My glimlag loop vandag reg rondom my kop: Dié e-pos ontvang ek vanoggend: ATKV sit veer in
liefdesverhale se hoed. Dit is weer daardie tyd van die jaar – die ATKV vier skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol. Die Prys vir Romanses word vanjaar aan Belle, met die hart vol blomme – René van Zyl (Romanza) toegeken. Volgens die beoordelaars Carol-Ann Alexander, Amanda Claasens en Kobie van Aswegen is die taalvaardigheid en gemaklike skryftrant van die skrywer deurgaans uitstaande. Die aanvangstoneel van die verhaal is besonder sterk en die leser kry dadelik insig in die gemoedstoestand van die heldin asook die rede vir haar paniek.
Die kalmte waarmee die held haar hanteer is ’n puik teenvoeter en tegelyk ’n aanduiding van sý karakter. Die verrassende einde van die eerste hoofstuk is ’n motivering om gretig verder te lees – ook die eerste van talle onverwagte wendings wat die geslaagde storielyn oplewer.Baie geluk ook aan al die ander wenners in die ander kategorië.
Dankie aan Deo-Dané Van Der Merwe wat toestemming gegee het dat ek haar foto mag gebruik - julle twee is net eenvoudig pragtig. Toe ek die foto op facebook sien, het ek sommer inspirasie gekry om 'n boek te skryf! En kyk nou! *******
Ek het 'n lys gaan maak van al my boeke - van die eerste jeugboek wat ek geskryf het, Wee Monk's Tale, the Secret of Immortality (aksie-avontuur) tot die nuutste Romanza wat Februarie verskyn: Storieboekheld.
Ek geniet alle genres. Sover het ek twee samesweringsromans, Die Alfadokument (Weknbrou, Lapa) en Die Omegakomplot, nog twee jeugromans, Die monster in my melkskommel (Lapa) en Tuimeltrein (NB )en sowat 15 Romanzas (Lapa). Daar is ook 'n paar bundels waarin my kortrverhale verskyn.
Twee toekennings:
ROSA/Imbalie toekenning 2020 vir Storm vol Liefde
ATKV-Woordveertjie 2024: Belle met die hart vol Blomme.
En my jeugboek, Tuimeltrein (NB) van 2023 is voorgeskryf vir IEB skole, vir matrieks (AET) vanaf 2026
Hier is 'n lys van my boeke sover. René van Zyl se gepubliseerde boeke sluit in:
- Die Alfadokument (2020, Lapa/Wenkbrou Uitgewers)
Samesweringsromans:
- Die Omegakomplot (2022, selfpubliseer)
Jeugromans:
- Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality (2012, selfpubliseer)
- Die Monster in my melkskommel (2023, Jeugroman, Lapa Uitgewers)
- Tuimeltrein (2023, NB Uitgewers) – Voorgeskryf: matrieks (EAT) IEB-skole vanaf 2026.
Romanzas (romanses) LAPA Uitgewers (Penguin Random House Suid-Afrika)
- Liefdesafari
- Alice se Ierse Sprokie
- Opa vir die Liefde
- Weer eens Lilly
- Liefde is Wynrooi
- Storm vol Liefde (SuperRomanza – wen Rosa/Imbali toekenning vir Romanse 2020)
- Min of Meer 'n Meermin
- Liefde in die Boendoes
- Waar die Spoke Sing
- Strandwolf
- Sprokie vir ʼn plaaskind
- Belle met die hart vol blomme (Wenner ATKV Woordveertjie 2024)
- Roekeloos verlief
- Die Hart soek wat hy soek
- Toe Gebeur Vegas
- Storieboekheld
Groepromans/-projekte:
Op pad na Grysberg (Naledi 2023) Fantasie.
Sewe Keer Sondig (April 2024, Naledi) Spanning.
Vir meer inligting oor René van Zyl en haar werke, besoek gerus haar blog: https://renevanzyl.blogspot.com/
https://www.lapa.co.za/boeke
https://www.nb.co.za/en/home
Daar was ’n tyd in my lewe toe ek heeltemal gebroke gevoel het…
ReplyDeleteToe my kêrel skielik met my uitgemaak het en my op al die sosiale media geblok het sonder enige verduideliking, het ek baie siek geword van die pyn. Ek kon nie eet nie, ek kon nie slaap nie, en my hart was vol verwarring. Ek het aanhoudend vir myself gevra: “Wat het ek verkeerd gedoen?” maar ek het geen antwoorde gehad nie.
Ten spyte van alles, het ek hom steeds diep liefgehad. Om hom te laat gaan was nie maklik nie, want my hart wou hom nie vergeet nie.
Eendag het ’n kollega by die werk gesien waardeur ek gaan en sy het my voorgestel aan ’n vriendelike en ervare ouer man genaamd Dr. Dawn. Sy het my vertel hoe hy haar en baie van haar vriende gehelp het om hul gebroke verhoudings en huwelike reg te maak.
Aanvanklik was ek onseker… maar ek het besluit om dit te probeer.
Nadat ek my situasie aan hom verduidelik het, het Dr. Dawn my verseker dat my kêrel sou terugkom en om verskoning sou vra. Ek het sy instruksies met geloof gevolg.
Tot my grootste verbasing het ek nie lank daarna boodskappe en talle oproepe begin ontvang nie. My hart het so vinnig geklop…
Dit was hy.
My kêrel het teruggekom, opreg om verskoning gevra, my besoek en selfs geskenke gebring. Daardie oomblik het soos ’n wonderwerk gevoel wat ek nooit sal vergeet nie.
Vandag is dit al 3 pragtige jare. Ons is gelukkig getroud met een kind, en ons verwag nog ’n baba binne ’n paar weke.
My hart is vol dankbaarheid, en ek sal Dr. Dawn vir altyd waardeer omdat hy vreugde terug in my lewe gebring het.
As jy deur pyn in jou huwelik of verhouding gaan… As die persoon wat jy liefhet jou verlaat het en jy nie weet wat om te doen nie… Moenie hoop verloor nie.
Jy kan hom ook op WhatsApp bereik: +2349046229159