Tuesday, May 1, 2018

VIVA DIE LIEFDE!

My eerste Romanza is gepubliseer - LIEFDESAFARI,  deur Lapa Uitgewers. (Beskikbaar by CNA, Grafitti en sommige Exclusive Books boekwinkels - en Amazon e-boeke by Afrikaanse fiksie)

Ek het so lekker hieraan geskryf, aangesien ek tog so 'n bietjie in die verre verlede by Natuurbewaring gewerk het - TPA en KwaNdebele - dit was lekker dae! So ek kon ietsie hiervan weergee.

So beskryf Lapa die storie: (Ek moet noem dat die verhaal nogal vrek-snaaks is en toe ek dit nou weer lees, n jaar later, het ek lekker vir myself en vir my eie storie gelag.)

Franci von Lelieveld is ’n CA en in haar lewe is daar vir alles ’n tyd en plek. Toe die wildbewaarder Gavin Michaels haar soen, voel sy hoe sy beheer oor haar lewe verloor. Maar hulle gaan op mekaar moet staatmaak, want ’n skynhuwelik is hul voorland.

Liefdesafari (Afrikaans Edition) by [van Zyl, René ]
Hier is die link as jy wou bestel deur Amazon! Copy en paste op jou googleblad.

https://www.amazon.com/Liefdesafari-Afrikaans-Ren%C3%A9-van-Zyl-ebook/dp/B07CM4Q858/ref=zg_bs_7588771011_1/131-1774888-6472359?_encoding=UTF8&psc=1&refRID=CR7DM1BMF39JDQ4ZQFQD


Klik om te vergroot

En my tweede Romanza, Alice se Ierse Sprokie, verskyn 20 Junie 2018. Ook deur Lapa uitgegee. Hier is solank n sneak preview soos op Grafitti boekwinkel se webblad.



Toe ʼn sesjarige tweeling by die kleuterskool inskryf, raak Alice dadelik op hulle verlief. Die wewenaar-pa, Sean O'Connor, wat lyk soos ʼn beneukte Viking-afstammeling, is egter die probleem. Hy en sy perfekte aanstaande glo slegs aan die harde realiteit en nie in Alice se sprokies nie.
Publikasiedatum: 2018-06-20

Dankie Amanda Claassen vir die mooi resensie op Lekkerlees Boekrak. #AliceSeIerseSprokie #ReneVanZyl #EkLeesLAPA #amandinkso
Nuweling op die Romanzatoneel, Rene' van Zyl, sorg weer vir heerlike leesgenot wanneer 'n Ierse beeld van 'n man in Alice se lewe verskyn, presies wanneer haar verlowing op die rotse loop. Die storielyn het my in besonder geraak omdat die belangrikheid van familiebande sterk beklemtoon word. Om die skrywer aan te haal, by monde van Alice: "Een ding weet ek, familie is op die ou einde al wat 'n mens oorhet as die lewe met jou klaar is." As jy hou van 'n sprokie, is hierdie een nommerpas vir jou; dit het alles, van tweeling-rooikopdogtertjies, tot feetjies, kabouters, kastele, en natuurlik 'n held van formaat! En dan is daar natuurlik Alice, met haar besondere bekoring, haar blapse, haar lompheid wanneer Sean in die omgewing is. Hoewel die tema besonder emosioneel is, sorg Stanley vir 'n goeie skoot humor, ala die styl wat ons ook in die skrywer se eerste Romanza gesien het.


HIerdie storie het ek eerste aangepak en ek het behoorlik my hart uitgeskryf. Dit was so lekker om n 'vinnige' verhaal te skryf, wat nie baie navorsing behels of te veel woorde is nie. 
My vorige pogings was lang boeke en ek het ure aan navorsing spandeer. 

Hoop julle lees lekker aan my Romanzas - en beleef weer daardie vonk en die passie van die liefde wat ons almal al bietjie vergeet het.

Groetnis.
Rene'