ARTIKELS/ MEDIA


RENE VAN ZYL WEAVING HER WAY THROUGH DIFFERENT GENRES

Her full-time career as wife to successful Hartbeespoort minister Anton van Zyl meant that on becoming René van Zyl, she had to leave the hustle and bustle of a full-time career in journalism behind her.


Her full-time career as wife to successful Hartbeespoort minister Anton van Zyl meant that on becoming René van Zyl, she had to leave the hustle and bustle of a full-time career in journalism behind her. This however did not quell her passion for the written word and it was through this and her love of Ireland and Scotland that Wee Monk’s Tale, The Secret of Immortality was born. This book kicked of her successful career in writing. In 2023 she will publish her 20th novel.  

Wee Monk’s Tale is a medieval action-packed adventure and tells of three unlikely child-warriors who are propelled, rather reluctantly, into terrifying situations and forced to think on their feet outsmarting Vikings, druids and witches. These dangers however are nothing compared to the internal forces in each of their lives that continuously threaten to derail them. And no one is more surprised than our young adventurers to find that deep inside of each of them lives a true hero.

René wrote the book primarily to teach her children, two daughters, Michelle and Chantal, and her brain injured son, Sean-Jacques, that when trusting in God, no dream is impossible. As Sean’s brain damage (the result of oxygen shortage from a virus at 15 months of age) was something that would cripple him mentally for the rest of his life, she wanted to write an alternative story – one where Shaughn (as he is named in the book with its Irish setting) has adventures and spreads the Gospel in his own unique way. Sean-Jacques actually does this in real life with his smile, his enthusiasm, his limited vocabulary and his love for all people – not minding culture or color. He is an extrovert who thinks he is the greatest gift to mankind, and he lives every day to the fullest, spreading love wherever he goes.   

Wee Monk’s Tale is set against the backdrop of the year 795, a time of superstitious beliefs in dark forces, a 14-year-old orphan named Shaughn finds himself without his adopted Scottish family when Viking marauders attack and burn the monastery where he lives. He flees to Ireland accompanied by his adopted and crippled brother Connor (who dreams of becoming a knight) and an outspoken, superstitious gypsy girl named Heather. Never far behind them is a cold-blooded, murderous Viking, Thorvald, who is after the Book of Kells that Shaughn rescued from the burning monastery of Iona. Journeying desperately from one medieval predicament to another, the trio find themselves stranded in ‘bewitched’ castles, threatened in gloomy dungeons and even, bizarrely, at a Viking tournament Thing.

In the end God’s grace and love prevails and shines through on everyone including an orphan, a Viking, a king, a princess, a knight, a midget, a druid and a monk. Our three friends, with their different beliefs and outlooks discover that it is this, more than anything, that is their greatest weapon.

Through this journey of outsmarting medieval foes, the bickering children, barely equipped to deal with the threatening choices of real life, touch the lives of many hurt and lost people and also find real friendship. The journey teaches them to trust God unconditionally and to find the hero inside themselves.

An adaptation of the screenplay has found a home with an agent in Hollywood and is being offered to producers with the view of turning it into a movie. Rene said she has no expectation and believes that if her baby finds his way onto the movie scene it will be pure destiny.

Interesting fact on the Altar Bible:

Fact: The Gospel of Colmcille is considered the most important treasure contained in the Trinity College Museum, Dublin. During the Viking raids on Iona in 795, the Bible disappeared and mysteriously reappeared at the monastery of Kells, Ireland. How it ended up there nobody knows…Fiction: Well, might it be that three canny teenagers rescued it?

René set out to write a book that would be enjoyed by young and old alike and with the Christian theme of good vs. evil manages to keep it fresh, hip and interesting throughout.

Her supportive husband, minister at an informal and independent Christian Church in Hartbeespoort, Kuierkerk, applauds the energetic and worldly way in which this story is being told and has this to say: “We need to provide the youth of today with supernatural, but Biblical, stories as they crave secrets, intrigue and adventure. One just has to look at the popularity of books like Harry Potter and Twilight to confirmation this.” The book is still available on Amazon.com as an e-book.

Since writing this adventure novel and publishing it in 2012, René has published twenty books, among them two conspiracy novels, Die Alfadokument and Die Omegakomplot as well as various Romance novels and in 2023 two more adventure novels for the teenage market.

 Besides her books Rene has a passion for Christian Puppet Theatre. She realized years ago that this was the way to go if you want to teach small children about the word of God. She is also a playwright of interdenominational Christian musical plays with a humoristic twist – true to Rene’s personality and writing style.

She finds her inspiration from an ever-curious mind, her husband and three children, Michelle (28), Chantal (25) and Sean-Jacques (30). He still lives with them, but attends the Kuierkidz learning Center in Hartbeespoort, a school for special needs children of all ages that was started in 2008 by René and Anton.

Be sure to check out this remarkable woman’s blog for some tongue in the cheek stories. Some hilarious but with a sincere depth behind them. You can also find a list of her books and info on Op Pad Na Grysberg, a project where 22 of South Africa’s most popular Afrikaans writers each wrote one chapter of a fantasy novel. The outcome was unique and fascinating.     

Renevanzyl.blogspot.com and www.Kuierkidz.blogspot.com



DIE ALFADOKUMENT, DEUR RENE' VAN ZYL

Jonothan Amid (boekresensent/skrywer) - keurdersverslag: (Opsomming)
VUURDRAAK VERSLAG (Nou- Die Alfadokument) April 2019 Jonathan Amid

 Daar word oor die loop van ongeveer 120 000 woorde ondersoek ingestel na die Orde van die Nikolaite.
 Hierdie is natuurlik ʼn geheime orde in die tradisie van die old school spannings- en avontuurverhale, waar daar onder die dekmantel van goeie dade en in hierdie geval Christelike waardes ʼn totaal ander agenda deurgevoer word.
 Humor en skerp kwinkslae is daar genoeg van, ook in afwisseling tussen die verskeie karakters in terme van hul taalgebruik en idiolek. Die pas is lekker vinnig, maar nie altyd gejaagd nie, die ontgin van plek en ruimte is reeds goed, en daar is tot my groot verligting nie die geneigdheid om die skurke totaal karikatuuragtig te maak nie, ten spyte daarvan dat die tong soms lekker in die kies is.
Hierdie skrywer het werklik talent. Nie alle skrywers verstaan intuïtief hoe die vereistes van die genre baie bepaalde eise aan die skrywer sal stel nie, en dat lesers baie erg is oor sekere elemente wat hul graag in hierdie verhaal sou wou sien.

Resensie in die Burger en Beeld:



********************************************************

Artikel in DIE TAALGENOOT: deur Johan Jack Smith
Die predikantsvrou René van Zyl se samesweringsriller gaan vir seker wenkbroue laat lig. Johan Jack Smith het met haar gesels oor Die Alfadokument.
Die Alfadokument is ’n teks wat heeltemal buite die genre val waarin jy gewoonlik skryf? Wat het jou laat besluit om jou horisonne te verbreed?Ek het eintlik Die Alfadokument al in 2013 begin skryf, nagevors en sonder veel kennis van die publikasiebedryf en die mark dit aangepak. Ek is lief vir spioenasie, misdaad en samesweringsflieks, dus is dit seker my eerste liefde. Ek het die manuskrip aan uitgewers begin stuur, maar die genre was nie in Afrikaans bekend nie en daarom moes ek heelwat herskryf en aanpas, maar steeds was dit anders as die normale misdaadgenres in Afrikaans. Eers toe ek dit aan Wenkbrou stuur, wat nuwe genres aanpak, was dit suksesvol en is dit aanvaar. Ek het aanvanklik in die Romanza-genre begin skryf nadat ek ’n skryfkursus van LAPA Uitgewers en die ATKV in Potchefstroom bygewoon het. Dit was toe vir my ’n lekker uitdaging, want dit het nie die vreeslike navorsing geverg wat met Die Alfadokument gepaard gegaan het nie. Ek het heerlik aan die stories geskryf en toe het LAPA daarvan gehou en dit begin publiseer. Ek het nou al vyf Romanzas en een Super Romanza in twee jaar uitgebring.
Hoe moeilik is dit om genres te verander? Moet jy jouself kort-kort herinner dat jy nie met ’n liefdesverhaal besig is nie?Ek is nogal boots and all in die storie as ek eers begin skryf. Die karakters in Die Alfadokument het meer wroegings en uitdagings as die Romanza-karakters en is dus uit die staanspoor uit meer intense mense om mee te werk. Ek wou Kayla ook baie meer emosioneel afgestomp laat voorkom as gevolg van al die trauma wat sy beleef het, maar ek het ook besef dat ek haar meer menslik moet laat wees (soos ’n tipiese warmbloedige vrou in ’n liefdesverhaal) – sy is tog uiteindelik ’n vrou wat liefde soek, al sal sy dit nooit aan jou erken nie.    
Waar het jou inspirasie vandaan gekom?Storie-idees kom en gaan heeltyd in my kop. Die wat ek begin voer, kry lewe. Ek het met Die Alfadokument ’n paar idees gekry (televisie, tydskrifte, koerante) wat nie een wou wyk nie. Dit het in my gedagtes rondgerol, ’n lewe van hul eie gekry en toe in die storie verander. Dit was aanvanklik totale uiteenlopende gedagtes wat mettertyd soos drie riviere bymekaar gekom het en in een dik stroom teen die waterval afgetuimel het. Toe ek begin skryf, wou die karakters my nie los nie. En ek moes kophou soos ’n dronk weeluis. 
Hoeveel navorsing het die boek geverg?Ek moes regtig baie oplees oor geheime organisasies wêreldwyd en veral Christen-sektes. Ek het die internet gebruik en dokumentêre programme en rolprente gekyk wat hieroor gaan. Gelukkig hou ek by met baie van hierdie soort flieks wat oor sameswerings handel. Sekere dele was makliker, die wat ek self geskep het, soos die hele konsep van die Nikolaïete Orde. Dit is vir my altyd verstommend hoe sekere mense ander kan oortuig van ’n totaal belaglike konsep en hoe mense – slim en dom – daarvoor val. Dit is so deel van die wêreldgeskiedenis (van antieke tye af) en dit interesseer my geweldig. Die navorsing was baie lekker.
Dink jy organisasies soos die Nikolaïete is plaaslik ook ’n bedreiging? Of dink jy dit bestaan plaaslik?Absoluut. Dit bestaan in een of ander vorm orals op aarde en van alle tye af. Daar is soveel organisasies, nie net godsdienstig nie, wat mense se goedgelowigheid en onskuld uitbuit en mense val so maklik daarvoor. Van die slimstes tot die domstes onder ons.
Beplan jy ’n opvolg?Ja. Daar ’n klein los draadjie in Die Alfadokument waaraan getorring moet word. As jy die boek lees, sal jy dalk agterkom wat dit is, maar ek sê niks. Ek is reeds besig met die opvolg en veral met die navorsing. Die konsep is al neergepen en die samesweerdery gaan dalk hierdie keer erger wees en moeiliker wees om oop te vlek. Ek kry my hoofkarakters byvoorbaat jammer want hulle het nog geen idee wat vir hulle voorlê nie! Net toe hulle dink aan: Happily ever after...
Hoe werk jou proses as jy skryf? Beplan jy die stories en karakters vooraf?Ek probeer ’n basiese storie en karakters neerpen. My kop is soms erg deurmekaar (regterbreinmalligheid) en ek is nogal aandagafleibaar veral as ek google en die een feit is interessanter en ouliker en vreemder, dan raak ek mal. Wanneer ek eers begin met idees neerskryf, hardloop my gedagtes in wilde rigtings en ek moet dit heeltyd op hok probeer hou. Dus: ja, ek moet die karakters beplan, beskryf en ’n foto hê. Die storie probeer ek beplan; ek het gewoonlik ’n begin en ’n einde en ’n warboel van goed in die middel, maar soos ek skryf, val dit gewoonlik mooi in plek. En omdat die storielyn so ingewikkeld is en al die karakters nie weet wat aangaan nie, moet ek kophou. 
Vir wie sal jy wil sien in die hoofrolle (plaaslik), indien die boek ’n rolprent sal word?Wel, ek het iemand in gedagte vandat ek die boek begin geskryf het, Doreen Coetzee. Sy is ’n briljante aktrise, maar werk tans meer agter die skerms. Sy is nie net sexy nie, maar is ’n opgeleide persoonlike lyfwag. Jy karring nie sommer aan haar nie. Jip, sy sal die rol van  ’n tawwe koekie, soos Michaela, kan vertolk. (Vra maar vir Antoinette Kellerman. Doreen was haar beste student op Stellenbosch) As jy oor bekender aktrises praat wat bereid sal wees om lyf te wys en ’n 25-jarige kan speel, is ek seker Charlene Bouwer sal ook  fantasties werk.
Ek het sopas elke manlike Suid-Afrikaanse akteur ge-google. Seker vir twee uur lank. Ek sou sê Brendan Pollecutt. Ek weet nie hoe oud hy is nie, maar ek hou van sy algemene houding en gesig. Josh in my boek moet in sy vroeë dertigs wees. Ek het natuurlik my oog op Clint Eastwood se seun, Scott Eastwood, gehad.   
Is jy as predikantsvrou skrikkerig oor hoe jou gemeentelede gaan reageer op van die tonele in die boek?Nee, glad nie. Ek en my man, Anton, is redelike verligte Christene. Ons glo ook die feit dat ons ’n predikantspaar is, ons nie anders maak as enige ander mens op aarde nie. Daar is niks hoogheilig aan ons nie en ons gebruik ons kennis en talente vreesloos. Ons gemeentelede ken my hopelik en het al vele van my musiekblyspele gesien wat ek oor die jare opgevoer het. Dit was alreeds kontroversieel en kyk na Bybelse verhale met ’n intense moderne bril. Van die Romanzas was ook lekker romanties met ’n paar warm tonele in. Hulle behoort dus met Die Alfadokument die ergste van my te verwag. Ek glo steeds in my joernalistieke opdrag van jare gelede: inlig, opvoed en vermaak.
Die Alfadokument is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.
Image may contain: 1 person


***************************
Artikel Flink tydskrif: deur Carla van der Spuy


Stomende liefde in predikantsvrou se samesweringsroman!





René van Zyl se nuwe boek, die Alfadokument, gaan ʼn paar wenkbroue laat lig. 

As “mevrou Dominee” voel sy hartstogtelik oor kinderevangelie en om interkerklike Christelike musiekblyspele met ʼn moderne kinkel te skryf en op die planke te bring. Sy het ook die interaktiewe kinderkerkkurrikulum, Bybelboekwurm opgestel wat kinders die Bybel van voor tot agter leer ken met behulp van speletjies en aktiwiteite.
René van Zyl wat op ʼn plaas in die skaduwee van die Magaliesberge in Hartbeespoort woon, is die ma van twee volwasse dogters en ʼn erg breingestremde seun.
Na ses  Romanzas (een was ʼn Super Romanza) - vuurwarm liefdesverhale wat onder die Romanza-vaandel van Lapa-uitgewers uitgegee is gaan Die Alfadokument, ʼn splinternuwe genre van Lapa, onder die vaandel Wênkbrou hierdie maand op die rakke wees.
René (oud-joernalis en blogger) word as besonder kreatief, waaghalsig en ʼn buite-die-boks denker beskou.
Nie dat haar oopkopman Ds Anton van Zyl, leraar van die Kuierkerk in Hartbeespoort, enige probleme met haar skryfwerk het nie. Inteendeel. Anton is heel rustig oor haar boekmanewales.
Sy sê: “Ons leef in verligte tye. Die gemeente se reaksie - veral onder die lesers - was nog net positief. Seks maak net so ʼn deel van ons lewe uit soos eet, werk en televisie kyk. Buitendien bevat die Bybel ook romantiese stories en selfs seksuele beskrywings – kyk maar net na Hooglied.”
 “Anton is superslim met ses grade, onder meer ʼn paar M-grade in Ingenieurswese, Teologie en Berading. Ek gebruik hom soms as my kits-google. Hy sal my byvoorbeeld kan vertel hoe lank ʼn lyk sal neem om te ontbind of wat gebeur as ʼn  vliegtuig val. Nie dat ek altyd sulke wrede, tegniese vrae vra nie. Soms het dit net met Bybelse of Antieke Geskiedenis te doen.”
René is ʼn vasbyter en deurdrukker. Sy het Die Alfadokument (aanvanklik getiteld Vuurdraak) reeds ses jaar gelede tussen haar kinders se skoolwerk en haar kerkbedrywighede deur klaar geskryf waarna dit aanvanklik deur ʼn hele paar uitgewers afgekeur is.
“Die genre was nou nie juis dit waaraan mense in Afrikaans gewoond was nie. Dit was ook my eerste groot boek na Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality, ʼn Middeleeuse aksie-avontuurverhaal vir tieners wat ek uiteindelik self gepubliseer het.”
Sy het egter nie soos ʼn verontwaardigde diva opgetree elke keer as ʼn manuskrip die deur gewys is nie. Ja, erken sy, dit is erg as dit met “ʼn sensitiewe en emosionele siel” soos sy gebeur maar sy het toe maar haar manuskrip ewe gedweë tot vervelens toe oorgeskryf en drasties verkort.
“Geen skrywer se werk is so goed dat dit perfek is nie. Herskryf is die beste leerskool. Maar dis harde werk. Gelukkig het die Here vasbyt soos dié van ʼn  Pitbullterrier in my ingebou - iets wat ek nodig gehad het met ʼn uitdagende en soms traumatiese lewe en huwelik met ons breingestremde seun. As ek klou dan verdomp klou ek. Ek glo ek het hierdie karaktertrekke aan my twee dogters oorgedra want hulle doen dieselfde – boonop met hul pa se brein!
“Ek het uit elke uitgewer se verslag geleer totdat Lapa se alternatiewe genre-afdeling Wenkbrou dit middel vanjaar aanvaar het. Die Alfadokument val nie in die gewone misdaadroman se genre nie. Daar is talle kinkels en aksie en die verhaal beskik veral oor ʼn dinamiese vroulike protaganis wat vir niks stuit nie.”
“Die samesweringsriller (of paranoïese riller) is ʼn  subgenre van rillerfiksie. Die protagonis is dikwels joernaliste of amateur-ondersoekers wat heel toevallig aan ʼn  klein draadjie trek wat ʼn  groot sameswering onthul. Dis ʼn  soort moraliteitspel.”
Die gerespekteerde boekresensent Jonathan Amid, beskryf Alfadokument as “’n uiters aangename verrassing wat moontlik een van 2019 se groot gunstelinge kan wees” met “flink aksie- en stomende sekstonele, interessante ekspedisies na verskeie historiese en eksotiese landskappe en tonele, ʼn goed georkestreerde intrige- en spanningslyn en ʼn  ewig-woedende stryd tussen die goeie en die bose.”
Van die verkragtingstonele in die Alfadokument kan dalk as omstrede beskou word. Hoe op aarde het sy daardie navorsing gedoen?
Ek is 'n rolprentslaaf met ʼn voorkeur vir fantasie, aksie en misdaad. Ek is ʼn Game of Thrones en Vikings-geesdriftige. Min dinge word daarin aan die verbeelding oorgelaat en ek het gelukkig ʼn kreatiewe brein - ek kan my in situasies indink en hoe die betrokke persoon moes voel.”
Hoe kry sy dit reg om haar Romanzas wat op die breë mark, veral vir vroue wat weer iets van die wonder van die liefde wil beleef, so blitsig uit te ryg?
Daar woel soveel idees vir stories in my kop rond dat ek snags wakker lê, dus moet ek heeltyd skryf om die karakters en stories lewe te gee, anders gaan ek mal word. Die Romanzas gaan oor gewone mense met gewone lewens en probleme. Baie van die idees kom uit my eie lewe en ervarings.”
René glo sulke verhale is nodig om mense vir ʼn kort rukkie na ʼn ander, vrolike dimensie te verplaas en die hede te vergeet.
“Ek het besluit om die Romanza-genre aan te pak nadat ek die ATKV en Lapa se skryfskool aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom bygewoon het.
“Maar Die Alfadokument was ingewikkeld met baie storielyne en perspektiefkarakters. Dit verg navorsing, kophou en tyd.”
In haar min vrye tyd reis sy graag in Europa en neem duisende foto’s net waar sy kan. Sy het ʼn besondere liefde vir Ierland soos ook in van haar boeke duidelik na voorkom.
In een van haar Romanzas is die held natuurlik ʼn knieknakker Ier. Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality handel oor twee Ierse tieners en ʼn sigeuner-meisie wat in die Middeleeue met ʼn kosbare Altaarbybel van Vikings vlug wat die lewe vir hulle moeilik gemaak het.
Vanwaar die liefde vir Ierland? (Sy lyk self nogal Iers met haar seeblou oë en donker hare.)
Ek weet nie! Ek is lief vir die groen en die blou van die land. Die reën, heerlike kos en gesellige mense - veral die koel weer want ek is ʼn warm mens! Ek weet nie hoekom ek so ʼn liefde het vir ou kastele en kerkies nie. Dit doen dinge vir my siel. Ek sal daar kan bly.”
Sy hou daarvan om ʼn bietjie pret en humor in ʼn storie te verweef as teenvoeter teen ʼn stresvolle wêreld.

*



ARTIKEL IN PLAASLIKE KOERANT, KORMORANT, HARTBEESPOORT: 
René van Zyl: MEVROU DOEMINIE SKRYF 'N HYGROMAN

Plaaslike blogger, oud-joernalis en predikants-vrou, René van Zyl, se eerste hygroman  (of Romanza soos die litirêre wêreld dit noem), het pas op die boekrakke verskyn  en ‘n tweede volg in Junie.
“Ja, dit sal dalk een of twee mense verbaas dat Mevrou Doeminie so iets sal waag, maar ek glo sulke verhale is nodig om mense vir ‘n wyle na ‘n ander, vrolike dimensie te verplaas en die hede te vergeet,” sê René wie se rubriek Mev Doeminie gereeld in Kormorant verskyn.
Lapa Uitgewers beskryf dié genre so: Het jy geweet wanneer jy ‘n romanse lees, veroorsaak dit ‘n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel?

“Dit was ‘n drastiese verandering van genre. Ek is gewoond aan navorsing en feite wanneer ek skryf en skielik kon ek my verbeelding laat gaan. Ek moes maar diep krap in my jong verlede toe ek nog jonk en jukkerig was,” lag sy.
Dit is in totale kontras met haar vorige pennevrugte, soos die interaktiewe Bybelboekwurm wat sy geskryf het om kinders die Bybel van voor tot agter met behulp van speletjies en aktiwiteite te leer, of die jaarlikse Christelike blyspele wat sy in Hartbeespoort op die planke bring. Sy het ook ‘n paar jaar gelede ‘n aksie-avontuurverhaal Wee Monk’s Tale gepubliseer.
“Dit was nie aanvanklik my bedoeling om Romanzas, of hygromans, soos die publiek daarna verwys, te skryf nie. Ek het aanvanklik ‘n misdaadroman aan die uitgewers voorgelê en toe stel hulle voor ek verander dit in ‘n Romanza. Ek het nog nooit dié tipe boeke gelees nie. ‘n Ou getroude vrou wat romanse lees? Ek het ‘n paar by HAWS se boekwinkel gaan soek en tot my verbasing was dit sommer net heerlike ontvlugting.”
René het ‘n Romanza skryfwerkswinkel bygewoon en besluit om haar pen aan dié genre te slaan.
“Omdat ek as joernalis en skrywer van Bybelboeke gewoond is aan feite en baie navorsing, was dit vir verrassend hoe gemaklik ek die liefdesverhale geskyf het. Dit was heerlik bevrydend. Ek het so begeesterd geraak dat ek vier boeke in vier maande geskyf het,” lag sy. “En tot my grootste verbasing word twee onmiddellik aanvaar!’
Die eerste boek Liefdesafari is pas vrygestel en Alice se Ierse Avontuur is Junie op die boekwinkelrakke.
“Dit word onder Lapa se Romanza-vaandel uitgegee en is gemik op die breë leesmark, veral vroue wat weer iets van die wonder van die liefde wil beleef.”
Haar ryk verbeelding, wat stories in alles sien, is ‘n groot hulp. “Omdat ek ‘n breingestremde kind het met al die uitdagings wat daarmee gepaardgaan, leer mens om jou lewe met ‘n huppel en ‘n lag te hanteer. Ek dink hierdie tipe boekies is daarop gemik om die leser vir ‘n rukkie te laat vergeet van die werlikheid en sommer net die verhaal te geniet en bietjie te lag.’
Waar krap sy die storielyne uit? ‘Man, mens delf maar so bietjie in jou eie lewe en ander s’n. As ek eers begin, kry die storie ‘n lewe van sy eie, en voor ek weer sien, is dit klaar. Ek geniet dit vreeslik. Om die waarheid te sê, ek kan nou nie ophou nie!”
René se boeke is by die meeste bekende boekwinkels en ook aanlyn beskikbaar.PlaaslikeMY  blogger, oud-joernalis en predikants-vrou, René van Zyl, se eerste hygroman (of Romanza soos die litirêre wêreld dit noem), het pas op die boekrakke verskyn en ‘n tweede volg in Junie.
“Ja, dit sal dalk een of twee mense verbaas dat Mevrou Doeminie so iets sal waag, maar ek glo sulke verhale is nodig om mense vir ‘n wyle na ‘n ander, vrolike dimensie te verplaas en die hede te vergeet,” sê René wie se rubriek Mev Doeminie gereeld in Kormorant verskyn.
Lapa Uitgewers beskryf dié genre so: Het jy geweet wanneer jy ‘n romanse lees, veroorsaak dit ‘n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel?
“Dit was ‘n drastiese verandering van genre. Ek is gewoond aan navorsing en feite wanneer ek skryf en skielik kon ek my verbeelding laat gaan. Ek moes maar diep krap in my jong verlede toe ek nog jonk en jukkerig was,” lag sy.
Dit is in totale kontras met haar vorige pennevrugte, soos die interaktiewe Bybelboekwurm wat sy geskryf het om kinders die Bybel van voor tot agter met behulp van speletjies en aktiwiteite te leer, of die jaarlikse Christelike blyspele wat sy in Hartbeespoort op die planke bring. Sy het ook ‘n paar jaar gelede ‘n aksie-avontuurverhaal Wee Monk’s Tale gepubliseer.
“Dit was nie aanvanklik my bedoeling om Romanzas, of hygromans, soos die publiek daarna verwys, te skryf nie. Ek het aanvanklik ‘n misdaadroman aan die uitgewers voorgelê en toe stel hulle voor ek verander dit in ‘n Romanza. Ek het nog nooit dié tipe boeke gelees nie. ‘n Ou getroude vrou wat romanse lees? Ek het ‘n paar by HAWS se boekwinkel gaan soek en tot my verbasing was dit sommer net heerlike ontvlugting.”
René het ‘n Romanza skryfwerkswinkel bygewoon en besluit om haar pen aan dié genre te slaan.
“Omdat ek as joernalis en skrywer van Bybelboeke gewoond is aan feite en baie navorsing, was dit vir verrassend hoe gemaklik ek die liefdesverhale geskyf het. Dit was heerlik bevrydend. Ek het so begeesterd geraak dat ek vier boeke in vier maande geskyf het,” lag sy. “En tot my grootste verbasing word twee aanvaar!’
Die eerste boek Liefdesafari is pas vrygestel en Alice se Ierse Avontuur is Junie op die boekwinkelrakke.
“Dit word onder Lapa se Romanza-vaandel uitgegee en is gemik op die breë leesmark, veral vroue wat weer iets van die wonder van die liefde wil beleef.”
Haar ryk verbeelding, wat stories in alles sien, is ‘n groot hulp. “Omdat ek ‘n breingestremde kind het met al die uitdagings wat daarmee gepaardgaan, leer mens om jou lewe met ‘n huppel en ‘n lag te hanteer. Ek dink hierdie tipe boekies is daarop gemik om die leser vir ‘n rukkie te laat vergeet van die werlikheid en sommer net die verhaal te geniet en bietjie te lag.’
Waar krap sy die storielyne uit? ‘Man, mens delf maar so bietjie in jou eie lewe en ander s’n. As ek eers begin, kry die storie ‘n lewe van sy eie, en voor ek weer sien, is dit klaar. Ek geniet dit vreeslik. Om die waarheid te sê, ek kan nou nie ophou nie!”
René se boeke is by die meeste bekende boekwinkels en ook aanlyn beskikbaar.




Ouer artikels:
FOCUS ON THE FAMILY:


WILLE WRAGTIGS, HOLLYWOOD EN MY WENRESEPTEBOEK! 
(FLINK TYDSKRIF)
FINESSE TYDSKRIF:

2020 ROSA IMBALI TOEKENNING VIR UITMUNTENDE SKRYFWERK - ROMANS

 

No comments:

Post a Comment