Monday, October 14, 2013

VROLIKE VREESLOSE VROUE... KUIER, RUS, ONTSPAN...

Dit lyk soos die 37ste hoofstuk in die lewe van die beneukte mev. Doeminie! Lees as jy tyd het - oor haar nuutste ekskapade... rustig... ontspanne.... en sonder donderweer... (Dit lyk tog of my anti-depressante werk... )

Die woorde kuier, rus en ontspan klink soos ‘n lafenis vir enige vroue-siel wat haar afsloof vir die gesin, eggenoot, die skoolraad en die gemeenskap. Dit klink soos vakansie! Dit was hoe dit was met ons Vroue Retreat 2013 wat die Kuierkerk aangebied het by die lieflike bergvesting van Lydia Grimbeeck by Kosmos Ridge in Hartbeespoort. (So lyk dit hier links op die foto... absolutely fabulous!) 
     Mev. Doeminie moet net haar suur alter-ego ‘n kans gee om iets te sê oor haar verlede: Ou Griekie Galbraak is mos altyd grimmig oor iets, wel hier kom dit: Ek was al by menige vrouekampe in my lewe. Veral na ons oudste seun as baba breinskade opgedoen het en my hele lewe uitmekaar geval het. Ek het al die praatjies in die wêreld al gehoor (en op daardie tyd moes ek dit hoor: ek het dit nodig gehad om die Here beter te leer ken). Ek onthou die tipiese kerkkamp: daar was die goeie vroue van die gemeente, ja, hul het ook kampe nodig gehad en daar was die mense wat gebuk gegaan het onder ernstige geloofskwessies. Soms was die lesings deur duur sprekers, lank en uitputtend, maar na so naweek het mens goeie Bybelstudie ingekry en ook besef hoe skiet ‘n mens selwers tekort. So ‘n spreker wat reeds alles geleer het oor vrouwees en Christenwees se werk is immers om jou geloofslewe te versterk en die beste manier is om jou te leer hoe min jy weet.
     Jy het dan tuis gekom by die ongewaste skottelgoed, kinders se huiswerk wat nie gedoen is nie, en mans wat half vies is oor jy so lekker jol gehad het en hul moes opsnork met die kinders. Maar jy was sterk, jou geestelike krag was baie en jy was van voorneme om hierdie man van jou onvoorwaardelik te aanvaar en te vergewe vir alles van drankmisbruik tot emosionele mishandeling en wat als. Die nuwe week het met volle vaart weggetrek en jy was vol goeie voornemens. Teen Maandagaand was jy moedeloos want niks het verander nie, jy sal nooit soos die welbelese en welbedeelde Spreker haar man onvoorwaardelik lief kan hê nes God dit verwag nie en daagliks haar kinders en haar man in die Here se genade inbid en nooit enige voetfoute maak nie!. Jou kinders is nog steeds bederf en beledigend en nukkerig en jy het gefaal as moeder en as eggenoot. Jy wil nie eers die ander vroue weer sien nie, want duidelik kry al die fantastiese moeders dit reg wat jy nie kan nie. Teen Dinsdag lê jy met jou lippe teen die klippe, reg om by ‘n kliniek vir sielsiekes te gaan inkonk want jy faal as skepsel wat na God se beeld geskape is. Jy drink steeds jou anti-depressante en beplan ‘n hoër dosis.
 
Ja, ek oordryf, want tog leer mens altyd ietsie wat jou kan deurdra by so kamp, maar wat ek altyd onthou, was die pret saans in die kamers: as almal se skanse af is en hul in hul nagklere rondloop en net is wie hulle is: vroue wat ‘n wegbreek nodig het om hul te help om hul lewe te kan hanteer en hulself te vind. Daardie geselsies tot laatnag en gegiggel was vir my sielskos. Dan kom die ware probleme uit so tussen die kuier, koffie en klets.
          
Dit het my laat besef dat vrouekampe anders kan wees. Op my ouderdom is ek nie meer lus om uur na uur na ‘n dinamiese geleerde Vlindervrou te luister nie. Ek het drie jaar gelede besluit om te begin met so ‘n vroue retreat, waar kuier die grootste motivering is. En ja, Jesus bedien ons die hele tyd, want ons is Christene wat kuier en daarom is Jesus outomaties deel van ons gekuier en ons probleme deel. Ek leer meer by ander Christenvroue so deur die kuier as wat ek by ‘n duur spreker leer. En na die tyd het jy meer krag vir jou daaglikse take, want jy het by gewone mense gehoor van hul gewone probleme en oplossings. Jy sien mekaar by die kerk en jy het lief geraak vir die ander vroue wat met dieselfde probleme as jy worstel. My groot doel met die kuier is dat vroue mekaar leer ken en so mekaar kan help.
     Terug by ons vroue retreat: (Op die foto bo is een van ons ontbyte - marshmallow tert, peppermint tert, vrugteslaai en melktert - heerlik!) Die klein ‘hotel’ (dit lyk regtig soos een!) teen die Magaliesberge, waar ons die retreat gehou het, is die hoogste huis in die Hartbeespoort omgewing en het ‘n uitsig soos min oor die Hartbeespoortdam en omliggende berge. Die twintig vroue wat hulself kon wegskeur van hul gesinne en verantwoordelikhede het ‘n heerlike naweek beleef – nie die tradisionele vroue naweek van lesings en werkswinkels van vroeg tot laat nie, nee, net die samesyn van vroue wat hul pyn en wysheid en vreugde met mekaar kon deel. Tussen ons klomp was daar vroue met kanker, vroue wie se mans kanker het, vroue wat kinders en vriende verloor het, vroue wat misbruik en depressief is en vroue wat breingestremde kinders het. Met ander woorde: ons was ‘n klomp normale vrouens by mekaar wat wou wegbreek van die normale roetine en die Here het ons bederf ver bo wat ons kon bid of dink. Ons het ‘n skoonheidsterapeut en twee studente-fisioterapeute daar gehad wat ons masseer het, so tussen die kuier deur, iets wat ons min genoeg voor tyd het!  (Op die foto sit ek en word bederf tot in die sewende hemel in!!)

Ons het op die tweede verdieping van die huis geslaap met glasvensters reg rondom ons en ‘n uitsig oor die dam wat min mense in ons dorp al gesien het. Ons het vrede beleef wat alle verstand te bowe gaan. Ons het saam kos gemaak, saam geluister na lewensafrigter en kleurterapeut, Rene’ Coetzee, se geselsies oor hoe God kleur gebruik het om haar kankerpad te vergemaklik en hoe kleur ons elke dag beïnvloed. Een van die vroue het ons haar inspirerende verhaal vertel van hoe die Here haar deurgedra het nadat haar huis afgebrand het (waarin haar man gesterf het) en sy en haar kind maande lank deur hel is in die hospitaal met pynlike brandwond-behandeling.
Op die foto regs is 'n paar van ons in die swembad - man, dis mooi daar!) 
Mans kan so dikwels ons vroue misverstaan en verkeerd behandel, net omdat ons so kompleks is, en daarom sê ek dankie vir die Here vir vriendinne wat soms net laf is en jou trane kan afdroog. Ons het in die middernagtelike ure in die donker kamers rondgehol en gelag vir mekaar. Ons het geswem en gesels en geëet soos konings. Ons was vir ‘n slag net mens en nie iemand wat probeer om ander te beïndruk nie.

(Op die foto links is die vrolike oumas wat saam was - kan jy glo? Sulke pragtige sexy oumatjies?)

Probeer dit gerus by jou kerk – reël net ‘n wegbreek vir vroue en bederf hulle! Ons het dit so nodig. Ons moet dikwels ons mans dra en ondersteun te midde van ons eie besige lewens wat vol is met kinders, soms ‘n eie beroep, soms gemeenskapswerk. En tussen alles deur moet ons sorg vir kos op die tafel, klere aan die basse en ‘n vredevolle tuiste. Mans is veronderstel om die sterker geslag te wees, maar as ‘n man nie ‘n sterk vrou het wat haarself kan handhaaf nie, is hy so swak soos ‘n lammetjie en so brommerig soos ‘n leeu! Maak tyd vir wegkom, maak tyd vir vrouwees en kuier! You deserve it!!

Sommer 'n gedig oor vriendskap: 

A Friend

© Gillian Jones
A person who will listen and not condemn
Someone on whom you can depend
They will not flee when bad times are here
Instead they will be there to lend an ear
They will think of ways to make you smile
So you can be happy for a while
When times are good and happy there after
They will be there to share the laughter
Do not forget your friends at all
For they pick you up when you fall
Do not expect to just take and hold
Give friendship back, it is pure gold.


Source: A Friend, Poem on Friendship http://www.familyfriendpoems.com/poem/a-friend#ixzz2hhnenNZP 
#FamilyFriendPoems 

Monday, August 5, 2013

HARTBEESPOORT WRITER ON HOLLYWOOD SHORT LIST

CommunityPeople— 02 August 2013
Hartbeespoort writer on Hollywood short list
http://www.kormorant.co.za/2013/08/hartbeespoort-writer-on-hollywood-short-list/

If at first you don't succeed, try and try again, they say! And try and try yet again . . .  
(ABOVE) Hartbeespoort writer Rene van Zyl and husband Anton.

Well known Hartbeespoort based writer and playwright, Rene van Zyl who recently entered a
Hollywood pitch competition for aspiring screenwriters and made it to the final round will possibly
 know by the end of today whether she has written the winning pitch.
René recently finished an Afrikaans thriller, Vuurdraak and decided to write a pitch and enter the
 2013 Fresh Voices Pitch Contest. The contest offers aspiring writers the opportunity to turn great
ideas into saleable screenplays with experienced script guidance, professional mentoring, over
$5,000 in cash and prizes, plus the chance to pitch your winning project directly to producers,
executives, agents and managers. The Grand Prize Winner will work with an established manager
or producer who will offer professional guidance throughout the development process including
 feedback, story notes and career consultation. The Grand Prize Winner will also receive the
opportunity to pitch their project to producers.
One of the judges is the acclaimed Hollywood Director Joel Schumacher (St. Elmo’s Fire,
Time To Kill, Batman Forever, 8MM, Phone Booth, Tigerland, Phantom of the Opera, Trespass,
 House of Cards). In addition, Joel has agreed to have an informative lunch with the winning
 screenwriter in Hollywood, California. This is an amazing addition to this year’s competition
 and a once in a lifetime opportunity for any screenwriter.
Rene’s pitch for the screenplay is Silent Weapons. Along with the pitch, René had to enter
 a summary of the screenplay. The story is about a spoilt socialite and fashion icon,
Michaela Cohen (25), whose charismatic father commits suicide in his mansion in Cape Town,
 South Africa. She inherits his lucrative international New Age Church, the Wadi El Natrun Order.
 She is clearly not qualified for the job or in the least welcome. The six remaining directors
 (the Big Six) will stop at nothing to keep her from taking over or finding out the devious secrets
 contained in the company’s original hidden creed.
In order to keep Michaela out of the way the Big Six conjures up a plan to imprison her in
 Thailand. Michaela quickly figures out who is behind her raw deal and spends every waking
 moment in jail to plan revenge. Her only hope in escaping and getting her life back is
Josh Young (35), an Indiana Jones type of ex-special-ops soldier who smuggles Bibles into
 persecuted African countries on behalf of the Wadi Order. He too needs to flush out the
criminals and their dirty secrets when his wife is murdered by them.
René says she is excited about the competition but also about the Afrikaans novel that she
 hopes to publish soon. In the meantime she keeps on refining the Afrikaans text in order to
 find a publisher and she has already started adapting it into a screenplay. Other works
 by the talented writer includes a published teenage novel, Wee Monk’s Tale, the Secret
 of Immortality, as well as a data CD with memory sketches of all 66 Bible Books with
 clues. She applies the pictures with her own Bible lessons in the Children’s Church of Kuierkerk
 at Xanadu Xing shopping centre where her husband, Anton, is the Reverend. She is also known
 for the annual Biblical plays that she writes and co-directs for the community.

Thursday, June 13, 2013

TEATER IS HEERLIK!

Hoe doen mens dit, vra iemand my nou die aand, om elke jaar 'n beter musiekblyspel te skryf wat mense van nuuts af geniet? Dis nou na die heerlike humoristiese produksie van Esther, Queen of Persia, wat ons pas vir en deur die gemeenskap in Hartbeespoort opgevoer het. Daar is mense wat glo elke jaar se blyspel is beter as die vorige een. Natuurlik is dit God se inspirasie en Sy kreatiwiteit wat alles veroorsaak en die wiele laat rol, want Hy is die groot Skepper. En dan is daar nog iets wat mens nie moet vergeet nie - die Bybel is 'n boek vol verhale wat altyd nuut is. Sodra mens dink jy ken die of daai storie, dan wys iemand dit vir jou op 'n ander manier en jy sien dit van nuuts af. Dis vir my so lekker as mense uit die teater stap en sê hulle het nog noot so aan die storie of die karakters gedink nie: Kan jy glo, die Bybelse mense was maar net mens soos ons!
Dis net so lekker as mense 'n paar dae na die vertoning kom vertel dat hulle die verhaal weer in die Bybel gaan lees het en dat dit voel of hul dit vir die eerste keer begin verstaan. Ek glo die Heilige Gees werk in 'n leerbare gees die beste. As jy jouself (en jou kinders) blootstel om meer oor God en sy Bybel uit te vind, sal Hy jou tegemoet kom en jou meer van sy skatte wys. Ek is so dankbaar vir elke akteur en sanger wat hul rol so goed gespeel het, en vir die maande se harde oefen. Daar is niks so lekker vir 'n skrywer as wanneer sy geskrewe stukkie werk deur mense gesnap word en uitgeleef word nie. Dis 'n stukkie van die skepping. Dis 'n stukkie van die verborge dinge wat God ons kom wys. Ek is dankbaar vir my talente en vir die mense om  my se talente wat alles saamwerk om God se naam te verheerlik, elkeen op sy unieke manier. Dankie, Jesus!

Hieronder is 'n uittreksel uit die Noordwes Beeld van Woensdag 12 Junie 2013 wat Carla vd Spuy vir ons geplaas het. Lekker dag!!

http://www.noordwesbeeld.com/68132/news-details/koningin-esther-met-n-kinkel

Nuus Koningin Esther met ’n kinkel
Koningin Vasti, wat vermoedelik die wêreld se eerste feminis was, ’n koning wat die koppe laat rol, sexy buikdansers en ’n lawaaierige harem met sy eie baasspelerige glam-ghoeroes was alles deel van die tweetalige interkerklike musiekblyspel Esther, Queen of Persia, wat onlangs deur Christian Musical Theatre in Hartbeespoort opgevoer is.
Hierdie Bybelse verhaal is op vindingryke wyse deur die plaaslike predikantsvrou René van Zyl van die Kuierkerk verwerk met musiek van Bon Jovi, Adéle en Roxette. Die opbrengs was ten bate van die liefdadigheid in die gemeenskap.
Esther, Queen of Persia is die sewende blyspel wat Van Zyl op die planke bring. Van die vorige blyspele, ook met Bybelse temas, het onder meer musiek van Abba en Elvis ingesluit.
Al die toeskouers was dit eens dat dié dorp se mense nie hul talente onder ’n maatemmer wegsteek nie.
So was Doreen Coetzee, wat ook ’n rol in Liefling in die Staatsteater vertolk, die regisseur.
Belinda Walker, ’n musiekstudent, het die hoofrol vertolk, terwyl Belly Buttons die dansers verskaf het.
Van Zyl is bekend daarvoor dat sy die Bybelse boodskap op ’n prettige en moderne manier aan die publiek oordra.

Thursday, February 28, 2013

MEV DOEMINIE HAAL DIE KOERANT: NOORDWES BEELD!


Dis met groot bewoënheid dat ek kan sê ek het al die koerante gehaal: mag
 'n uitgewer of agent my talente raaksien en my kontak - want self uitgee
 sit nie in my broek nie! Ek haat proeflees, bemarking, pakkies opmaak
 en pos, boekhou en alles wat daarmee gepaard gaan! Maar ek is maar
 te nederig bly as iemand 'n cd bestel! Dankie vir almal wat al een besit
 - ek dink dis awesome!!!
Dankie Carla van der Spuy vir die beriggie!
Nuus Dié mev. dominee se pen is nooit stil nie
’n Mens sal René van Zyl, predikantsvrou van die gewilde Kuierkerk in Hartbeespoort, 
nie sommer agter ’n basaartafel kry nie.
Nee, hierdie “mev. dominee”, wat bekend daarvoor is dat sy en haar man, 
ds. Anton van Zyl, “buite die boks” dink, toor eerder met woorde.
Daar is net geen einde aan die skeppende talente van dié eertydse joernalis nie.
Van Zyl, wat ook ’n kinderwerker en skrywer is, se jongste projek wat spruit uit haar 
behoefte om “in te lig, op te voed en te vermaak”, is om kinders op ’n lekker manier 
te leer hoe om al 66 boeke van die Bybel te ken. Sy het al die Bybelboeke in 
“geheuesketse” opgesom en leidrade, asook ’n Bybelse tydlyn, op ’n CD saamgestel.
Van Zyl verduidelik dat hierdie bonte mengelmoes van prente in kleur sowel as 
swart-en-wit die produk van jare se navorsing, versameling van inligting en van 
sketse ontwerp is waarin die kern van elke Bybelboek letterlik “opgeteken” is.
Die illustrasies is deur haar suster, Esmé Walker, gedoen.
Dié het al ’n ATKV Veertjie vir ’n vorige kinderboek se illustrasies ontvang. 
Die CD kom boonop saam met ’n geheuespeletjie.
“Ek wil die kinderkerk hervorm,” verduidelik sy. Daarom leer sy die kinders by 
hul kinderkerk ook om hierdie Bybelboeke in volgorde te leer deur middel van 
interaktiewe lesse wat sy weekliks skryf.
Daar lê vir haar min waarde daarin om die kinders, soos oor al die jare, van 
Bybelkarakters te leer met slegs ’n morele les daarby.
Van Zyl skryf reeds jare stories vir die jongspan op die webtuiste van die 
kuberkerk wat deur prof. Stephan Joubert gestig is. Die verhale, wat tweeweekliks
 op die webwerf verskyn, word vertel deur ’n kat met die naam Kristof en dit handel
 oor sy dierevriende uit die Bybelse tyd. Die stories wemel van donkies, kraaie, 
duiwe, akkedisse, kamele, visse en insekte wat elk op ’n aksieryke manier met 
Bybelse karakters te doen gekry het.
“En so leer die kinders die Bybelse waarhede sonder dat hulle dit besef.”
Van Zyl het ook met poppeteater begin. Sy het in 1998 ’n bordspel, Kruispad, 
ontwikkel en self uitgegee. In 2011 het sy ’n Christelike jeugboek, 
Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality, wat in Middeleeuse Ierland 
afspeel, uitgegee.
Nou droom sy ’n uitgewer sal haar passie deel sodat vele uit haar Bybelboeksketse
 kan leer.
Rig navrae aan rene@kuierkerk.co.za of skakel 0082 396 4100.