESKETSE VAN ELKE BYBELBOEK!


PREDIKANTSVROU ONTWERP BYBELBOEKE IN SKETSE!

Om kinders op ’n lekker manier al 66 boeke van die Bybel te leer, is die droom van René van Zyl, predikantsvrou, kinderwerker en skrywer van Hartbeespoort. Hierdie droom is gebore uit haar vroeëre beroep as joernalis, sê sy, toe haar leuse was: om in te lig, op te voed en te vermaak! Dit het sy toegepas op die Bybel en die vrug van haar werk is 'n laserskyf met al 66 boeke van die Bybel in geheue-prente saamgevat. Hieraan werk sy al die afgelope vyf jaar.   

Dié bonte mengelmoes van prente in kleur, asook in swart en wit, is die produk van jare se navorsing, versameling van inligting en van sketse ‘optower’ waarin die essensie van elke Bybelboek saamgevat is. Nou kan 'n mens met een oogopslag 'n geheelprent kry van elke Bybelboek. Dit is so kreatief gedoen dat groot en klein nou hul Bybel op die punte van hul vingers kan opsom, omdat die brein ’n prent het om mee te werk. Die pragtige en humoristiese illustrasies is gedoen deur René se kunstige suster, Esmé Walker, wat self spog met 'n ATKV Veertjie toekenning vir 'n vroeëre kinderboek se illustrasies.

Die laserskyf waarin al die Bybelboekprente saamgevat is, bevat ook die leidrade wat nodig is om elke skets te verstaan en René het 'n eenvoudige geïllustreerde Bybelse tydlyn aangeheg. Ja, onthou die leuse: inlig, opvoed en vermaak! Sy sê sy leer die kinders by die Kuierkerk waar haar man, Anton,die predikant is, ook hierdie Bybelboeke. Hiermee saam gebruik sy interaktiewe lesse wat sy weekliks skryf en wat pas by die Bybelboekprente. Daar lê vir haar min waarde in om die kinders, soos oor al die jare, slegs die Bybelkarakters met 'n morele les te leer. Die kind moet van kleins af die Bybel in sy volheid leer ken, met die tydlyn en die betekenis van elke boek vir ons in vandag se tyd, sê sy passievol. Haar man gebruik hierdie sketse ook met groot sukses by sy weeklikse Bybelskool om vir volwassenes die Bybel makliker verstaanbaar te maak. Die grootmense geniet die prente net soveel soos die kinders en almal is dit eens dat hul nou maklik die Bybelboeke kan onthou.

René het oor baie jare as kinderwerker en poppemeester begin agterkom hoe sleg kinders (en hul ouers) die Bybel ken. Sy wou hierdie tendens verander. Hoeveel mense weet selfs dat daar 66 boeke in die Bybel is? Die sketse is veral waardevol vir regterbrein mense (groot en klein) wat in prentjies dink. René sê dat sy met hierdie projek self buitengewone kennis opgedoen het en dat sy nou vir die eerste keer in haar lewe werklik voel sy begin die Bybel verstaan. Sy geniet dit as mense vertel hoe hul nou toegerus is om die Bybelboeke te onthou omdat hulle 'n geheue-skets het van elke boek en 'n eenvoudige tydlyn wat die Bybelse tyd verduidelik.  

INTUSSEN HET SY OOK HIERDIE CD AS BASIS GEBRUIK EN 'N KINDERKERK REEKS OPGESTEL WAT VAN GENESIS TOT OPENBARING DEUR DIE BYBEL WERK MET SPELETJIES. 
90 KINDERKERKLESSE IN SPELETJIES. DIS OOK OP DIE WEBTUISTE BESKIKBAAR OF KONTAK rene@kuierkerk.co.za of 0823964100. 


René is ook die skrywer van die 2010 Christelike jeugboek, Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality en 'n Christen interaktiewe bordspel, Kruispad, wat sy self laat druk en uitgee het. Totdat sy 'n uitgewer vir die Bybelboek laserskyf kry, bemark sy dit self om haar kostes te dek. 

Navrae oor die produk kan gerig word aan:
Of selfoon: 082 3964 100. 

(Beriggie in ons plaaslike koerant, die Kormorant, op Hartbeespoort - oor my nuutste projek waarmee ek al 'n paar jaar besig is en uiteindelik voltooi het! Hie-ha! Prys die Here!)

No comments:

Post a Comment