2023 IS 'N LEKKER JAAR!
MY NUUTSTE BOEKE IS OP DIE RAK EN BESKIKBAAR BY LAPA, OF NB OF GRAFFITIBOEKE IN PRETORIA. OOK BY BOEKWINKELS EN OP AMAZON.COM AS E-BOEKE! GENIET!
Daar is nog 'n romanza op pad teen September - Belle, met die hart vol Blomme. Kyk uit!DIE
MONSTER IN MY MELKSKOMMEL - FEB 2023 - LAPA.CO.ZA
Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar nuwe vriende by die traumasensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael besluit Lexi: sy gaan die monster vang en uitvind wie daaragter steek. Sy is paraat en het ’n rugsak vol wapens en planne. Maar onverwagte vriendskappe, onverwagte ontdekkings en onverwagte gevoelens laat haar als bevraagteken wat sy gedink het sy weet. Wat is waar, en wat is net in haar kop? ’n Unieke en spanningsvolle verhaal wat op ’n empatieke en humoristiese wyse sensitiewe kwessies rondom trauma behandel. René van Zyl se toetrede tot jeugfiksie is vars en vol impak.
KORMORANT KOERANT HARTBEESPOORT
René se
Monster is op die rak
16/02/2023
René
van Zyl
Die
bekende Hartbeespoort-skrywer, René van Zyl, se nuutste jeugboek is pas op die
rakke, maar Die Monster in my Melkskommel is nie net vir die jeug nie – dit is
een van daardie treffers wat deur oud en jonk geniet sal word.
“Ek is
baie opgewonde oor hierdie boek omdat dit ‘n ander tema het as vorige
Afrikaanse jeugverhale. Dit spreek trauma by tieners aan op ‘n humoristiese
wyse. Daarom sal jongmense juis met die karakters kan identifiseer,” sê sy.
Die
boek word deur uitgewers bemark as “’n unieke en spanningsvolle verhaal wat op
’n empatiese en humoristiese wyse sensitiewe kwessies rondom trauma behandel.
René van Zyl se toetrede tot jeugfiksie is vars en vol impak.”
Waaroor
gaan die boek? Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie
gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar
nuwe vriende by die trauma-sensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat
hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael
besluit Lexi sy gaan die monster vang en uitvind wie en wat daaragter steek.
Nie net is sy ‘n selfopgeleide Zombie-jagter nie, maar boonop is sy hoogs
paraat en het ’n rugsak vol wapens en planne. Onverwagte vriendskappe,
onverwagte ontdekkings en onverwagte gevoelens laat haar egter als bevraagteken
wat sy gedink het sy weet. Wat is waar, en wat is net in haar kop?
Die
Monster in my Melkskommel is René se tweede jeugverhaal. In 2012 is Wee Monk’s
Tale, wat oor drie tieners handel wat in die Middeleeue in Ierland en Skotland
met ‘n Altaar Bybel vir Vikings moet vlug, gepubliseer. Die boek is steeds as
‘n e-boek beskikbaar.
En sy
het verdere goeie nuus. Haar volgende jeugboek verskyn in Julie 2023 en word
deur Human & Rossouw uitgewers gepubliseer. Die boek se naam is Tuimeltrein
en sy het omtrent die drie tieners in die boek laat rondhardloop vir hul lewe.
Die polisie is op hul spoor omdat hulle kwansuis ‘n roomysman vermoor het, maar
dit is glad nie wat gebeur het nie. Niemand glo hulle nie. Sonder hul selfone
en met ouers wat net die slegste van hul dink, moet hulle bontstaan om uit die
moeilikheid te bly.
Die
Monster in my Melkskommel word deur Lapa/Penguin Random House uitgegee en is by
toonaangewende boekwinkels beskikbaar of kan bestel word by lapa.co.za. Dit is
oo as ‘n e-boek beskikbaar by Lapa en Amazon.
TUIMELTREIN (JUNIE 2023) Human & Rossouw:
Drie graad elf leerders met totaal
uiteenlopende persoonlikhede en sosiale status moet skielik voor die gereg vlug
toe ʼn groeptaak ʼn horribale verkeerde rigting inslaan. Sonder selfone en met
niemand wat in hul onskuld glo nie, moet Abby (langafstandatleet slash cool
girl), Jasper ( gamer slash bad boy) en Henri (drama queen slash reënboogkind)
voor die gereg vlug en slegs op mekaar staatmaak om hierdie tuimeltreinrit te
oorleef.
Die vraag is: gaan die polisie of die
eintlike moordenaar hulle eerste opspoor en watter scenario is die ergste?
Drie graad elf leerders met
uiteenlopende persoonlikhede en sosiale status word gedwing om saam aan ʼn
klasprojek te werk toe hulle ʼn koelbloedige moord aanskou. Skielik verander hul
lewens in ʼn tuimeltreinrit en moet hulle vir hul lewe vlug. En hul moet te
midde van groot persoonlikheidsverskille saamwerk om die skelm speurder, wat
hulle vir die moord blameer, te uitoorlê. Skielik is hul op hul eie, sonder
selfone en hul normale ondersteuningsstelsels om hul raad of hulp te gee.
No comments:
Post a Comment