MOTIVERINGSPREKERS: RENé & ANTON

 MOTIVERINGSPREKERS:

Ds. Anton & René van Zyl

Saam of individueel praat ons ʼn hond uit ʼn bos by kerkkampe, oggend-/ aandfunksies, orals.

KLIEK HIER: Besprekingsvorm hier beskikbaar:

Ons wil jou laat lag, ontspan en inspireer met ons eie loop-en-val storie, een waar God ons elke keer uit genade opgetel het, daar waar die tekkie die teer slaan. Ons kruip dikwels deur modder en stort krokodiltrane, maar kom elke keer weer regop en lag. Ellende ken ons: Huwelikskrisisse, ʼn breingestremde kind, bankrotskappe, verwerping deur kerk en vriende. Eenvoudig, prakties en informeel, pas ons aan by jou tema; met getuienisse uit ons eie lewens. Hartbeespoort is ons tuisdorp, maar ons toer graag.

Info: anton@skemerberg.co.za of 0825711721 rene@skemerberg.co.za of 0823964100 

Teoloog, Spreker, Ingenieur, Sakeman (B.Th./ M.Div/ MA:Antieke Tale/ MA Gesinsterapie/ MA Missiologie. /B.Ing.)
    
​Die wurgmomente van Antonius van donderbos van bloudraad van Zyl sal jou dankbaar na jou eie ellendes laat verlang. Hy het as myner se seun grootgeword, Ingenieurswese studeer, die lewe aangegryp en sy miljoene voor 30 gemaak, al is daar krioelende geraamtes in die kas. Nadat hy op 40 van sy voete af geklap is en alles verloor, studeer hy voltyds Teologie & probeer die eenvoud van God se Woord en genade prakties oordra, maar die teëspoed hou nie op nie. Vreesloos in geloof pak hy enorme projekte aan, stig ʼn kerk asook ʼn tehuis vir breingestremdes (en bou beide projekte self). Met 6 grade en ʼn berg lewenservaring (voetfoute en al) kan hy jou dalk net iets leer van val, opstaan en vlieg saam met ʼn geduldige en betrokke Vader.

SY ROL AS SKRYWER: 
Anton is deesdae ook 'n kranige skrywer en het verskeie praktiese, eenvoudige preekreekse en Bybelstudies geskryf. Kontak hom gerus hieroor. 
anton@skemerberg.co.za
Sel: 0825711721

XXXXXXXXXXXXXXX

WIE IS RENé VAN ZYL? (a.k.a: MEVROU DOEMINIE)
 
Skrywer, Spreker, Blogger, Ontwerper: Kinderkerkmateriaal.
​(BA Komm. Hons. Joernalistiek)

    
​Hierdie onortodokse Mevrou Doeminie skryf lekker liefdesverhale, jeugavonture en musiekblyspele met humor en ʼn skeut informele Evangelie daarmee saam. As kunssinnige introvert durf sy die lewe met ʼn boots-and-all, avontuurlustige ekstrovert-man aan en moes dikwels in lewenskrisisse as emosionele buffer optree. Meermale bid, smeek en stoei sy by God vir haar gesin terwyl sy 2 begaafde dogters grootmaak en deel met die terapie, oefening en uitdagings van ʼn erg breingestremde seun. Haar persoonlike en kreatiewe drome moes dus sterf. Deesdae is René tuis in haar dik vel, ʼn aktivis vir gestremdes; ʼn eksentrieke ekstroverte opportunis met humor as haar wapen en ʼn diepgewortelde, gemaklike verhouding met haar God.

René is ook al 'n goeie 15 jaar besig met kinderwerk en die skryf van interaktiewe kinderkerkmateriaal onder die naam: Bybelboekwurm. (www.bybelboekwurm.blogspot.com)

​HAAR ROL AS SKRYWER: 
Vir meer inligting oor boeke deur René van Zyl: kliek gerus op die skakel:
lapa.co.za/Skrywer/rene-van-zyl.html
Ook beskikbaar by Graffiti boeke en Amazon (as e-boeke)
'n PDF file van haar Engelse Aksie-avontuurverhaal: Wee Monk's Tale, The Secret of Immortality, is ook by beskikbaar by: renevanzyl101@yahoo.com          

No comments:

Post a Comment