Saturday, March 24, 2018

MY EERSTE ROMANZA

Die tyd het amper aangebreek - my eerste Romanza, Liefdesafari, sien die lig op 1 Mei. En die tweede een 1 Junie - Alice se droomland. Kyk gerus uit hiervoor - by toonaangewende boekwinkels of Lapa UItgewers se eie webblad. Lekkerman!

Friday, March 16, 2018

2018 HIEHAAA- NUWEJAAR EN NUWEHOOP!

Mevrou Doeminie Voelgoed blogs


UIteindelik maak twee van my romanses dit tot by die uitgewers - na jarre der jarre se gesukkel en geskryf en gesmeek om net gelees te word. Ek het uitendelik besluit om 'n kursus by te woon oor Afrikaanse skryfstyl en tegnieke - en wat wil die uitgewers he - nou ja - en siedaar - goeie tip - gaan woon 'n skryfskool van ATKV of die PUK by - jy sal 'n beter, meer toegeruste mens daaruit kom. 

So, Mei en Junie is die tye wanneer my Romanzas die rakke tref - Mevrou Doeminie die hygromanskrywer - ENJOY- dis voelgoed op sy beste, herleef die romantiese hunkerings en drome wat jy gehad het toe jy nog jonk en jukkerig was, voor die pille en hormone jou in n zombie verander het wat net dag tot dag moet oorleef - daar het jy dit.  Liefdesafari en Alice se Droomland. 



2018 - NUWE JAAR EN NUWE HOOP!

NOG N BLOG OF TWEE - 

MEVROU DOEMINIE EN DIE ROOMYSMONSTER

Was jy al ooit so lus vir iets lekker – sê nou maar ʼn roomys, maar die manier hoe die onentoesiastiese verkoopsdame haar werk doen, maak sommer dat jou lus in pure frustrasie oorslaan?

Dit gebeur met my en ʼn vriendin toe ons opgewonde soos kinders in Italië van die lekkerste roomys in die wêreld – en vrek duur – bestel in ʼn klein dorpie wat jou aan ʼn Middeleeuse verhaal laat dink. Ons moet uit tientalle geure kies. Elkeen lyk mooier en romeriger as die ander een en toe ons uiteindelik op ons drie geure besluit, staan ons met kwylende bekkies en wag vir ons duur bederfie.
Die dametjie agter die toonbank beleef egter nie ʼn goeie dag nie of sy is permanent ongeskik. Sy praat skaars en met daardie ronde opskeplepeltjie wat die mooiste roomballetjies behoort te vorm, kap sy soos ʼn reeksmoordenaar in die roomysbak en skuur dit met onaansienlike hale teen die plastiekkoppie af. Niks aan die proses is mooi nie. Nie die houding nie en nie die platgesmeerde hompe in die bakkie nie. My kwyl droog sommer op en ek wil amper snik.
Ons betaal en eet in stille tevredenheid, dog met ʼn mate van teleurstelling, aan die romerige lekkerte. ʼn Dag of twee later is ons weer lus. ʼn Ander dorp, ander geure en ons vra nederig hoopvol vir die verkoopsdame vir roomys. En wat ʼn plesier! Sy rol daardie lepeltjie met vrolike hale deur die roomys, plaas dit met oorgawe in die bakkies en versier dit verder met koekies en smarties sodat dit soos muise met ore lyk. Haar glimlag is so breed soos ons s’n. Dis mos hoe mens maak. Geniet jou werk, al is dit roomys skep. En jy kikker dalk net ʼn ongelukkige siel se hele ou ellendige dag op. Probeer dit. Jy sal jou eie dag ook opkikker met jou entoesiasme.


MEVROUE DOEMINIE OORLEEF NET-NET
EK SIEN NOU MAAR OM MY HOE MENSE ELKE DAG VEG NET OM TE OORLEEF.
DIE GOEIE DAE IS SOOS GOUE APPELS WAT ONS DRA DEUR DIE SLEGTE DAE WANNEER DIT VOEL ASOF JY MET VROT PIESANGS EN PAPAJAS GEBOMBARDEER WORD. EK SIEN DAAGLIKS OUERS EN KINDERS BY DIE BREINGESTREMDE SKOOL WAAR MY SEUN SKOOLGAAN WAT DALK BIETJIE ERGER MOET OORLEEF AS ANDER MET ‘NORMALE’ KRISISSE EN KINDERS.  EENVOUDIGE GOED SOOS DOKTERS- OF TANDARTSAFSPRAKE IS ʼN NAGMERRIE EN EINDIG GEWOONLIK IN ʼN HOSPITAAL MET BAIE DUURDER KOSTES AS NORMAALWEG. EN DIT TERWYL DIE KINDERS BOONOP DUISENDE RANDE SE MEDIKASIE MOET GEBRUIK OM NET ʼN DAG TE OORLEEF. DIE OUERS VEG SOMS DAAGLIKS OM POSITIEF TE BLY, SELFS AL IS DAAR SOVEEL SEËN SAAM MET DIE UITDAGINGS. JY MOET DIKWELS SOEK OM DIT RAAK TE SI
ANDER MENSE VERSTAAN NIE JOU DAAGLIKSE STRYD OM OORLEWING EN SOEKE NA OPTIMISME NIE. ANDER BESEF NIE DIE DIEPE DEPRESSIE WAT JOU AFTREK EN MAAK DAT JY GEEN HOOP IN DIESELFDE SCENARIO DAG NA DAG SIEN NIE. JOU EIE VRIENDE SKRYF JOU AF, WANT JY IS NOU TE NEGATIEF EN JY REIK DAN NIE NA HULLE TOE UIT NIE. EN HULLE WIL SÓ GRAAG HELP, MAAR JY, JÝ HOU JOU MOS UPSTAIRS EN EENKANT!
AL WAT EK VRA IS DIT JY PROBEER OM JOUSELF IN HULLE SKOENE IN TE DINK. ELKE MENS OM JOU VEG SY EIE OORLOG MET WAT DIT OOK AL MAG WEES. JY WEET NIE DAARVAN NIE. MOENIE IEMAND NET AFSKRYF OMDAT JY NIE LUS IS VIR HULLE NUKKE NIE. HULLE HANG DALK AAN ʼN DRAADJIE EN AS JY DAARDIE DRAAD KNIP, IS DIT DIE LAASTE STROOI WAT DIE KAMEEL SE RUG BREEK. HANTEER MENSE SAGGIES, MET WATTE, AL VERSTAAN JY NIE. ELKEEN BAKLEI ʼN ONSIENBARE VYAND. ALMAL IS NIE SO STREK EN GESEËND SOOS JY WAT AL DI
ANTWOORDE HET NIE. 

 MEVROU DOEMINIE KERM OOR LYDING

DIS DAREM MAAR ERG HOE BAIE DINGE IN DIE LEWE NIE ALTYD REG LOOP NIE – DAARDIE OU STORIE VAN SLEGTE GOED GEBEUR MET GOEIE MENSE. HOEKOM!! DIS DIE EWIGE ONBEANTWOORDE VRAAG.

MET MY EIE LEWE HET EK AL HIERDIE VRAGIE VROT GELOOP. ONS SEUNTJIE VAN 15 MAANDE KRY ʼN BREINVIRUS EN DIE OU SLAP DINGETJIE WAT EK UIT DIE HOSPITAAL UIT HUIS TOE BRING, IS MAAR ʼN SKADU VAN MY SEUNTJIE. EK HUIL, BAKLEI, LAG, VEG VOORT OM NET TE OORLEEF. EN NOU IS DIT AL 24 JAAR LATER EN EK SKOP NOG. EN H

ANDER MENSE GAAN INTUSSEN DEUR HULLE EIE SOORT HEL. VERLOOR ʼN KIND. MOET VEG TEEN KANKER. VERLOOR ALLES EN SOEK WERK OP HUL OUDAG, VEG DEPRESSIE. DAAR IS SOVEEL ONREGVERDIGHEDE. HOEKOM EK, VRA MENS? NET SOOS JOB GEDOEN HET. VANDAG SIEN EK DAT DIE PAD WAT EK GELOOP HET MY STERKER GEMAAK HET. EK HET GOD LEER KEN VIR SY GROOTHEID, SY VADERLIKHEID, SY GENADE, SY LIEFDE EN SY ALMAG. EK HET NOG BAIE OM TE LEER OOR GOD. HIERDIE PAD VAN MY IS MAAR BABATREETJIES OM ʼN ONVERSTAANBARE, ONSIENBARE GOD TE PROBEER VERSTAA

AS ʼN MENS DEUR OU LANDE SOOS EUROPA TOER EN JY STAP DEUR HONDERDE MOSBEGROEIDE BEGRAAFPLASE MET GRAFFIES VAN BABAS TOT TIENERS EN OU MENSE, DAN WEET JY DAT VERLIES EN HARTSEER DEEL VAN DIE LEWE IS. GOD HET NÊRENS GESÊ DAT ONS DIT GESPAAR GAAN BLY NIE. ONS GAAN NIE HEMEL OP AARDE HÊ NIE. DAARDIE MENSE VAN DIE OU DAE HET MET PLAE, OORLOË EN HONGERSNOOD EN SLEGTE HIGIËNE EN GESONDHEIDSORG GESUKKEL. ONS HET SOVEEL MEER GERIEF IN VANDAG SE TYD OM ONS HOOP TE GEE. O JA, NIE EENS DIE APOSTELS WAT JESUS SE BESTE VRIENDE WAS, IS LYDING GESPAAR NIE. ALMAL HET WREED GESTERF, HET OOK NIE ALTYD ALLES VERSTAAN NIE, MAAR IS GRAF TOE MET ʼN LOFLIED.  HOU VAS AAN DIE HOOP, AAN DIE GELOOF DAT GOD VIR ONS ALMAL ALLES TEN GOEDE LAAT MEEWERK. DIS AL WAT ONS KAN DOE