Dit lyk soos die 37ste hoofstuk in die lewe van die beneukte mev. Doeminie! Lees as jy tyd het - oor haar nuutste ekskapade... rustig... ontspanne.... en sonder donderweer... (Dit lyk tog of my anti-depressante werk... )
Die woorde kuier, rus en ontspan klink soos ‘n lafenis vir enige vroue-siel wat haar afsloof vir die gesin, eggenoot,
die skoolraad en die gemeenskap. Dit klink soos vakansie! Dit was hoe dit was
met ons Vroue Retreat 2013 wat die Kuierkerk aangebied het by die lieflike bergvesting
van Lydia Grimbeeck by Kosmos Ridge in Hartbeespoort. (So lyk dit hier links op die foto... absolutely fabulous!)
Mev. Doeminie moet net haar suur alter-ego
‘n kans gee om iets te sê oor haar verlede: Ou Griekie Galbraak is mos altyd grimmig
oor iets, wel hier kom dit: Ek was al by menige vrouekampe in my lewe. Veral na
ons oudste seun as baba breinskade opgedoen het en my hele lewe uitmekaar geval
het. Ek het al die praatjies in die wêreld al gehoor (en op daardie tyd moes ek
dit hoor: ek het dit nodig gehad om die Here beter te leer ken). Ek onthou die
tipiese kerkkamp: daar was die goeie vroue van die gemeente, ja, hul het ook
kampe nodig gehad en daar was die mense wat gebuk gegaan het onder ernstige geloofskwessies.
Soms was die lesings deur duur sprekers, lank en uitputtend, maar na so naweek
het mens goeie Bybelstudie ingekry en ook besef hoe skiet ‘n mens selwers tekort.
So ‘n spreker wat reeds alles geleer het oor vrouwees en Christenwees se werk
is immers om jou geloofslewe te versterk en die beste manier is om jou te leer
hoe min jy weet.
Jy het dan tuis gekom by die ongewaste
skottelgoed, kinders se huiswerk wat nie gedoen is nie, en mans wat half vies
is oor jy so lekker jol gehad het en hul moes opsnork met die kinders. Maar jy
was sterk, jou geestelike krag was baie en jy was van voorneme om hierdie man
van jou onvoorwaardelik te aanvaar en te vergewe vir alles van drankmisbruik
tot emosionele mishandeling en wat als. Die nuwe week het met volle vaart
weggetrek en jy was vol goeie voornemens. Teen Maandagaand was jy moedeloos
want niks het verander nie, jy sal nooit soos die welbelese en welbedeelde Spreker
haar man onvoorwaardelik lief kan hê nes God dit verwag nie en daagliks haar
kinders en haar man in die Here se genade inbid en nooit enige voetfoute maak
nie!. Jou kinders is nog steeds bederf en beledigend en nukkerig en jy het
gefaal as moeder en as eggenoot. Jy wil nie eers die ander vroue weer sien nie,
want duidelik kry al die fantastiese moeders dit reg wat jy nie kan nie. Teen
Dinsdag lê jy met jou lippe teen die klippe, reg om by ‘n kliniek vir
sielsiekes te gaan inkonk want jy faal as skepsel wat na God se beeld geskape
is. Jy drink steeds jou anti-depressante en beplan ‘n hoër dosis.
Ja,
ek oordryf, want tog leer mens altyd ietsie wat jou kan deurdra by so kamp,
maar wat ek altyd onthou, was die pret saans in die kamers: as almal se skanse
af is en hul in hul nagklere rondloop en net is wie hulle is: vroue wat ‘n
wegbreek nodig het om hul te help om hul lewe te kan hanteer en hulself te
vind. Daardie geselsies tot laatnag en gegiggel was vir my sielskos. Dan kom
die ware probleme uit so tussen die kuier, koffie en klets.
Dit
het my laat besef dat vrouekampe anders kan wees. Op my ouderdom is ek nie meer
lus om uur na uur na ‘n dinamiese geleerde Vlindervrou te luister nie. Ek het
drie jaar gelede besluit om te begin met so ‘n vroue retreat, waar kuier die
grootste motivering is. En ja, Jesus bedien ons die hele tyd, want ons is
Christene wat kuier en daarom is Jesus outomaties deel van ons gekuier en ons
probleme deel. Ek leer meer by ander Christenvroue so deur die kuier as wat ek
by ‘n duur spreker leer. En na die tyd het jy meer krag vir jou daaglikse take,
want jy het by gewone mense gehoor van hul gewone probleme en oplossings. Jy
sien mekaar by die kerk en jy het lief geraak vir die ander vroue wat met
dieselfde probleme as jy worstel. My groot doel met die kuier is dat vroue
mekaar leer ken en so mekaar kan help.
Terug by ons vroue retreat: (Op die foto bo is een van ons ontbyte - marshmallow tert, peppermint tert, vrugteslaai en melktert - heerlik!) Die klein ‘hotel’
(dit lyk regtig soos een!) teen die Magaliesberge, waar ons die retreat gehou
het, is die hoogste huis in die Hartbeespoort omgewing en het ‘n uitsig soos
min oor die Hartbeespoortdam en omliggende berge. Die twintig vroue wat hulself
kon wegskeur van hul gesinne en verantwoordelikhede het ‘n heerlike naweek
beleef – nie die tradisionele vroue naweek van lesings en werkswinkels van
vroeg tot laat nie, nee, net die samesyn van vroue wat hul pyn en wysheid en
vreugde met mekaar kon deel. Tussen ons klomp was daar vroue met kanker, vroue
wie se mans kanker het, vroue wat kinders en vriende verloor het, vroue wat misbruik
en depressief is en vroue wat breingestremde kinders het. Met ander woorde: ons
was ‘n klomp normale vrouens by mekaar wat wou wegbreek van die normale roetine
en die Here het ons bederf ver bo wat ons kon bid of dink. Ons het ‘n
skoonheidsterapeut en twee studente-fisioterapeute daar gehad wat ons masseer
het, so tussen die kuier deur, iets wat ons min genoeg voor tyd het! (Op die foto sit ek en word bederf tot in die sewende hemel in!!)
Ons
het op die tweede verdieping van die huis geslaap met glasvensters reg rondom
ons en ‘n uitsig oor die dam wat min mense in ons dorp al gesien het. Ons het
vrede beleef wat alle verstand te bowe gaan. Ons het saam kos gemaak, saam
geluister na lewensafrigter en kleurterapeut, Rene’ Coetzee, se geselsies oor hoe
God kleur gebruik het om haar kankerpad te vergemaklik en hoe kleur ons elke
dag beïnvloed. Een van die vroue het ons haar inspirerende verhaal vertel van
hoe die Here haar deurgedra het nadat haar huis afgebrand het (waarin haar man gesterf
het) en sy en haar kind maande lank deur hel is in die hospitaal met pynlike brandwond-behandeling.
Mans
kan so dikwels ons vroue misverstaan en verkeerd behandel, net omdat ons so
kompleks is, en daarom sê ek dankie vir die Here vir vriendinne wat soms net
laf is en jou trane kan afdroog. Ons het in die middernagtelike ure in die donker
kamers rondgehol en gelag vir mekaar. Ons het geswem en gesels en geëet soos
konings. Ons was vir ‘n slag net mens en nie iemand wat probeer om ander te beïndruk
nie.
(Op die foto links is die vrolike oumas wat saam was - kan jy glo? Sulke pragtige sexy oumatjies?)
Probeer
dit gerus by jou kerk – reël net ‘n wegbreek vir vroue en bederf hulle! Ons het
dit so nodig. Ons moet dikwels ons mans dra en ondersteun te midde van ons eie
besige lewens wat vol is met kinders, soms ‘n eie beroep, soms gemeenskapswerk.
En tussen alles deur moet ons sorg vir kos op die tafel, klere aan die basse en
‘n vredevolle tuiste. Mans is veronderstel om die sterker geslag te wees, maar
as ‘n man nie ‘n sterk vrou het wat haarself kan handhaaf nie, is hy so swak
soos ‘n lammetjie en so brommerig soos ‘n leeu! Maak tyd vir wegkom, maak tyd
vir vrouwees en kuier! You deserve it!!
Sommer 'n gedig oor vriendskap:
A Friend
© Gillian Jones
A person who will listen and not condemn
Someone on whom you can depend
They will not flee when bad times are here
Instead they will be there to lend an ear
They will think of ways to make you smile
So you can be happy for a while
When times are good and happy there after
They will be there to share the laughter
Do not forget your friends at all
For they pick you up when you fall
Do not expect to just take and hold
Give friendship back, it is pure gold.
Someone on whom you can depend
They will not flee when bad times are here
Instead they will be there to lend an ear
They will think of ways to make you smile
So you can be happy for a while
When times are good and happy there after
They will be there to share the laughter
Do not forget your friends at all
For they pick you up when you fall
Do not expect to just take and hold
Give friendship back, it is pure gold.
Source: A Friend, Poem on Friendship http://www.familyfriendpoems.com/poem/a-friend#ixzz2hhnenNZP
#FamilyFriendPoems