Wie
is ek nou juis?
René van Zyl: Bekroonde skrywer.
* Wenner ATKV-Woordveertjie 2024 (Romanse)
* Wenner 2020 ROSA Imbali prys (Romanse)
* Tuimeltrein jeugboek (NB) voorgeskryf vir gr. 12 - IEB skole/ AET vanaf 2026.
* Wee Monk's Tale, the Secret of Immortality
* Die Alfadokument (Wenkbrou) & Die Omegakomplot (Samesweringsrillers)
* 20 Romanses (Lapa/PRH)
* Die Monster in my Melkskommel (PRH)
* Ontwerper: interaktiewe kinderkerkmateriaal Bybelboekwurm
* Skrywer van 12+ Gemeenskapsmusiekblyspele
BA Kommunikasiekunde (Hons), skrywer, joernalis, blogger, kinderwerker, motiveringspreker, predikantsvrou (vrou van ʼn man met 6 grade – in Ingenieurswese en Teologie – my eie google!), ma van ʼn breingestremde seun van 32 en twee geniale kreatiewe dogters – 27/30.
Lys van
skrywes:
Almal beskikbaar as e-boeke op Amazon.com of as fisiese boeke by Lapa.co.za / NB uitgewers of Graffiti books PTA - of vra jou naaste boekwinkel om te bestel.
Jeugboeke:
Wee Monk’s Tale, The Secret of Immortality
(aksie-avontuur/ Middeleeue) 2012 Self
Monster in my melkskommel (Jeugroman) Lapa/Penguin
Random House, Feb. 2023
Tuimeltrein: Jeugroman – Junie 2023 Human&Rossouw/ NB
Samesweringsromans:
Die Alfadokument
- Wenkbrou/Lapa/Penguin Random House - 2020
Die Omegakomplot – (self) - 2022
Kortverhaalbundels:
Op pad na Grysberg (April 2023) Naledi
Sewe Keer Sondig (April 2024, Naledi) Spanning.
Komieklike Kortverhale (2021 - Kreatio)
Kortverhale in Keurtydskrif.
Romanzas: Lapa – 2018 tot hede
Alice se Ierse Sprokie
Liefdesafari
Opa vir die Liefde
Liefde deur die lens
Super romanza
Waar die Spoke sing
Liefde is Wynrooi
Weer eens Lilly
Min of Meer Meermin
Liefde in die boendoes
Strandwolf
Die Hart soek wat hy soek
Sprokie vir ʼn Plaaskind.
Roekeloos Verlief
Belle met die hart vol blomme (ATKV-Veertjie wenner)
Toe gebeur Vegas
Storieboekheld (Feb 2025)
Bio: René van Zyl
Die skrywer, René van Zyl, sal hierdie jaar 20 boeke op haar
kerfstok hê en sy geniet dit om haar hand te waag aan verskillende genres. Sy
het haar BA Kommunikasiekunde graad aan die Universiteit van Potchefstroom
behaal en is ʼn oud-joernalis. Tussendeur is sy ook ʼn blogger en skryf moderne
Christenmusiekblyspele vir die plaaslike gemeenskap. Saam met haar
predikantman, Anton, en breingestremde seun, Sean, bly hulle op ʼn plaas in die
skaduwee van die Magaliesberg in Hartbeespoort. Dit is juis haar 31-jaar lange
pad met haar spesiale seun wat gemaak het dat sy kreatief begin skryf het. Om
kreatief te wees en die humor in daaglikse situasie te sien, gee haar die
energie om elke dag se uitdagings te kan hanteer.
Die egpaar het ook twee
dogters wat beroepe volg in Kaapstad.
René het reeds 16 liefdesverhale, oftewel, Romanzas uitgegee
waarvan een, Storm vol Liefde (SuperRomanza) die Rosa Imbali toekenning vir
uitmuntende skryfwerk in 2020 gewen het. Haar groot trots is die twee
samesweringsromans wat in die laaste twee jaar uitgekom het: Die Alfadokument
en Die Omegakomplot waar geloof en waansin kat-en-muis speel. Nog ʼn jeugboek
van haar, die Monster in my Melkskommel, het vroeg in 2023 uitgekom.
In 2023 kom haar jeugboek, Tuimeltrein (NB) ook uit en vanaf 2026 is dit voorgeskryf vir matriekleerlinge in IET-skole vir EAT.
Sy het ʼn
paar jaar gelede ook ʼn volledige kinderkerk kurrikulum uitgegee, Bybelboekwurm,
met interaktiewe lesse om deur al die boeke van die Bybel te werk. Haar passie
sedert haar joernalistieke dae is nog altyd: Inlig, opvoed en vermaak, en veral
ook om te inspireer en dit doen sy met humor en vreemde, dog boeiende,
karakters - terwyl die kinders speel-speel die Bybelboeke en -karakters leer ken.
Haar skrywersloopbaan het begin toe sy in 2012, na ʼn jaar of drie se intense navorsing, haar eerste jeugboek, Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality, uitgegee het. Dit is ʼn aksie-avontuur verhaal oor drie tieners wat in die woeste Middeleeue in Ierland met ʼn kosbare Altaarbybel moes vlug. En dit terwyl Vikings warm op hul spoor is.
Sy werk tans aan ʼn getuienis oor haar lewe met ʼn breingestremde seun en haar emosionele en geestelike tuimeltreinrit wat hierop gevolg het. Sy beplan om haar getuienis, Grootmenskind in 2025 te publiseer. Dit handel oor Sean (nou 32) se 31 jaar as gestremde, haar worsteling met die alledaagse roetine en probleme, haar gestoei met God, mens en eggenoot - en baie humor.
Tuimeltrein is toevallig ook die naam van haar jeugboek wat in Junie 2023 deur NB uitgewers uitgegee is. Weer eens moet drie tieners vlug – die keer voor die gereg, want hulle word verdink van ʼn vreeslike moord.
Skryf is haar manier van ontsnap van die werklikheid. René en haar man geniet dit om in Europa rond te toer. Dit is waar sy haar inspirasie vandaan kry – daar tussen die ou kastele, katedrale, kerkers en die intense kultuur wat letterlik van die mure van elke gebou af drup. Dit is kos vir haar siel.
René glo onwrikbaar in die liefde en gelukkige eindes.

Die plaaslike skrywer, blogger en oud-joernalis, René van Zyl, se nuwe boek, Liefdesafari, word hierdie week deur Lapa uitgewers gepubliseer.
Hierdie was die eerste van haar Romanza's wat sy sedert 2018 uitgegee het. Die nuutste een - die 7de - is tans beskikbaar: Min of Meer 'n Meermin.
Dit word onder Lapa se Romanza vaandel uitgegee
en is gemik op die breë leesmark, veral vroue wat weer iets van die wonder van
die liefde wil beleef. Die boek handel oor Franci von Lelieveld, ’n CA in wie
se lewe daar vir alles ’n georganiseerde tyd en plek is. Toe die wildbewaarder
Gavin Michaels haar vaal bestaan kruis, voel sy hoe sy beheer oor haar lewe en
emosies verloor. Hulle besef gou dat hulle op mekaar moet staatmaak, want ’n
skynhuwelik is hul voorland en vir beide voordelig.Nog liefdesverhale uit haar pen:
LIEFDESAFARI
ALICE SE IERSE SPROKIE
OPA VIR DIE LIEFDE
WEER EENS LILLY
LIEFDE IS WYNROOI
STORM VOL LIEFDE
MIN OF MEER N MEERMIN
ASOOK:
WEE MONK'S TALE, THE SECRET OF IMMORTALITY (AMAZON KINDLE EBOOK)
(A MEDIEVAL ADVENTURE)
SAMESWERINGSROMANS:
DIE ALFA DOKUMENT
HET NOVEMBER 2019 UITGEKOM.
Uitgegee deur Wenkbrou, November 2019.
WAT VERTEL ROMANZA SE FACEBOOK BLAD OOR LIEFDESAFARI:
“Haar liefdeslewe het basies op ʼn wilde safaririt gegaan” – René van Zyl



AUTHOR BIO: ENGLISH.
This article says it all . . . or most of it . . .
René wrote
the book in the first place to teach her children, two daughters Michelle and
Chantal, and her brain injured son, Sean-Jacques, that when trusting in God, no
dream is impossible. As Sean’s brain damage (the result of oxygen shortage from
a virus at 15 months of age) was something that would cripple him mentally for
the rest of his life, she wanted to write an alternative story – one where
Shaughn (as he is named in the book with its Irish setting) has adventures and
spreads the Gospel in his own unique way. Sean-Jacques actually does this in
real life with his smile, his enthusiasm, his limited vocabulary and his love
for all people – not minding culture or color. He is an extrovert who thinks he
is the greatest gift to mankind, and he lives every day to the fullest, spreading
love wherever he goes.
In the end God’s grace and love
prevails though and shines on everyone including an orphan, a Viking, a king, a
princess, a knight, a midget, a druid and a monk. Our three friends, with their
different beliefs and outlooks discover that it is this, more than anything
that is their greatest weapon.
An adaption of the screenplay has
found a home with an agent in Hollywood and is being offered to producers with
the view of turning it into a movie. Unfortunately this industry is a dog eats
dog world and René harbors no illusions about the fact that it is not what you
know but who you know that counts. Her Friend in higher places keeps a keen eye
on he though and she is convinced that He would appreciate a quality Christian
action adventure movie on the big screen as much as she would. She has pitched
the story as a combination of A Knight’s
Tale and Spy Kids but with a
Christian flavor of course! Her inspiration she finds from an ever curious mind, her husband and three children, Michelle (30), Chantal (27) and Sean-Jacques (32), who is brain-injured with special needs. He still lives with them but daily attends the Kuierkidz learning centre, a school that Anton and René started in 2008 - for special needs kids of all ages. More info: www.kuierkidz.blogspot.com
AND:






No comments:
Post a Comment