Hier trek Mev. Doeminie by 'n lywige slotsom van haar laaste twee jaar se gewroeg. Dis al hoofstuk 33 as ek reg tel! Twee jaar gelede het ek uit pure
frustrasie begin skryf aan hierdie blog, Mev. Doeminie se Annus Horibilis. Twee
jaar lank wroeg ek oor my persoonlike skade en ellende soos dit deur hierdie
onsimpatieke wêreld aan my opgedis word.
Ek het die volgende gesê:
Hierdie blog is die gevolg van spesifiek vier
krisisse in my lewe:
1. Die vassit in Oslo, Noorweë, wat gemaak het dat ek die London Boekskou mis waar ek persoonlik my boek en draaiboek (na jare se werk en maande se bid en hoop) aan agente wou voorlê. En wat ek toe mis as gevolg van ‘n vulkaan en aswolk in Ysland. Dit sou die hoogtepunt wees van jare se swoeg en sweet.
2. ‘n Tradisionele kerk in ons dorp se leiers wat my predikantman en ons gesin wou vernietig met skynheilige planne en agterbakse verdagmaking. Die kerkmanne wat glo dat die Bestuur van die kerk die HOOGSTE GESAG in die Tradisionele kerk is en nie God self nie. Geheime kerkvergaderings en aksies teen ons gesin het gemaak dat ek gewonder het waar God inpas as mense se eie planne seevier. Onder hulle was goeie Christenvriende . . . wat ons met skynheilig glimlagte vertrap het.
3. My dogter Chantal moes ‘n groot rugoperasie kry. Na my ouers se dood in goeie dokters en hospitale se hande en my seun Sean-Jacques se swak behandeling in hospitale wat gelei het tot sy breinskade, het ek ‘n vrees vir die soort plekke. Ek is bang vir wat God beplan met haar en die operasie. My vrese en vertwyfeling oor of God regtig my gebede verhoor, maak my mal want baie goed in my geskiedenis bewys die teendeel. Ek was in ’n gat van vertwyfeling en wroeging, en ek is net eerlik. Al weet ek diep, diep, baie diep, binne in my dat God wel in beheer is... My Annus Horribilis 2010 sê anders!
4. Ek sukkel met mense vertrou, met kritiek hanteer elke keer wat ek my kop uitsteek met my skryfwerk (en so bietjie buite die boksie dink). Dit gebeur baie omdat ek gemeenskap musiekblyspele skryf - Bybelse verhale met moderne musiek, soos Abba, Celine Dion, Elvis en Queen. (Sies, mev. Doeminie, jy van alle mense kan mos nie so iets doen nie - ek bedoel - jy is tog MEV. DOEMINIE!). As jy dink Queen is nie uit die hel nie, wat van ons kinders? Sies, man.)
1. Die vassit in Oslo, Noorweë, wat gemaak het dat ek die London Boekskou mis waar ek persoonlik my boek en draaiboek (na jare se werk en maande se bid en hoop) aan agente wou voorlê. En wat ek toe mis as gevolg van ‘n vulkaan en aswolk in Ysland. Dit sou die hoogtepunt wees van jare se swoeg en sweet.
2. ‘n Tradisionele kerk in ons dorp se leiers wat my predikantman en ons gesin wou vernietig met skynheilige planne en agterbakse verdagmaking. Die kerkmanne wat glo dat die Bestuur van die kerk die HOOGSTE GESAG in die Tradisionele kerk is en nie God self nie. Geheime kerkvergaderings en aksies teen ons gesin het gemaak dat ek gewonder het waar God inpas as mense se eie planne seevier. Onder hulle was goeie Christenvriende . . . wat ons met skynheilig glimlagte vertrap het.
3. My dogter Chantal moes ‘n groot rugoperasie kry. Na my ouers se dood in goeie dokters en hospitale se hande en my seun Sean-Jacques se swak behandeling in hospitale wat gelei het tot sy breinskade, het ek ‘n vrees vir die soort plekke. Ek is bang vir wat God beplan met haar en die operasie. My vrese en vertwyfeling oor of God regtig my gebede verhoor, maak my mal want baie goed in my geskiedenis bewys die teendeel. Ek was in ’n gat van vertwyfeling en wroeging, en ek is net eerlik. Al weet ek diep, diep, baie diep, binne in my dat God wel in beheer is... My Annus Horribilis 2010 sê anders!
4. Ek sukkel met mense vertrou, met kritiek hanteer elke keer wat ek my kop uitsteek met my skryfwerk (en so bietjie buite die boksie dink). Dit gebeur baie omdat ek gemeenskap musiekblyspele skryf - Bybelse verhale met moderne musiek, soos Abba, Celine Dion, Elvis en Queen. (Sies, mev. Doeminie, jy van alle mense kan mos nie so iets doen nie - ek bedoel - jy is tog MEV. DOEMINIE!). As jy dink Queen is nie uit die hel nie, wat van ons kinders? Sies, man.)
Ek het nie geweet wat die uiteinde van my
boek (blog) gaan wees nie. Maar ek het geworstel met God. Ek het nogals gevra:
Mag God my deur my geloofs-geveg help en
verras, het ek gevra.
Dit was my krisisse aan die begin van 2011.
Hier sit ek nou einde 2012. Na 33 bloginskrywings en ‘n lewe wat nie stilgestaan
het nie en probleme wat nie verdwyn het nie, wat het ek geleer?
Annus horribilis is
a Latin phrase meaning "horrible
year", or alternatively, "year of horrors". Koningin Elisabeth van Engeland het 1992 genoem haar wroegingsjaar
as gevolg van vele krississe daardie jaar soos haar dogter en nog haar seun,
Charles, wat geskei het en nog brand wat uitgebreek het in haar kasteel wat
baie kosbare dinge vernietig het, ens.
In my eie Annus Horibilis was ek en my
gesin was byna vernietig deur die Tradisionele kerkmense omdat ons durf waag
het om te dink kerk mag ‘n lekker ervaring wees waar jy informeel oor jou
geloof kan praat. Ons het geglo kerk hoef nie van ‘n paar ou diktators se reëls
en regulasies af te hang nie. Kerk is wat Jesus dit kom maak het. Dit verdra
alles, glo alles en hoop alles en liefde is die belangrikste: liefde vir God se
skepsels, maak nie saak van afkoms of kultuur of maniere nie. God was immers so
lief vir ons dat Hy sy seun laat sterf het vir ons sondes. Hoekom sal reëls nou
skielik die kerk moet beheer? Hoekom sal die Gees nie in elkeen anders mag werk
nie? God is ‘n genadige God, het Martin Luther besef toe hy die magtige Rooms
Katolieke kerk se tradisionele reëls aangevat het en sy stellings teen die
Guttenberg kerk gaan vasslaan het. Die gevolg was dat die verskillende kerke se
mense mekaar vermoor het en soos diere geveg het om elkeen sy eie mening te
verdedig.
Dus: my en Anton se geveg op Hartbeespoort
was kinderspeletjies teen wat in die Geskiedenis van die mens en die kerk al
gebeur het. Die wonderwerk is dat ons nog leef na 2010 in dieselfde dorp waar
sekere mense nog dink ons is uit die hel en alles wat ons verkondig en doen is
uit die hel. Ons het aanbeweeg maar hulle spoeg nog vuur en maak ons sleg. Ek
sê maar: Vader vergewe hulle want hul weet nie wat hul doen nie. En hoe minder
ek tyd en aandag aan hulle spandeer hoe beter vir my siel. Ek bly gefokus op my
werk om kinderkerk materiaal te ontwerp en om die Bybel ‘n lekker ervaring te
maak vir gesinne.
My dogter, Chantal se rugoperasie het goed
gegaan in 2010. Sy het gou aangesterk en gou weer normale dinge gedoen, soos
dans. Die dokters het daardie dag nie opgemors soos in my verlede nie. Dit was ‘n
wonderwerk en sy kan ‘n normale lewe lei. Ek sê dankie Here.
My grootse poging om ‘n passiespele vir
die moderne mense oor te vertel in 2010 het soveel kritiek ontlok en party
kerke in die dorp het hul rug op ons gedraai. Ek kry hul jammer want hulle het ‘n
wonderwerklike toneelstuk gemis wat hul en hul kinders se lewens kon verander
het. Ek gaan aan met my musiekblyspele. Ek het al intussen ‘Samson, the Lion of
God’ met Queen se musiek geskryf en opgevoer, en ook ‘King David and his eight
wives’, met die musiek van Shania Twain en Simon and Garfunkel. Die sowat 1000
mense wie se lewens ek elke jaar hiermee verryk en wie se Bybelkennis ek
hiermee verbreed, is my grondgebied. Ten minste gee ek hulle iets wat
ewigheidswaarde het. Al dink ou Drusilla
(die dromer in my) altyd dat hierdie stories die wêreld moet ingaan en die
Evangelie verkondig, is dit nie tans my lot nie. Mense is dalk nie reg vir dit
nie. Whatever.
Ek bly gefokus werk daaraan en het
gelukkig nou nie met onvergenoegde tradisionele mense te doen wat my heeltyd
met kritiek gooi nie. Van hulle bly ek ver weg. Nie eers Christus kon die
massas tevrede hou nie. Wie is ek dan nou altemit?
En dan laastens: my hartseer, skok en
ontnugtering oor die vassit in Oslo en die feit dat ek die London boekskou
gemis het. Ek het mos altyd die droom dat my boeke of kinderkerk materiaal of
musiekblyspele bestem is vir groot gehore en dit moet die wêreld verander. Ek
moes my denke hieroor verander. Dit wat ek doen vir die klein gehoor wie dit
gebruik, is blykbaar genoeg. Die Here is tevrede want Hy maak nie ander deure
oop nie, al skop en baklei ek soms om die deure oop te moker. Wat ek ook al
hierdeur moet leer of nie leer nie. Dis hoe dit is. Ek het alles menslik probeer.
As oorstromings, vuurspuwende berge en tradisie my keer, HOEF ek nie die droom
aan te hou voed ten koste van my gesin nie.
Die wonderwerk is dit: ek bly heeltyd
skryf en nuwe idees uitdink. Dis meer as wat baie ander mense kan sê, dié wat
slegs op hierdie aarde is om ander te kritiseer en te briek. Met die genade van
die Here hou ek aan glo in myself en my idees en ek bly my goed op grondvlak publiseer.
Ek bly glo in myself, ten spyte van alles. Ek bly glo dat God hiermee tevrede
is, al is dit op klein skaal. As ek met my prentjiebrein te groot begin droom,
slaan ek die gedagtes plat, voordat dit weer my lewe wil oorneem. Droom is
goed, maar soos alles, mag dit nie jou vrede en jou verhoudings beïnvloed nie.
Jou energie moet positief aangewend word, anders vernietig jy jouself en ander.
Ek het ‘n paar goed besef oor die twee jaar. (Nou
klink ek soos die Prediker skrywer!):
1. Ellende gaan jou tref elke nou en dan. Deal
with it, my ding. My dogter Chantal se voet gee nou probleme en hier gaan
ons alweer na ‘n Ortopediese Chirurg toe! Hele storie van voor af. My dogter
Michelle ly aan onderbewuste trauma/hartseer wat haar moeg en naar maak 24/7.
Ek bid sy kom hieroor want dokters/sielkundiges het nie enige raad nie. My
breingestremde seun van 19 poef nog elke dag in sy broek al bid ons al jare dat
hy dit in die toilet regkry! Ons is deel van ‘n gebroke wêreld en: JA, DAAR IS
MENSE MET WIE DIT SLEGTER GAAN AS MET JOU! MAAK OOP JOU Oë EN KYK OM JOU ROND!
Hou op om in jou eie ellende vas te kyk. As jy hier KAN lees het jy ‘n rekenaar
of ‘n kindle of ‘n boek in jou hande en dan is jy sekerlik een van die 5% goed
bevoorregtes in die wêreld. Jy het ‘n lekkerder lewe as baie.
2. Mense gaan jou heeltyd teleurstel. Deal with it, my ding! Johannes
2:23-25 stel dit duidelik hoe ons hierna moet kyk:
Jesus ken die mens
23Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het
daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy
doen. 24Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet
het hoe hulle almal is. 25Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom
iets van ’n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is. (Dis maar in die begin van Jesus se bediening, en Hallo??? Hy het
steeds goed aan almal gedoen en almal lief gehad en vergewe. En vir die blikskottels
gesterf. Dit sluit ons met ons foute en klagtes in.)
3. Vriende/Christene gaan jou teleurstel. Party is vir ‘n
seisoen in jou lewe. Ander vir altyd. Party gaan jou selfs probeer vernietig,
al noem jy hul vriende en mors jy baie energie op hulle. Hulle onvermoë om jou
lief te hê het niks met jou te doen nie. Dis hul eie stryd wat hul stry. Deal
with it, my ding! Wees jy maar lief vir hulle en bly vergewe en anders
vrot jy op. God sal hul wel verander, of nie. Sny die naelstring as hul jou
aftrek. ‘n Goeie reël is dalk: moenie te veel vriende hê nie, want dit vat baie
energie!
4. Fokus op jou talente en gawes. Dit verskaf jou nie net
energie nie, maar hou jou uit die kwaad! En dis uiteindelik ‘n seën vir ander.
Is dit nie hoekom ons hier is nie?
Vertrou God, al gebeur die op en af in die lewe.
Hy hou jou vas. Rom. 8:28: “28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet,
dié wat volgens sy besluit geroep is. 29Dié wat Hy lank tevore
verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy
Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30Dié
wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy
ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.” Dit is jy en ek wat sy Naam bely. Dit is jy en ek wat glo dat Hy vir
ons alles ten goede laat meewerk al gebeur skynbaar slegte goed met ons en al
behandel mense of die lewe ons onregverdig.
5. Jou kinders is vir jou geleen. Soos Jesus se ma, Maria,
kan ons net sê: ‘Here, laat met my gebeur
soos U goeddink!” en met daardie blinde geloof moet ons ons lewenspad aandurf.
Hierdie aanhaling van iemand sê dit mooi: “I’ll lend you for a little time a
child of mine,” He said, “for you to love the while he lives, and mourn for
when he’s dead. It may be six or seven years, or ten or nineteen. But till I
call him back, take care of him for Me? He’ll bring his charm to gladden you
and should his stay be brief, you’ll have his lovely memories as solace for
your grief.” Dis angswekkende woorde maar oor duisende jare heen moes ouers soos
ek en jy kinders begrawe, by siekbeddens waak en bid as hul die pad byster raak.
Dis ons lot; dis ons voorreg.
6. Ek moet doen wat ek kan om my gesondheid te hou sodat ek
vir my gesin iets kan beteken. Eet gesond, kry oefening, drink jou pille
(Homopaties of chemies) as jou liggaam dit nodig het. Alles kom uit God se hand
en het sy plek. Ek leef in God se vrede, maar ek drink my antidepressante en so
kan ek deel met ‘n senutergende mallemeule rit van ‘n lewe. Ek is dan ‘n beter
vrou en ma wat daagliks poef-onderbroeke takel sonder te veel gekerm!
7. Moenie almal kritiseer nie. Moenie dink jy weet alles
nie. Hou maar soms net jou bek – nee, hou meeste van die tyd maar jou bek want
dit maak dat jy jou minder ontstel!
Koningin Elizabeth
II van Engeland het op 24 November 1992 gesê: “1992 is not a year on which I
shall look back with undiluted pleasure . . . it has turned out to be an Annus
Horribilis.”
Dit was my 2010 maar my slotsom is na twee
jaar: Soms lyk die lewe horibaal sleg soos ‘n Annus Horibilis en ons wroeg,
maar as ons eerlik wil wees, is dit altyd ‘n Annus Mirabilis: “a Latin phrase meaning "wonderful
year" or "year of wonders" (or "year of miracles").”
Annus Mirabilis is ook die naam van ‘n tragiese
gedig geskryf deur John Dryden in 1667 oor die verwoestende dinge wat London
getref het in 1666: Dit sluit onder andere in die groot plaag wat London getref
het, sekere gevegte waarin Engeland betrokke was en die groot vuur wat in London
gewoed het. Die groot koning Charles II het egter wonderbaarlik planne gemaak
om die stad op te bou en te verbeter. Dryden het tot die slotsom gekom dat God
eintlik wonderwerkend gewerk het in Engeland en die land gered het.
Ek stem saam met Dryden. Iets lyk dalk
sleg maar ons geloof in ‘n God wat genadig en liefdevol is, laat ons besef dat
die slegte situasies eintlik vol wonderwerke is. Al sien ons dit nie altyd raak
nie. Ons glo dit. Ek glo dit, ten diepste glo ek dit, al kerm en kla ou Griekie
Galbraak hier binne in my dikwels.
En so gaan
ons 2013 binne . . . ons land is vol onluste, stakings, swak bestuur, aids,
misdaad, bedrog en skynheiligheid, maar ook vol van goeie vriende, pragtige
kinders, ‘n toekoms, ‘n verwagting, wonderwerke en hoop. Ek glo dat God alles
ten goede sal laat meewerk vir elkeen. Ek bid dat almal raaksien hoe
wonderwerkend Hy in elkeen se lewe werk, al gebeur slegte goed met ons en om
ons. Paulus som alles mooi op in sy gebed in Effesiers 1:15:
Paulus se gebed
15Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die
Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, 16hou ek ook nie op om God
vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, 17bid ek dat die God van
ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy
Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik
kan ken. 18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle
kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike
erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy
uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het
toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat
sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en
wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook
in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo
alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam,
die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Ek’s geseën met
pragtige kinders, wie se lewe nog deur baie hoogtepunte en laagtepunte gevorm
gaan word. Dieselfde geld vir my, my wonderlike geseënde man met sy groot visie
vir die kerk en my goeie vriende. Dis hoe dit is. Al wat ons kan doen is om die
mallemeule rit saam met God en ons mede-reisigers aan te gryp en al gillend, laggend en huilend te
geniet! Carpe Diem! Sjoe, Amen!