Monday, January 30, 2012

MEV. DOEMINIE 'IS SO HOT RIGHT NOW!'

Min diere gaan in 'n somerslaap in. Ek was sedert die salige Desembervakansie in 'n somerslaap, want my 2011 was mos my jaar van rus van te veel eise en skryfwerk wat verwerp word of deur vuurspuwende berge in die lug op geblaas word.
Ek het 2011 rustig op my hoop gesit (soos op die foto) en gekyk hoe die lewe gebeur en in my huis gewerk aan goed wat ek moet doen: kinderkerk lesse en storietjies vir die ekerk. Ek moes mos herstel van my rede vir my blog: my Annus Horibilis 2010. Ek was rustig. Ek was koel. So koel dat toe ek wakkerskrik in Januarie 2012 skrik ek in nagsweet en gloede wakker! Ek, wat van geboorte af 'n klein sweter en warm meisie is, ek gaan in gloede in!! Jammer om te sê maar 2012 lyk my is my volgende Annus Horibilis! I am going where no man has gone before... no, really, men do not know what hot flushes are! They have never been there!

Laat ek terugval op die lesse van die verlede: Wat ek wel geleer het uit my vorige Annus horibilis is die volgende:
1. God doen wat Hy doen wanneer Hy dit doen. Dit gaan duidelik nie oor ons gerief nie maar oor Sy groter plan. As Hy jou gebruik in daardie plan moet jy dankbaar wees en weet: God laat alles ten goede meewerk vir die wat hom liefhet.
2. Mense gaan jou altyd en elke dag teleurstel. Jy kan of dat dit jou pla, of jy kan met jou lewe
aangaan en 'n seën bly vir ander want dit gaan nie oor hulle of oor jou nie: dit gaan oor 'n groter plan. Al wat jy vir hulle kan sê is: God vergewe hulle asseblief want hulle weet nie wat hulle doen nie. En dis waar want hulle gaan dalk nooit weet wat hul doen nie, of dalk deur jou optrede agterkom wat hul doen en verander. Maar dis nie jou probleem nie. Jou probleem is om te bly vergewe en te bly glo dat Christus ook in ander leef - nie net in jou nie - al lyk dit nie altyd so nie.
3. Elke uur, elke dag, elke week elke jaar gaan Annus Horibilisse oplewer: Horribale dinge wat op ons pad kom en wat ons nie voor kans sien of voor reg is nie: Maar ons moet bly glo dat God daar is en jou hand vashou in jou krisis. Hy weet reeds jy sal dit oorleef en daar is 'n uitkoms. Sonder hierdie hoop is jy in jou m@@r in.
4. Dis van onskatbare waarde om te midde van jou Annus Horibilis te probeer kalm bly. Gebruik elke denkbare ding wat jy kan: van gebed tot antidepressante, angspille, joga, meditasie,
berading, terapie, oefeninge, vakansie of 'n nuwe stokperdjie. Jy MOET jou geestelike en fisiese gesondheid in ag neem. Dit is vir jou en vir jou gesin doodsbelangrik. Ek sê doodbelangrik, want as jy op die afgrond wankel, trek jy almal saam met jou. Die gevolge kan erg wees. Ek lees al hoe meer van mense wat selfmoord of selfs gesinsmoord pleeg: 'n dominee en 'n radio Kansel werker
het nou in die week selfmoord gepleeg volgens die koerante. Dis die mense wat ons hoop moet gee en wat self in 'n doodloopstraat land. Soms dink mense dis sonde of belaglik om raad of pille te gebruik... ek dink dit gaan help met oorlewing. Alles is God se dinge wat hy ons gee om te oorleef. Soms is ons bagasie te erg en ons stres te erg. Kyk na jouself. Jy is dit aan jou mense skuldig. God het nog 'n lang pad met jou... moenie uit die bus val nie.
5. Na alles kan ek nou soos die Queen van Engeland sê dat my 2010 sleg was en aaklig vir my, maar die feit dat ek en my gesin dit oorleef het, dit eintlik 'n Annus Mirabilis gemaak het (Wonderful/miracle year). Ek en Anton kon ewe maklik gevou en gebreek het en op selfmoord of hartaanvalle geeindig het. Ek is dankbaar dat ons uit die tradisionele kerkstelsel is - dit
was ons oorlewing. Anders het ons daar geland waar die ander dominee geland het. Stelsels het nogal die manier om mense se hoop en geloof dood te maak, dink ek, veral as die Here vir jou ander insig gee as die tradisionele en die gewone. Ek is dankbaar oor al die wonderwerke wat sedertdien gebeur het: met kuierkerk, met ons emosionele gesondheid en ons vrede wat ons behou het na alles. En ja, ek kry nog bietjie lekker as ek hoor hoe een van die hoofman in die tradisionele kerk nou in sy eie kieringkies braai! Blykbaar nou die kerk verlaat - en dit alles oor sy eie vrot keuses en selfsugtige besluite namens 'n gemeente wat nou nog salig onbewus is van wat hy werklik aangevang het en wat werklik aan die gebeur is. Maar steeds moet ek bly glo dat God ook met hulle 'n plan het - die hoofman en die kerk. Ek wil net nie weer daardie pad loop nie. Ek sien die mense nie en ek het hul vergewe vir die meswonde in my en Anton se rug. Mag God hulle ook vergewe vir wat hul doen en nog gaan doen aan ander.
NS: Oor Annus Mirabilis: Lyk my Einstein het die term volgens Wikipedia gebruik in die jaar 1905 toe hy 'n skrywe
gepubliseer het: the Annus Mirabilis papers (from Latin annus mīrābilis, "extraordinary year"). These are the papers of Albert Einstein published in the Annalen der Physik scientific journal. These four articles contributed substantially to the foundation of modern physics and changed views on space, time, and matter. The Annus Mirabilis is often called the "Miracle Year" in English or Wunderjahr in German.

Nou Einstein het dalk baie diepsinnige wetenskaplike bedoelings met "space, time and matter" bedoel, maar ekself gaan dit nou eenvoudig op my van toepassing maak: Space: Ek het my plek of spasie gevind, vir nou, waar ek in vrede leef met mense en ja so hier en daar spring Gielie Galbraak uit en wil iemand dood-bl@ksm. Time: Ek weet God het Sy tyd met alles, so ek hou my besig met dinge wat ek van hou: my plays, my kinderkerklesse... dinge wat ek weet ek mee goed is en waar ek myself uitleef (my boeke sal weer eendag iewers uitkom, as die tyd reg is en ek krag het vir die bose wêreld van skrywers-verwerping). Matter: Ek hou my besig met "matter" wat vir my belangrik is: om my kinders en my man se lewe te probeer vergemaklik en om die vrede te bewaar. Because that is what matters. Die ander dinge en drome is daar om my kop mal te maak. Dit kan 'n obsessie raak en dan moet jy dit stop. Dan is die droom te groot vir nou. Dalk het God 'n ander plek en tyd in gedagte. Maar my energie alleen kan nie die droom aan die lewe hou nie, daarvoor is die elke dag se lewe en eise te vol van sy eie eise en spanning.

(Op die foto is my dogters Chantal en Michelle: my geliefdes, dis die dinge wat saakmaak...)
So, more gaan sit ek by die Welsynskantore in Brits in lang donker sweterige rye met my gestremde 19jarige seun, Sean-Jacques om vir hom aansoek te doen vir ongeskiktheids-pensioen. Ek sien so op daarteen, maar nouja, ek moet dit doen. Daar is erger goed wat my kop kon besig hou. Daar is dood en kanker en pyn en hartseer. Ek is ten minste vir nou vir vandag op 'n oraait plek. En dit is 'n wonderwerk op sy eie. En my kinders se verstandtande moet getrek word die jaar. MAAR: ons gaan vir twee weke Italië toe einde Maart! Dis 'n langverwagte wonderwerk wat 'n klein polis van my bewerkstellig het! Prys die Here!
Slotgedagte!!! Die geheim dink ek, is om te fokus op wat goed is en mooi is vir jou en nie op die frustrasies, angs en bekommernis nie. Maar nou-ja dis mos makliker gesê as gedaan - maar dit is 'n keuse. Doen dit!
(Op die foto is my seun Sean en 'n huisvriend van ons, Christo, by die see. Dit is hoe Sean is: Happy)
As jy nog iets wil lees: ek kry hierdie stukkie van my vriendin Glendine se pa, Oom Dieks af. Dit is basies 'n opsomming van wat ek wou sê:

GOD LIVES UNDER THE BED


I envy Kevin. My brother Kevin thinks God lives under his bed. At least that's what I heard him say one night.


He was praying out loud in his dark bedroom, and I stopped to listen, 'Are you there, God?' he said. 'Where are you? Oh, I see. Under the bed...'


I giggled softly and tiptoed off to my own room. Kevin's unique perspectives are often a source of amusement. But that night something else lingered long after the humor. I realized for the first time the very different world Kevin lives in.


He was born 30 years ago, mentally disabled as a result of difficulties during labor. Apart from his size (he's 6-foot-2), there are few ways in which he is an adult.


He reasons and communicates with the capabilities of a 7-year-old, and he always will. He will probably always believe that God lives under his bed, that Santa Claus is the one who fills the space under our tree every Christmas and that airplanes stay up in the sky because angels carry them.

I remember wondering if Kevin realizes he is different. Is he ever dissatisfied with his monotonous life?

Up before dawn each day, off to work at a workshop for the disabled, home to walk our cocker spaniel, return to eat his favorite macaroni-and-cheese for dinner, and later to bed.

The only variation in the entire scheme is laundry, when he hovers excitedly over the washing machine like a mother with her newborn child.


He does not seem dissatisfied.

He lopes out to the bus every morning at 7:05, eager for a day of simple work.

He wrings his hands excitedly while the water boils on the stove before dinner, and he stays up late twice a week to gather our dirty laundry for his next day's laundry chores.

And Saturdays-oh, the bliss of Saturdays! That's the day my Dad takes Kevin to the airport to have a soft drink, watch the planes land, and speculate loudly on the destination of each passenger inside. 'That one's goin' to Chi-car-go! ' Kevin shouts as he claps his hands.

His anticipation is so great he can hardly sleep on Friday nights.

And so goes his world of daily rituals and weekend field trips.

He doesn't know what it means to be discontent.

His life is simple.

He will never know the entanglements of wealth of power, and he does not care what brand of clothing he wears or what kind of food he eats. His needs have always been met, and he never worries that one day they may not be.

His hands are diligent. Kevin is never so happy as when he is working. When he unloads the dishwasher or vacuums the carpet, his heart is completely in it.

He does not shrink from a job when it is begun, and he does not leave a job until it is finished. But when his tasks are done, Kevin knows how to relax.

He is not obsessed with his work or the work of others His heart is pure.

He still believes everyone tells the truth, promises must be kept, and when you are wrong, you apologize instead of argue.

Free from pride and unconcerned with appearances, Kevin is not afraid to cry when he is hurt, angry or sorry. He is always transparent, always sincere. And he trusts God.

Not confined by intellectual reasoning, when he comes to Christ, he comes as a child. Kevin seems to know God - to really be friends with Him in a way that is difficult for an 'educated' person to grasp. God seems like his closest companion.

In my moments of doubt and frustrations with my Christianity I envy the security Kevin has in his simple faith.

It is then that I am most willing to admit that he has some divine knowledge that rises above my mortal questions

It is then I realize that perhaps he is not the one with the handicap . I am. My obligations, my fear, my pride, my circumstances - they all become disabilities when I do not trust them to God's care

Who knows if Kevin comprehends things I can never learn? After all, he has spent his whole life in that kind of innocence, praying after dark and soaking up the goodness and love of God.

And one day, when the mysteries of heaven are opened, and we are all amazed at how close God really is to our hearts, I'll realize that God heard the simple prayers of a boy who believed that God lived under his bed.

Kevin won't be surprised at all!