Dié van julle wat nie die ander MEVROU DOEMINIE blog-inskrywings gelees het nie, gaan nou in die middel van 'n dam inspring, sonder 'n reddingsbaadjie. Hierdie is die derde Hoofstuk van die blog oor Mev. Doeminie se Annus Horibilus. En ek’s jammer maar hierdie een is 'n taai een.
So bietjie oor my goeie tye... (wat nodig is om te verstaan hoekom is die slegte tye so sleg!)
(Die foto is net ter verduideliking vir almal oor hoe die kroeshare wat ek so mee spog, eintlik gelyk het. My pa het mos gesê ek lyk soos die kroeskop sanger Leo Sayer, en ja, ek sien dit nou! Hier is ek en my vriend Bernhard Glas wat ek in my jongdae geken het.) My studentelewe aan die Potchefstroomse Universiteit was heerlik. Ek het myself gevind en was op vele staproetes, het gedien op die op die koshuisraad se joolkomitee en het vir die Universiteitskoerant, die Wapad koshuisartikels geskryf. Vakansies het ek vir die Potchefstroom Herald gewerk (vir bietjie geld). Ek’t vir Anton ontmoet, ‘n ingenieurstudent: ‘n vreemde wese wat met min swot, min geld en baie sit in die kafeteria die moeilikste wiskundige probleme kon oplos. Maar hy was so ‘n pragtige man met goue hare en het gelyk soos Tom Cruise (sê iemand nou die dag van ons troufoto! Die kroeshare langs Tom Cruise het blykbaar nou nie juis soos iemand gelyk nie!) Anton is ‘n gewilde outjie en meneer super-sosiaal. Maar ons kon dans! Hy het sy eie meisie in Vanderbijl en jol lekker op die Puk, maar ons kon sokkie. Jy weet nou ek praat van skelm dans want op die Puk was dans uit soos dagga rook.
Ek en Anton raak dik vriende. Ons het saam staptoere gestap en ons kon ure lank kuier en gesels oor als en nog wat. Natuurlik was ek vrekverlief, maar ek het my lyf vriendin gehou, want ek was maar goed bang ook vir verwerping – ek bedoel – die kroeshare, man! En ek was besig met belangrike dinge op die Puk, soos sokkie, koerantwerk, social, leer (ja ek het), ekt bietjie kamerawerk gedoen by die mediasentrum, en dore-lied geskryf en Huiskomitee vergaderings-parties. Daar was nie soseer tyd vir 'n ou nie en ek was maar vrekskaam. (Op die foto is Anton in sy gloriejare... ag, so cool! G'n wonder ek was verlief nie!)
Dik-goeie vriende was ons. Tot ek in Pietersburg gaan werk as joernalis en hy weermag toe is in Heidelberg. Sy meisie het hom finaal gelos oor 'n lys redes wat genoeg is vir nog 'n boek, wat dalk meer klink soos die flieks: Dude, where is my car? Of The Hangover. Ek, goeie vriendin, het gaan kuier op die eerste troepie-opedag, en het elke dag ‘n brief geskryf. 365 dae van die jaar. Jy sien, ek het joernalistiek geswot en ek kan koerante volmaak met als wat ek weet en selfs wat ek nie weet nie: ek het mos al gesê dat ek my joernalistieke eed ernstig opneem: inlig, opvoed en vermaak!

En terwyl ek, skaam vriendin, nou weet ek is maar die buiteperd wat moet hol vir 'n plek, besef ek ook: Die pen is magtiger as die swaard. Geen man het ‘n weerstand teen soveel besondere kreatiewe briewe nie. Anton vertel hoe die ander eensame troepe met afwagting saam met hom sit en wag vir die volgende dag se brief: dan lees hy dit voor vir almal wat self nie briewe gekry het nie. (Ek dink daar het ek die saad in hom geplant om voor te gaan in die gemeente en om hom te ontferm oor die eensame skape!) Nodeloos om te sê, ons is op die 365ste dag van daardie jaar getroud. 31 Desember 1988. Dis die beste besluit wat Anton kon neem, want in die jare wat volg, dink ek, was ek 'n hulp wat by hom gepas het... nevermind dit, die hulp wat by hom gebly het... deur dik en dun... Min het ek geweet wat volg.
Ons lewe is ‘n jol. Anton, jong ingenieur maak vinnig opgang in Eskom. Distrikingenieur Groblersdal. Ek kry werk as Natuurbewaringsopvoedkundige by KwaNdebele Natuurbewaring. (Ek wil net noem, ter inligting: dat my posbeskrywing in die staatsdiens, as gevolg van my 4-jaar honneursgraad is: 'n Natuurbewaringswetenskaplike! Great!) ‘n Wonderlike werk waar ek elke dag tussen kameelperde en blouwildebeeste en geelbekneushoringvoëls werk toe ry. (Ek is mos in my hart ‘n natuurbewaarder, maar my pa wou my nooit toelaat om ‘n volbloed natuurbewaarder te word wat met ‘n oorgehaalde jaggeweer op ‘n landrover sit en wilddiewe jag nie. Nie vir ‘n vroumense nie, het hy gedink. Ek sien myself daar op die landrover... Lara Croft... of Zena, Warrior Princess!)
Desnieteenstaande Groblersdal se hitte, raak ek toe swanger met ons eersteling. Anton begin sy eie kontrakteursbesigheid in Pietersburg en werk dag en nag. Ek ry in en uit na KwaNdebele met ons eersgeborene, Sean-Jacques, wie se eerste woord ‘bok’ is. Kyk, ons het geld, ons is suksesvol, koop ‘n groot plot met store en als vir Anton se besigheid. ‘n Kein Eskom was dit gewees, want hy plant hoogspanning lyne sodat elke gehuggie in ons land krag het. (Min het ons teo geweet dat hy in die toekoms mense se siele gaan voed met die krag van die Heilige Gees!)
EN TOE DIE SLEGTER TYE...
Ek hou naderhand op werk in KwaNdebele (ek’t 20 jaar later eers die uniforms weggegee, want ek’t altyd gehoop ek sal weer teruggaan veld toe...) Ek was vir so maand by die huis in Pietersburg met ons eenjarige slim seuntjie, toe gebeur dit wat enige ouer vrees, iets wat ek en Anton in ons lewe nooit voorsien het nie, of voor opgewasse was nie. Ons seun tel ‘n breinvirus op in Botswana tydens ‘n gesinsvakansie en van ons baba wat op 15 maande al praat en rondhol, bly ‘n klein skaduwee oor. ‘n Bitter klein skaduwee. Ons seun is eintlik dood. Die dingetjie wat ons 2 weke later uit die hospitaal uitdra is ‘n vreemde swak wesentjie wat nie eers sy bottel melk kan sluk nie. Ek dink ek en Anton is toe ook dood. Die twee mense wat uit die hospitaal met die dingetjie kom, is nie die mense wat hom daar ingedra het nie. Ek hoor ook ek is weer swanger in die hospitaal. Ons het dit so beplan, maar nou is ons lewe skielik deur 'n tragiese Tsunami omvergegooi.
Sonder om nou op daardie ellendige Annus Horibilusse wat volg te fokus en vir ou Griekie Galbraak weer op te tower, moet ek sê: ons lewe verval in ‘n bose roetine: Anton wat werk, dag en nag, en drink en onthaal, soos mens doen as jy in die sakewêreld opgang wil maak. En ek met my swanger lyf wat ons seun oefen dag en nag om sy brein te help om nuwe bane te vorm wat van die basiese lewensfunksies weer kan aanleer. Die dokter sê dat dit in die ma se hande is hoeveel van die ou neurobane weer gevorm word, of so iets. Sean is op soveel medikasie dat hy net lê en glimlag terwyl ek ure lank omspook om die kleinste spiertjie in sy lyf aan die beweeg te kry. Michelle is gebore, ‘n dierbare mooi kind en sy speel te lekker saam - elke dag op ons sitkamervloer (wat eintlik ‘n voltydse fisioterapiekamer is).
Nodeloos om te sê die arme huweliksbootjie buig dubbel in die stormwater. Nadat ons huwelik uitmekaarval, en saam met dit ook ons besigheid, kom ek en Anton uiteindelik by God uit en in 'n ware verhouding met Hom. Dit gebeur tydens ‘n huweliksseminaar, doerie tyd se Campus Crusade for Christ. Ons begin ‘n stadige pad van herstel stap, so tussen die uitdagings, die hartseer en plesiere van ‘n breingestremde kind en ons ‘normale’ kind deur. Ons probeer ons bes om te oorleef. Ons probeer ons bes om Christene te oorleef wat met goeie bedoelings vir jou dinge vertel soos:
1. 'Die Here weet vir wie om so iets te laat oor kom - ek sou dit nooit so goed soos jy hanteer het nie.' (Terwyl elke sel in jou liggaam uitskreeu na God hoekom jy so spesiaal is dat dit nou vir jou moet oorkom en jy baba-treetjies gee van dag tot dag want jy weet nie hoe om dit te hanteer nie en jy vrees vir wat God nog so ‘goedgunstiglik’ oor jou pad gaan bring.)
2. ‘Daar moet sonde in jou lewe wees wat jy nie mee gedeel het nie, daarom bring die Here dit oor jou. Soek en bely, suster.’ Jobtroosters. (Terwyl jy jouself elke dag kasty oor wat jy verkeerd gedoen het, watse slegte ma jy is, hoekom het jy in Botswana gaan vakansie hou, moes jy nie na 'n ander dokter toe gegaan het nie? 'n Ander hospitaal? Moes jy nie sy koorsstuipe en rukkende liggaampie anders hanteer het nie?)
3. ‘Wees dankbaar so iets gebeur, dis 'n wonderlike voorreg en ‘'n voordeel vir jou ander kinders om met so 'n kind in die huis groot te word.’ (Terwyl jy veg teen skuldgevoelens en veg om tussen al die kinders se behoeftes deur te worstel, sodat jy tog net nie een van hulle afskeep nie, want die gestremde enetjie vat meer as sy deel aandag.)
4. Die beste een: ‘As jy net glo, sal God jou kind genees. Jou geloof is seker nog nie sterk genoeg nie.’ (Terwyl jy voor die Here kruip vir genade, dat hy net nog ‘noefening kan baasraak, terwyl jy nagte om bid dat hy netmoet slaap vanaand, terwyl jy van geloofsbidder na bidder gaan, want jou geloof skiet duidelik te kort... aldus die Super Christen – ek het hul toe nog nie uitgeken vir wat hulle is nie. Ek het toe net sleg gevoel omdat ek so vrot christen is en nou moet my kind daaronder ly. Baie jare later sou ek besef dat my geloof nie God se arm gaan draai nie. Hy doen wat Hy goed dink.)
Maar later meer oor mooi Christen antwoorde in krisistye. Ek kan 'n boek skryf; o, ekskuus, ek is reeds besig daarmee!
Nog steeds is dit nie die einde nie. Ons groot besigheid wat vir tot 250 mense werk gegee het, speel bankrot. Natuurlik het ons God vertrou om alles te red. Natuurlik het ons dag en nag gebid vir n uitkoms vir die besigheid en die werkers. Maar hier leer ons ‘n pynlike waardevolle les: God spring nie altyd saam met jou oor daai muur nie; partykeer los hy jou om in die muur vas te duik, want Hy het ander planne. Ons verloor basies alles, nie net ons geld en besittings nie, maar ook ons goeie vriende wat deel was van ons besigheid en wat ons bygestaan deur ons bekering en geestelike groei. Wat verkeerd gegaan het met ons vriendskap, weet ek tot vandag toe nie. Hulle het seker maar gedink ons loop weg met miljoene rande se verskuilde geld of ... whatever?
Ons trek na Hartbeespoort waar ons genadiglik ‘n erf besit en begin die pynlike geboorte-proses van ‘n nuwe lewe. Nuwe vriende wat ons moet vertrou met ons emosies en ons gebreklike gesin (want kyk, dis nie baie mense wat die geduld het om vas te kyk in so klein stukkende mense nie terwyl hul net wil rustig braai nie, en dis nie almal wat wil meng met ‘'n ou wat als verloor het nie). Anton en ‘n ou skoolvriend begin ‘n klein hardewarebesigheid wat ook nie op dreef wil kom nie. ‘n Derde klein van Zyl word gebore, Chantal, ‘n klein vuurvreter wat van die begin af op alles klim en van alles afval met die waagmoed van ‘n beer. Sy het gesorg vir ‘n paar ongemaklike doktersbesoeke waar ergere verduidelikings gegee moes word!
Ons seun ontwikkel stadig en ek is moeg tot in my siel in vir elke dag se oefeninge wat jaar in en jaar uit dieselfde bly, want dis nou nie juis of hy skielik leer wat is die verskil tussen blou en groen nie, of watter blokkie pas in watter gat nie. Die die dokter sê mos: die hoeveelheid wat die kind se brein ontwikkel hang van die hoeveelheid moeite af wat sy ma met hom doen. Ek haat elke dag wat ek opstaan en dieselfde vervelige oefeninge moet herhaal. Dit lyk nie of dit enigsins help nie. Ek het aanvanklik Glenn Doman se program gevolg wat vereis dat jy 16 ure per dag jou kind oefen en mense kry om jou te help. Waar kry jy mense wat so iets wil doen? Ek ken hul nie. Ek moes die kind wat op sy boude rondseil, teen alle fisioterapie-reëls in en teen die dokter se diagnose in, kry om te loop. Elke dag bene oefen, optrek teen ‘n tafel, loop met ‘n raam – hy kan nie – ek moet alles laat gebeur. Dit het so erg geraak dat ek nie met my dogters wou speel nie, want elke speletjie herinner my aan ‘n terapiesessie wat tot vervelens toe herhaal moes word. Ek was in 'n tronk vasgevang van skuldgevoel en roetine. Ek het ‘n minuut, ‘n uur, ‘n dag begeer om net NIKS te doen nie. Of enigiets anders, net vir myself. Tot ek op ‘n dag besluit dat Sean-Jacques nou in God se hande is. Ek is opgebruik. Van my is net 'n leë dop oor wat ook nie te danig goed of versorgd lyk nie.
Anton het mos 'n teorie wat sê: 'n Mens doen wat jy kan en gee wat jy het. Dis moeilik verstaanbare woorde, maar as jy besef jy het nie meer nie, dan besef jy die waarde van daardie woorde. Ek begin rustiger raak en speel en stap met die kinders eerder as om te oefen. My tyd is steeds hulle s’n maar die las is van my skouers af. Maar die seisoen van ellende kom tot 'n einde.
Volgende keer meer oor ons nuwe visie.

Dit lyk my jy het al meer followers. Ek het lekker gelees en baie dankie dat jy die moeilike tye op papier sit en skryf. Die sielkundiges beveel aan dat mense praat en skryf oor die dinge wat pla en swaar druk op die emosies. Ek glo dat dit help. Elke dag bring maar sy dinge en 'n mens weet nie hoekom dit gebeur nie - soos jy geskryf het dit is deel van God se plan.
ReplyDeleteThe content was really very interesting. I am really thankful to you for providing this unique information. Please keep sharing more and more information potchefstroom campus
ReplyDelete