Monday, September 17, 2012

RENOIR . . . MATISSE . . . PICASSO . . . FLIPPEN HEL, LOS!


    As mevrou Doeminie so donderstorm-stil raak, beteken dit net een ding: ek het tyd vir myself en skryf ‘n muis uit ‘n gat uit of ‘n hond uit ‘n bos of ‘n voël uit sy nes! Met ander woorde, dit gaan of baie goed met my sensitiewe siel, of ek skryf om weg te probeer hol van een of ander moeilikheid en vermy mense. Dis seker bietjie van altwee, want ek skryf lekker aan my nuwe boek, ‘n Afrikaanse een (aksie/spanning) wat in Kaapstad begin en eindig maar wat eintlik gaan oor ‘n Mega moderne new age kerk wat die wêreld oorneem en eintlik dans die duiwel onder rond . . . hmmmmm ja, jy sal die boek moet koop. Daar is geheime, moorde, raaisels, menseroof, verkragting, liefde, verraad en baie ander nonsens in wat ek uit my eie vrot kop dink. Ek is so twee derdes weg en geniet elke sekond.
     MAAR dan is daar my pragtige dogter, Michelle wat steeds worstel met die vreemde toestand van naar en moeg wees - al vir ‘n jaar lank. Langer. Dokters, sielkundiges, elektroniese klankgolf en vibrasie en wat als terapeute, homopate en Interniste speel raai-raai riepa en kyk wie kan die grootste rekening stuur. En sy voel steeds so. En sy worstel deur gr. 11 want sy moet. Dit maak my mal!!! Maar soos dit ‘n goeie vrou en ouer betaam mag jy nie te ontsteld voorkom nie, want dan ontstig jy die Pax Romana (oftewel die beleid van vrede en geen geweld en stoornisse) in die huis want jy as ma (en jy ALLEEN) bepaal die gemoedstoestand in die huis . . . dis ‘n hoofstuk op sy eie en Gielie Galbraak, my suurpruim alterego, kan baie hieroor sê.
     Maar tussen al my skryf en kla deur gebeur interessante dinge wat nooit met ander mense gebeur nie. Het jy al ‘n Franse Meesters Kunsuitstalling by die Standard Bank Galery in Johannesburg bygewoon met jou dogters . . . en met jou breingestremde 19jarige wat eintlik emosioneel 2 jaar oud is? (Dit gebeur net omdat jy ‘n (dom?) goeie vrou is en liewer nie toelaat dat jou man op ‘n reëndag jou einste gestremde kind saamsleep na ‘n veiling en ‘n potjiekos kompetisie toe nie.) En jou goeie bediende is weg na ‘n begrafnis, en daarom is die klompie van ons, vergesel deur my suster, Esme’, toe die middestad van Johannesburg in op ‘n rëendag.
     Eintlik is ek ‘n baie dapper (of dom) mens, want ek dink ALTYD dat dit nie so erg gaan wees as die prentjie wat ek vooraf in my kop het nie. En ek het ‘n goeie verbeelding, maar ek dink altyd Sean gaan hom gedra en maklik saam met my trappe op en af klim en mooi na al die prentjies kyk of by ‘n tafel sit, terwyl ek kyk of nie die mense te erg gaan pla nie. Ek dink altyd so. Wanneer ek die les gaan leer, weet die hemele alleen. So.... hier gaan ons. . . eers die spanning van Johannesburg en ek wat van die platteland af kom. En reën. Ja, danksy my man se goeie padkaart is ons uiteindelik daar. Parkeer. Hysbak, dankie tog. Ingangsportaal, alles gaan goed. Ag tog . . . twee stelle trappe . . . ons is bo met ‘n besondere gesteun en gesukkel (Sean kan loop maar nie hardloop nie, hy kan ook nie trappe klim nie, nie sonder ‘n goeie ondersteuningstelsel nie, en veral nie afklim nie en hy is langer as ek – darem is ek dikker as hy en dus sterker, dink ek.)
     Bo. Ag hoe mooi! Die Franse meesters van die 20ste eeu wat die menslike liggaam herontdek en beverf en als is te pragtig. Daar is GROOT name soos Matisse, Monet, Renoir, Picasso, Grüber, en nog wat ek nie ken nie. Ons oeee en aaa oor die balans, die kleur, die verfhale, die antieke rame, en is in vervoering. Daar is ‘n jong bewonderenswaardige ma wat haar driejarige dogter na die uitstalling gebring het en verduidelik vir haar elkeen se naam, tegniek en styl. Te mooi . . .
     BBBBIIIIIEEEEEEEPPPPPP! Skreeu ‘n alarm hier naby ons. Natuurlik is dit toe my kind wat te na aan die skilderye getrap het, want hy wil my mos nou vir die tannies wys daar is mooi mensies op die doeke. En as jy oor die masking tape streep trap wat jou van die tydlose meesters skei, dan gaan alarms af!! En die room van die elite van Johannesburg kyk almal in jou rigting asof jy probeer het om ‘n kosbare kunswerk te steel of nog erger . . . aan dit te raak met jou 21ste eeuse besmette vingers . . . of nog erger: as Sean daaraan raak met sy vingers wat nou net in sy neus was . . . Nodeloos om te sê hoe die res van ons oggend verloop het:
    Matisse . . .
    Sean, nie oor die streep nie!
    Flippen hel, Sean! Kyk vir die streep!
    Jammer, die kind verstaan nie, sorry, he doesn’t understand . . .
    Renoir . . .
    Maaa! Kyk vir Sean, hy gaan by die trappe afneuk!
    Los vir Sean, ek is sy ma! Gaan kyk op ‘n ander plek dan pla hy julle nie!
    Picasso . . . (nogal ‘n ou kleintjie . . . en net een van hom? Kaal tannie . . .
    Sean, moenie vat nie!
    Biiieeeeppp!
    Sean los die security guard uit!
    BBBIIIIEEEEP! (almal kyk)
    Sean! Nie oor die streep nie!
    Monet . . .
    Sean,  los die mense!
    Ma! Daar gaat hy streep toe!
    BBBIIIEEEP! (almal kyk)
    Los die kind! Ek’s sy ma! Ek sal hom dophou!
    O, en hoekom is hy doer anderkant!
    BBBIIIEEEPPP!! (Almal kyk)
    Grüber . . .
    Sean, Flippen hel, wil jy kar toe gaan?
    Los die tannie!
    BIIIEEEPPP (almal kyk, o, die keer is die nie Sean nie, maar ‘n ou tannie. Dankie tog!)
    Roger de la Fresnaye . . .
    BIEEEPPP!
    Jacques Monore . . .
    Sean, kom sit hier! Los die mense!
    Sean wil jy huistoe gaan?
    Verdomp! Kom ons gaan huistoe!
    Maaaa . . . .
    Oppas vir Sean by die trappe, ma!
    Kom Sean, sit, jy kan nie trappe klim nie! (Hy seil gewoonlik so by trappe af omdat dit vir my te moeilik is om sy groot-kind-swaar gewig en ongebalanseerde lomp lyf met die trappe af te help. Vele ongelukke het al amper so gebeur. . .)
    Neeeeee! Klim! (dis Sean se harde stem, harder as die alarms – en nou weier hy om te sit)
    Ma, sit langs hom op die trap dan sal hy sit. (Ma doen dit onder aanskouiing van die room van die Johannesburgse Elite - Sean sit nie vandag nie. Hy wil staan en afklim.)
    Sean, sit verdomp (ek pluk hom af na sy boude toe)
    Neeee!! (ja, nou sit hy, en ek sleep hom aan die voete af met die eerste stel trappe)
    Sean, sit! (Hy pluk my aan my baadjie van my balans af)
    (Vreemde vrou:) Are you allright?
    Neeeeeee! (skree Sean, En ek voel ook : Neeeeee! Ek’s so nie orraait nie, maar wil jy die hele storie hoor? Nee, ek dink nie so nie! Flippen hel, los ons uit!)
    Yes, thank you. I am allright . . .
    (En regop is Sean en ek het nie genoeg krag om hom weer af te trek op sy boude nie. Ek moet hom die tweede stel trappe laat afklim, sukkel, sukkel sukkel en dit neem ure.) Ek bring jou nooit weer iewers heen nie! Stoute blerrie kind!
    Boeta happy. Mamma kwaad . . .
    Ja, mamma moerig! Blerrie meisiekinders, pleks hulle op hul eie gaan skilderye kyk. Nou probeer hulle ma wees vir die klein wetter.  (Bla-bla-bal tot by die kar.)
    (Nou: almal moerig, slaan kardeure.)

    Dis ‘n verkorte weergawe van ‘n twee-uur lange kyk na skilderye in die Standard Bank Kuns galery.
    Kom by die huis. En my man kan nie verstaan hoekom ek so dikbekkerig lyk nie. En ek kan nie te erg dikbek wees nie want ek alleen moet die stemming in die huis bepaal: lig en happy verkieslik. Ek moet my frustrasies terugbyt en my glimlag opsit. En dankie sê dat ek veilig in die reën tuis is met my kinders en ek moet dankie sê dat ek wel na die 20ste eeuse meesters kon gaan kyk in ons eie land skaars ‘n uur se ry van my huis af. En dat my man my soveel vryheid gee om myself uit te leef. Ek bedoel, wie ken julle wat hulle gesinne aan hierdie besondere kunsuitstalling blootgestel het? My kinders is bevoorreg om ‘n ma te hê wat hulle aan kultuur blootstel. Verdomp dankie. 
(Op die foto is Michelle en Chantal my twee dogters tydens 'n danskonsert. Hulle moet ook maar op hul tande byt as Sean iewers saam met ons gaan, want dis 'n klein sirkus op sy eie.)

 (Op die foto is Sean-Jacques tydens bogenoemde danskonsert saam met ons vriendin, Doreen. Hy is baie bevoorreg om haar te ken want sy is die enigste een wat nie uit-freak as hy per ongeluk die boob raakvat nie! Soos iemand noem: Two Shades of Grey - die twee!!)
NASKRIF: Ek moet bylas dat ek vir Sean so twee weke gelede na die sirkus toe gevat het en dit het veel beter gegaan. Narre, poedels, ponies en sterkmanne wat swaar ysterballe ronddra is eerder sy koppie tee, al het hy die nar in die maag geboks toe die mannetjie hom kom kies het om saam te gaan optree . . . Ja, daar was al tye wat ek gedink het om vir Sean maar by die sirkus in te skryf . . . Of dalk moet ek self wegloop saam met die sirkus . . .  o, nee, ek't vergeet! Ek het my eie sirkus tuis!    

Sunday, July 29, 2012

DEMONE, HORMONE EN TOORDOKTERS


     In hierdie 30ste hoofstuk lyk dit of bliksemstrale en vreemdsoortige demone nieg om mev. Doeminie se wonderlike wêreld aan flarde te laat spat. Ek wou mos dink die jaar is rustiger, maar voor Junie nog sy gatkant gesien het, is my jaar omgedop en uitgepeul en so ook my derms.
     Dit het laasjaar begin, hierdie ding, maar ek het my oë toegeknyp want 2011 was mos my af jaar. My Sabbatical soos die Super-Christene dit noem. Nie heeltemal so rustig nie, want ek was net semi-sabbaties. Ek het nie groot skryfwerke aangepak nie – net die jaarlikse drama by die kerk (King David and his eight Wives, 'n rolprent vir ’n vriend van my: The Nazarite (oor Simson) en die kinderkerk se weeklikse lesse wat ek self skryf en wat oor elke Bybelboek gaan... en o-ja, die e-jongspan stories vir die ekerk webkerk van Prof Stephan Joubert. Sien, ek was rustig. Ja ek het begin skryf aan ’n boek... niks belangriks nie . . . net 'n storie oor ’n internasionale semi-Christelike kerk wat bo blink en onder stink en mense vermoor en regeer so onder die radar . . . en ’n Bybelsmokkelaar wat hulle aan die kaak moet stel en 'n . . . Nee, niks . . . NIKS. . . groot stories vir Hollywood of drome dat my boek deur ’n agent opgeraap gaan word nie of dat 'n uitgewer uit Engeland my een nag gaan bel as ek lekker slaap nie. . . Bliep-bliep – dis my ‘silent alarm’ dat ek moet terugkom aarde toe, na die realiteit van ma-wees en mev. Doeminie wees in Hartbeespoort. Hier is die plek waar mense doodgaan, siek word en in ellende verkeer rondom my, 'n plek vanwaar ek nooit sal ontsnap nie, 'n plek waar my wortels stewig lê. Dis die realiteit. Nie Hollywood nie. 
(Op die foto is my breingestremde seun, Sean-Jacques en sy fantastiese terapeut, Yolanda, by die Kuierkidz leersentrum.)
     Now having said that: Met 'n breingestremde 19jarige in die huis wat die breinkapasiteit en emosies van 'n 3-jarige het, is daar nie plek vir my kop om Hollywood toe te staan nie. My siel drup-drup wel kwylend as ek Michael Flatley se Riverdance of Feet of flames op televisie sien, of enige rolprent waar die spelers 'n Ierse of Skotse aksent het. . . want om een of ander rede wil ek berzerk raak net deur aan Ierland of Skotland te dink . . . wat is fout met my? Dis of daar tienduisend klein demoontjies of ‘leperchaurns’ opspring in my en my kop en hart uitmekaar uit ruk as ek net hieraan dink... ek klap hulle dan met 'n harde realiteits-‘check’ plat en uit my lewe uit en gaan aan met my alledaagse take: kosmaak, doek skoonmaak (want Sean is nog op doeke omdat hy eenvoudig nie die bollie-ding in die toilet verstaan nie), ry kinders skool toe, ry kinders na dans-aksies, skoolfunksies of haarskou-aksies of redenaars of wat ook al rond. Onthou daai storie wat party van ons op skool vir 'n voorgeskrewe werk gehad het: Andries, die verdomde robot? ... Aanhou beweeg en geraas maak, Andries, dit is die sin van die lewe . .  (Dit voel partykeer so!). Maar verlede jaar het 'n ding my oudste dogter begin onderkry... 'n ding wat ek geen beheer oor het nie, en sy ook nie. . . Eers meer oor my dogters: 

Dis baie uitdagend om 2 pragtige, talentvolle, kreatiewe dog hormonale dogters te hê. Dis meer uitdagend as om 'n breingestremde 3jarige tiener te hê - vir my. Sean is rustig, praterig, lomperig, liefdevol, passievol oor ander mense (dit sien mens in die paniekerige uitdrukking in elke mens in die dorp se oë as hy hul oor-vriendelik groet en wil soen of druk). Sean is my vrolike lot op aarde. Ek het lankal daarmee vrede gemaak dat hy soos my ‘happy’ Siamese tweeling met my gaan wees solank ek of hy lewe. Gelukkig is hy happy. Altyd. Hy verstaan mos nie ongeluk, probleme of drome nie. Hy is die een wat my nederig hou, wat my laat besef dat droom vir ander oulike mense beskore is. Hy laat my besef dat die realiteit (soos 'n vrot doek in jou gesig) jou anker op 'n veilige roetine plek waar drome ruik soos stront en in die toilet afspoel soos ... ja-wel, daardie einste drol.
     Maar voor my alterego, Gielie Galbraak, haar sê inkry, laat ek net my realiteit bietjie opvrolik. My man, Anton is mos dominee. Ek het ook al vrede gemaak dat ons, willens of wetens, deel is van 'n gebroke wêreld waar ellende soos riool uitspoel orals in die strate en ook in ons mooi dam hier op Hartbeespoort. En dit loop: dik en drillend duidelik uit die huise van ryk en arm. Van Skotstraat doerbo in Schoemansville wat so van ver uitkyk oor die dam, tot in die Popo Molefe plakkerskamp hier oorkant ons plot. Niemand word ellende gespaar nie. Selfmoord, kanker, armoede, verkragting, verwerping, egskeiding, verslawing en beskindering: dis deel van elkeen. Dis veral deel van 'n dominee se huishouding, want as dit jou mense raak, dan raak dit jou en jou gesinslede. My man is ’n baie goeie berader en kan oplossings uitdink so vinnig soos die riool uitloop in die dam. Maar juis daarom moet ek redelik altyd my eie oordramatiese gevoelens en derm-uitrygende worries eenkant toe skuif, want dit kan te veel raak vir hom. Dis iets waarmee ek moes vrede maak. Dis waarom ek ook my antidepressante daagliks drink, want ek kan sowaar nie met die Bybel alleen onder my arm, my weghol emosies en verbeelding, heeltyd kalm hou of aan my man ontbloot nie. Dit plaas hom onder geweldige spanning. Ek bedoel, dit plaas my onder geweldige spanning om die goed te droom en uit te dink, en dit plaas dan almal om my onder spanning. Dis soos 'n wegholperd as ek dit nie beheer nie. En 'n ma moet kalm wees. Te alle tye. Vir die behoud van die gesin.
     Gelukkig het ek goeie vriendinne ('n malle, 'n rustige, 'n suksesvolle, 'n kunstige, 'n terapeutiese en 'n eksotiese) wat met groot oë en die regte geluide na al my verwonde drome en bloedvergietende verhale luister - en sterk koffie skink sodat ek my trane daarin kan verdrink. Maar dan het ek ook twee pragtige tienerdogters wat my weer van voor af laat drome droom: vir hulle (maar dit doen ek saggies - versigtig soos 'n skoenlapper fluistering, want nooit wil ek op hul die las van te groot drome plaas nie). Hulle kan natuurlik droom. Hulle eie drome op hul eie tyd. (Op die foto is Chantal, ons veertienjarige dogter in 2012)
     Ek wou eintlik oor dié twee wondermensies praat wat te midde van hul eie demone en hormone, ook deel is van die probleme en realiteite van 'n predikantshuis - en nog 'n huis met 'n gestremde in, daar is dus ellende van alle kante, maar ek dink tog die twee dogters van ons oorleef tans nog al die aanslae... net-net: 
     Hier is hulle, ons twee dogters: Die mooie Michelle (17) die slim, kunssinige, kreatiewe modeontwerper met haar sagte gees en altyd vriendelike glimlag wat groot drome droom van die modehuise van Milaan, Parys en London; en die ewe mooie Chantal (14), die ewe slim, vurige, emosieryke volbloed aktrise met haar klein seerkry hartjie en groot aspirasies van Hollywood, Broadway en West-end. (Op die foto is Michelle tydens 'n Goldwell haarskou in 2012)
      Met twee sulke uiterste en passievolle dog hormonale siele in die huis, kan ek nie juis baie tyd spandeer aan my vergete drome nie. Hulle vol lewe hou my besig en jonk. Dis 'n wonderlike voorreg om hul te sien grootword: (as ek die beeld van wurmpies kan gebruik - ) om te sien hoe hulle van klein wurmpies ontwikkel en stewig toegespin in hul gekoesterde menswees (soos binne in 'n veilige kokon – hul ouerhuis) – hulself hierbinne rondwikkel, skop en stoei totdat hul self 'n opening uit die kokon krap en 'n stukkie van die toekomslig sien van waarheen hul oppad is. (Dit klink nou woes dramaties, maar byt vas . . )
     Ouers veg soms saam met hul kinders om die kokon oop te kry en te help ontdek waar die lig inkom. Dan stoei die skoenlappers verder en ontwikkel hul vlerkies en druk die koppies deur die gate en uit die kokon, pynlik maar dapper en uiteindelik druk hul lyfies en papgedrukte vlerkies deur en kan hul hul vlerkies saggies oopmaak, eers net klein en dan al hoe groter totdat hulle dit woes kan rondflap. Die nuwe vlerke klap 'n ouer seker maar dikwels in die gesig of onderstebo, want die passie en vreugde waarmee die nuwe skoenlapper haar vlerke bewonder en oopsprei, is selfs vir die skoenlapper self soms te oorweldigend. Sy stamp haarself ook soms in haar lompheid onderstebo. En dan is daar net een pad vorentoe: Daardie vlerke moet geoefen word. Soms wil mens die skoenlapper terugdruk in die kokon en haar beskerm, maar jy besef dat sy nooit weer terug gaan pas in daardie veilige boksie nie. Al wat oorbly is om die vlerke wyer en wyer te sprei totdat sy wegvlieg. Die groot wegvlieg lê voor vir my en ek wag met opgehoude asem daarvoor. Die dag as my twee mooi gekoesterde skoenlappers die wêreld invlieg en hul eie lewe gaan lei.
     Maar eers sit ons met die PROBLEEM wat iewers laasjaar aan my Michelle se kokon begin krap het:  Michelle is al ’n jaar kronies moeg en naar. Ek was al by al wat 'n dokter, homopaat en internis is. Nog net nie by 'n toordokter nie! Sy is net sonder energie en selfs bewerig – heeldag – en naar. Die rande vloei in daardie ewige rivier van doktersrekenings in en steeds is dit het einde niet. Ek betaal met ’n glimlag alles wat ons het aan dokters – as iets net wil help. En met my geskiedenis van dokters en homopate met ons breingestremde, is dit 'n woeste toets net om een van hierdie spesies te vertrou. Ten einde laaste is ons nou by 'n sielkundige. Ek wil nou dink dat die naar en moeg begin het na haar goeie vriend, Dean Steyn se dood in Mei 2011, want die simptome het net daarna begin. Post Traumatic Stress Disorder, noem die slimmes dit, maar selfs daaroor wonder ek: hierdie mensies kry lae bloeddruk, nagmerries oor die voorval wat stres veroorsaak, slegte nagrus, raak onsosiaal, ens ens, en niks hiervan is Michelle nie. Ek wil mal word. Ek bid vir haar. Erg. Daar was al iemand wat 'n duiwel wou uitbid en 'n ander het my vertel van heksery en wat als. Ek het haar al selfs beetgehad en enige toordery weggedryf! (Dis 'n hoofstuk op sy eie daardie, asof ek of sy so iets gewoond is!). (Op die foto is 'n vriendin Anastacia links, Michelle in die middel en Chantal regs tydens 'n Goldwell haarskou by Kuierkerk )
     Ek is so bekommerd oor Michelle se vreemde siekte-toestand maar kan niks vir haar doen nie. Nie Red-Bull of vitamien B-inspuitings help nie. Ons bid. Ons bid. Ons bid. Dis geen lewe vir ’n tiener nie. Tog bly sy vriendelik, aktief en sosiaal. Ek besef nou hoekom sy so aangedring het op homeschool vanaf middel verlede jaar. Die drie verdiepings trappe by die dorp se Hoërskool was daagliks te erg uitputtend vir haar. En dan nog die onuitputlike bron van onderwysers wat met alles foutvind, wat kleinlik die vensters van die klas toe hou as die kinders te veel praat om hul in 'n sauna-uitputtende omgewing te straf vir hul sondes. Of onderwysers wat heeldag teenoor die kinders kla oor hul eie onstabiele huislike en emosionele omstandighede of 'n onbevoegde onderwyseres wat glad nie in 'n klas hoort nie en soos 'n magsbehepte tiran die kinders uit haar klas laat vlug omdat sy net kans sien om 'n handjievol deur te vat matriek toe. Dit alles het Michelle totaal energieloos gelaat en ons moes haar inskryf by Impak tuisonderrig. Ek is nou bly hieroor want sy doen goed tuis met relatief min energie wat gemors word op iets anders as skoolwerk. Sy dans nog haar danse en neem orals deel aan sosiale geleenthede. Ek bid net dat sy gesond word. Wat ook al fout is. Sy steek haar siekte goed weg en niemand kom dit agter nie, behalwe ek. Sy leef haar uit in haar kuns en haar kreatiwiteit en haar droom is om in Kaapstad te studeer 'n internasionale modeontwerper te word.
     Chantal is 'n passievolle uitdaging op haar eie: Sy is tipies drama-Queen te hard op haarself en op haar toneelspel, dans, kleredrag, voorkoms en persoonlikheid. Ek bid dat sy balans sal vind in haar kreatiewe gees en haarself sal aanvaar vir die pragtige talentvolle meisie wat sy is. Sy het pas 5 voordrag/drama/gedig items gelewer op die Harties kunstefees en vir alles A++ gekry. Sy het my asem weggeslaan met haar voordrag en volwassenheid.
     Ek sien myself so 100% in hierdie twee dogters van my: ek sien elke swakheid maar ook elke sterkpunt van my wat hul by my geërf het. My swakhede is dalk hulle sterk punte en kan hul ander sterk punte net versterk. Ek sien ook Anton se intellek, sy passie vir mense, en al sy ander goeie en slegte eienskappe in hulle. Mag God alles van ons – sterk en swak – wat in hulle is, in een wonderlike toekoms vir hulle inweef sodat hulle skoenlappervlerke hulle nog ver oor die wêreld heen kan dra waar hulle 'n kleurvolle verskil gaan maak. 
     My gebed is dat God hulle sal bewaar terwyl hy hul drome waar maak en dat Hy hul sal laat sien hoe groot en wyd sy liefde en genade is vir hulle en vir ander. Ek bid dat hul 'n seën sal wees vir ander, orals waar hulle kom en dat hul God se genade en liefde ook aan ander sal oordra. Hierdie is dinge wat hul broer, in sy eenvoud en in sy gestremdheid alreeds ontdek het, maar dis iets wat 'n gesonde jongmens nog ver en wyd sal moet soek om te ontdek.   

Monday, June 11, 2012

Hoofstuk 29: MEV. DOEMINIE, GOLIAT EN DIE REUSE KONING!


Mev. Doeminie gaan blykbaar deesdae met minder storm en drang en Bliksemstrale deur die lewe. Die redes is: 2012 is dalk toe nie so sleg soos ek vermoed het nie of ek raak te oud vir al die storms en het besluit om in my grot weg te kruip. Ek sê mos dikwels ek moet eintlik ‘n non word wat iewers in Tibet bo-op ‘n berg sit en staar na die sneeu op die ander berge. En ja, ek sal facebook en internet en ‘n laptop moet hê. Okay, die non-ding is ’n slegte idee.
(OP DIE FOTO IS 'N VOET VAN 'N SKILDERY VAN DIE SKILDER RAFAEL WAT EK IN DIE VATIKAAN MUSEUM GENEEM HET. DIT IS VIR MY 'N VOORBEELD VAN WAAR ONS CHRISTENE MOET BESIG WEES - OP 'N GEBROKE PAD IN 'N GEBROKE WêRELD MOET ONS VOETE 'N SAGTE SPOOR TRAP.)

Die bitterbek Gielie Galbraak, een van my alterego’s, het dalk ‘n paar belangrike lesse geleer so tussen die horribale 2010 en vandag. (Ek moet noem dat hierdie lesse nie geleer word sonder bloed, pyn, gil, skree, vloermoere, kopverloor, gewig verloor en optel, en natuurlik, die drink van duisende rande se anti-depressante en soms rooiwyn nie. Die wyn is Bybels – Paulus het dit self gesê in 1 Tim. 5:23: Moenie langer net water drink nie. Gebruik ’n bietjie wyn vir die maag en vir jou herhaalde ongesteldhede  –  Ek verstaan onder ongesteldhede: ook angs, depressie, woede, emosionele pyn, ens!!!)

Voor ek by die lesse uitkom: Ek het sedert Februarie na my aggressiewe, dog traanbesnotte, besoek aan Social Services op Brits, toe nie ‘n non geword in Tibet nie. Ek het darem in Januarie so met hikke en snikke en ‘n pynigende gesukkel, ‘n nuwe musiekblyspel geskryf – my sesde sedert 2009. King David and His 8 Wives.  Die probleem met die toneelstukke is nou as volg: elke jaar sê die mense: Sjoe, dis die beste een nog! (Of hulle vergeet van die ander goeies of die nuwe een is so vars en nuut dat hulle nie anders kan as om dit te sê nie!) Dit bring nogal stres mee want self weet ek nie waar ek die idees kry nie – nee, ek weet, die Here self gee my inspirasie en idees. Maar elke keer wonder ek hoe ek die vorige toneelstuk kan oortref, want ek is mos maar net mens. Maar soos die Here wil en soos hy kalm en geduldig die idees vir my voer, so skryf ek toe weer ‘n play. Met min energie om die jaar mee te begin, lê selfs die beplanning en die oefening en die entoesiasme toe soos ‘n Titaniese ysberg voor hy.  Ek weet mos nou al teen die tyd hoeveel werk gaan in so blyspel in. En as die entoesiasme en positiewe energie nie blymoedig en oorvloedig uit jou vloei nie, dan vloei dit ook nie in die dierbare mense in wat jy moet mobiliseer nie – mense wat self vuisvoos van hul eie probleme en werk is en wat die musiekblyspel doen in die paar sekondes vrye tyd wat hul wel in ‘n week oorhet.
So, gebeur dit toe dat my vriendin – ook Rene’, se dogter, Doreen (of Dolla) einde verlede jaar klaar drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is vars, blond, bruisend van energie en vol idees. Sy gooi haar 30kg gewiggie by ons span en sy bring met haar die entoesiasme wat soos ‘n golf oor die spelers spoel. Met haar drama-kennis stoot sy almal in ‘n nuwe rigting en die oefening begin. Ons veg en dreig wel om ‘n paar mansrolle vol te maak, want veral die manne het maar vol lewens en werk laat. Maar ons kry ‘n paar nuwe gesigte en die bal is aan die rol. En hy rol. En hy flippen rol! (OP DIE FOTO IS DAWID EN BATSEBA - LINKS - EN MY DOGTER MICHELLE REGS WAT DANS - TYDENS ONS MUSIEKBLYSPEL OOR DAWID)
Hierdie naweek het ons die opvoering by Kuierkerk in Hartbeespoort gedoen. Daar was seker so altesaam 900 mense wat kom kyk het oor twee aande. Die Here se seën het soos ‘n warm wolkombers oor ons gehang, die hele naweek, nieteenstaande die feit dat die eerste koue front ons dorp getref het nie. En nieteenstaande die feit dat die Bokke rugby gespeel het Saterdagmiddag nie. Die mal Koning Saul (Bruce McKay) het ‘n meesterlike gebroke dog mal, koning vir ons gewys wat nooit werklik opgewasse was vir die rol as eerste koning van Israel nie. Gilliaume Strydom, ’n briljante sanger en akteur het Dawid van sy jongdae laat groei van ’n Giant-killing-superhero tot ‘n reuse koning wie se mag hom laat vlieg het maar ook laat struikel het. Elke speler was meer as voorbereid en ek glo hul was ook bonatuurlik geseën vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap. Elke helper agter die skerms het sy plek volgestaan en die gehoor was oorstelp. My hart loop oor van trots op ons mense. Ek het op die laaste aand gesê dat ek mos alewig Hollywood toe wil gaan om die wêreld te red, maar watse mense kry ek dan daar? Hierdie pragtige opregte mense wat in die blyspel gespeel het, mense met sagte Jesus-oë en die Gees wat deur hul dade jou omhels, sal jy nie in die warboel en geldbehepte nes van Hollywood kry nie.
As ek dink aan my horibilale 2010 en die 'sagte' vyande van net ’n ander Christen kerk - as ek dink aan hul messe wat in my rug afgebreek is, en hoe dit my en my gesin byna geknak het, dan besef ek dat ek hier in my gemeenskap gelukkig en relatief  veilig is. Die emosionele moord en -verkragting en verwerping van ‘n plek soos Hollywood, sal erger wees as wat ander Christene aan my doen. Dit sal meer wees as wat ek kan verwerk. Dis seker God se manier om my te beskerm as ek  nêrens deurbrake kry met my boeke en draaiboeke nie. Ja, ja, die slim goeie Christene sal sê, nee, wag bietjie, God gun ons sukses en geld en dat ons ons talente op die hoogste vlak uitleef: Gaan vir daardie groot droom. Ek is mos nou te moeg gedroom aan daardie groot droom. As God dink ek is reg en Hy dink ek kan dit vat, sal Hy self die deure oopmaak. En Hyself sal my ook daarin moet instoot. En Hy kan, wanneer, en as Hy wil. Ek kan dit nie forseer as EK WIL nie.
Dalk was die ge-droom van die groot droom om my draaiboek, Wee Monk's Tale, te kan verfilm in Ierland, of net dat 'n uitgewer die boek aanvaar, my Goliat. Die feit dat ek oor die obsessie van die droom gekom het, het ek my Goliat verslaan. God kan my steeds 'n reuse koning maak in die land van sy keuse, maar een wat nie naarstiglik al haar energie in 'n obsessie in voer nie. God sal die Goliat verslaan en die sukses bring wat hy dink nodig is. Ek hoef nie al my energie in te sit om by Goliat uit te kom nie. My energie moet gaan om elke dag 'n seën vir ander te wees: of dit nou my kinders, my man, my vriende of die gemeenskap is - en of dit nou ekself is. (Ek hoop dit maak sin vir iemand in die kuberruimte!) 
   
My musiekblyspel is ‘n seën vir my (en ander), al maak ek geen sent, soos gewoonlik, met dit nie. Die wins - as daar is gaan mos aan liefdadigheid. Dit bring mense van verskillende kerke saam en bind hulle in hegte vriendskappe saam op ’n plek waar dogma en mensgemaakte reëls terugstaan vir diensbaarheid en liefdeswerk. Dis ‘n plek waar die Woord van God op ‘n gemaklike en genotvolle teatermanier oorgedra word en waar die Gees vir mense Bybelse waarhede leer sonder dat hulle dit eers besef. Dis ‘n plek waar ek sien hoe my storie ‘n lewe kry en waar mense dit eenvoudig geniet. 


Al raak ek net 900 mense aan met ‘n lewensveranderende boodskap, is dit genoeg. Al raak ek net een aan. God is tevrede hiermee en Hy glimlag liefdevol vir my en vir elkeen wat deel was op welke manier ook al. Ek is trots op my mensies – van die beste sangers tot die hakkelendste akteurs wat ‘n hoofstuk in hul lewensverhaal kon byvoeg met hierdie hemelse ervaring. Ek is trots op my dogters wat saam met my hiervan deel kon wees. Die 14jarige Chantal (OP DIE FOTO LINKS) raak elke dag meer die aktrise wat sy wil wees en haar selfvertroue ken geen perke nie, danksy Dolla se nederige, diensbare, sexy voorbeeld en haar oneindige energie! Die 17jarige Michelle het hierdie jaar ingespring en haarself as ‘backstage manager’ aangestel. Sy organiseer en pak reg en hiet en gebied almal. Sy het selfs die mikrofoonruilings verfyn tot ‘n kuns. Ek is trots op my breingestremde seun, Sean, wat met hart en siel tydens die hele toneelstuk saampraat en dit uit sy hart geniet soos geen ander mens kan nadoen nie. Ek is trots op my man, wat net inval waar ek hom nodig het. Ek is trots op my.  (OP DIE FOTO IS EK EN ANTON WAT MY BYSTAAN MET GEDULD MET AL MY DINGE)

Now having said that . . . daardie wyshede wat ek die jaar al ontdek het:
1.       Doen wat jy talent voor het. Los die ander goed vir die ander ou wat ander talente het. Hy weet beter, al dink jy jy kan dit ook beter doen (ons almal dink mos so . . .) Al is dit nie soos jy dit wou hê nie, en dit werk, dan werk dit en almal is gelukkig.
2.       ‘n Sagte woord keer die grimmigheid af. Al moet jy eers huistoe gaan en in jou kussing gaan skree en vir die kat die hele aaklige storie met bypassende vieslike handgebare oorvertel - om dit te prosesseer, natuurlik, moet jou volgende reaksie wees: ‘n sagte, vriendelike, liefdevolle woord. Dit bring vrede, nie oorlog nie. Daar is genoeg oorlog in die wêreld. En dit keer dat die ander ou viesliker terug antwoord en die hele ding ontaard in ‘n boheemse viesliker bekgeveg.
3.       Wees die minste. Sê jammer. Sê ek is lief vir jou. Dis nie moeilik nie. Jy kan dit sms as jy hakkel of stotter of bloos.
4.       Geniet jou talente en skep vir jouself geleenthede en sit energie daarin. Hiermee saam gaan die volgende: meng met entoesiastiese mense wat jou inspireer en jou energie verdubbel. Die lewe is moeilik genoeg. Moenie dat ander jou energie steel nie, veral as jyself veg om jou energievlakke hoog te hou in ‘n besete wêreld wat vat wat hy wil.
5.       ’n Jong ma het die week selfmoord gepleeg. Haar drie klein kinders sit sonder ‘n ma. Ek glo sy was verseker depressief en het nie geweet wat sy doen nie. Maar vir iemand om op so ‘n moeilike plek te kom, moes sy gedaan, gedreineer en sonder hoop gewees het. Maak tyd vir Jesus, al sit jy net tydens jou tye in die kar met hom en gesels, dan spandeer jy baie tyd met jou beste vriend, die een wat jou kan inspireer en genoeg positiewe energie gee om te kan hoop op beter dae.
6.       Jy moet ware vriendinne (vriende) hê met wie jy weekliks koffie drink. Dis die plek waar jy hoop kry, aanvaarding en liefde. As jy nie vriendinne het nie, kry hulle, gaan soek hulle: by kerkaksies, blommeklubs, kunsklasse, tennisspelery, enige sosiale plek. Doen net iets anders as voor die tv sit of in jou huis wegkruip. As jy ‘n non moes weet in Tibet, sou jy al daar gewees het, glo my. Jy is nie gemaak om alleen jou laste te dra nie.
Nou begin ek soos ’n lekeprediker klink. Ek stop dadelik! Sela!

Wednesday, February 15, 2012

MEV. DOEMINIE EN DIE POT AAN DIE EINDE VAN DIE REëNBOOGNASIE!

Mev. Doeminie met haar wroegings trek nou al by hoofstuk 28! Soos ek nou alreeds vasgestel het, het elke jaar maar genoeg Annus Horibilis in hom om ’n blog op sy eie te regverdig. So het ek dié jaar reeds genoeg emosionele houe in die maag gekry om enige tawwe bokser plat te trek in die kryt. Die diepste gat van my trauma vind ek in Brits, die ‘Social Services’ kantore langs Hagels. Nou laat ek Gielie Galbraak (my aggressiewe alterego) los. (Op die foto is 'n gewone dag by Social Services.)

(Ek wil byvoeg dat ek streng uit die oogpunt van ’n blanke semi-agtergeblewene vrou praat met ’n breingestremde kind wat nooit vir homself sal kan sorg nie en wat die breinkapasiteit van ’n driejarige het – ek kan my nie eers indink wat die res van die uitgeworpe agtergeblewene ellendige groep ander mense deurmaak wat ook daar sit nie – die wat met Taxi’s daar aangery word of nie eers geld het vir vervoer nie maar wat met rolstoele aangestoot word!)

Verlede jaar November het die horribale proses begin. Ek en my vriendin Lize wil vir ons breingestremde kinders wat nou al oor 18 is aansoek doen vir ongeskiktheidspensioen. Vroegoggend jaag ek en sy na die gewraakte kantore, ’n asemteug ver van die hel homself. Ons skuif van lank sit in eerste verdieping kantore na lang rye voor die gebou op die stoep, waar elke tipe mens sit van Aids-victims, boemeltipes tot sukkelende Suid-Afrikaners (wit en swart) want hierdie is die pot met geld aan die einde van die reënboognasie. Ek wil byvoeg, ek het nie gedink die pot lyk so nie – ek het meer ’n cute kabouter met ’n goue pot vol skatte in gedagte gehad. En as ek daar kom is ek die enigste een wat kabouter moet uitoorlê. En weghol met die skat. Toe nie. Daar sit ons uur na uur na uur. As een ou voor in die ry gehelp word, skuif die res van die bevolking een stoel vorentoe... stoel vir stoel. Sweterig, stinkerig, smeulend rustig. So nou en dan kom ’n suurgesig sosiale werker daar verby en dan skree sy iets wat klink soos ‘grienaiedie’. Na ons die stommes en dowes om ons met allerlei handgebare en ’n mengsel van Afrika tale gevra het wat aangaan kom ons agter die vrou soek die ‘green id’. Ke a le boga!

Lize is so verbouereerd met haar gebrekkige Noord-Kaap Engels dat sy nie eers die kind se greenaiedie daar het nie! Dis ’n ander lelike storie wat liefs nie hier in volle detail bespreek kan word nie!

Ek kan net sê eks bly dat ek vooraf ’n paar pakkies cheap koekies in my sak gegooi het vir tye soos hierdie... die Afrika manier van dinge doen: wees bonatuurlik vriendelik, nederig, vol komplimente en deel ’n presentjie uit hier en daar... so kry ons na ’n lang dag ’n afspraak vir die 1ste Februarie, met die verdere bonus dat ons hierdie spesiale kinders van ons moet saambring.

1 Februarie 2012:

07.30: Ons jaag Brits toe.

08.00 Ons arriveer: rye en rye en rye mense smeul alreeds met hul greenaiedies daar voor die kantoor.

08.05 Ons jaag terug Hartbeespoort toe: na House of Coffees. Die trauma is te erg.

10.00 Absa bank: bankrekenings vir die kinders want netnou jaag hulle ons weg as ons net daar aankom met ons greenaidies. Angs sit wit op ons gesigte. Wat kort ons nog? Ons het ons doktersbriewe, greenaiedies, bankrekeninge. Wat nog?

11.30 Jaag terug Brits toe.

12.00 Op met trappe met ons gestremde kinders na eerste verdieping waar die laaste slurpie van die ry sit (so 6 mense) en wag op beweging – van 08.00 die oggend af!! Sean doen nie die trappe ding goed nie – nie op nie en veral nie af nie, maar ons moet dit doen.

12.30 Af met trappe na GROOT wagkamer met baie stoele. Wag, wag wag en skuif op na volgende stoel elke keer wat iemand gehelp word. (Op die foto is Sean: soos altyd happy, selfs in die lang rye waar hy hom met sy lang arms besig hou met al die mense wat om hom sit.)

13.00 Ry beweeg nie. Etenstyd vir die amptenare. Lize se Amie wag soos ’n tere engel op haar stoel en skuif te mooi. Maar Sean se hande moet menslike vleis voel: Őf sy eie of iemand anders s’n. So, hy vat en trek en torring en speel met elke dooie, stomme, kreupele, blinde en dowe wat elke keer voor hom land. En hul verergde reaksie is vir hom te pragtig. Hy kry naderhand ’n jong meisietjie langs hom wat hom na-aap en entertain en hy raak besete van opgewondenheid en gil en skreeu al die woorde wat hy ken wat insluit: move, shit, hallo, go, kom en nee! Die hele ry voor ons is nou al geïrriteerd en oorweeg om hom met dolosse te stenig. Toe hul uiteindelik Sean se greenaidie soek, noem ek dit aan die vriendelike vroutjie dat my kind die hele saal nou al woedend het en is dit nie moontlik om ons gouer te help nie.

14.00 Sy druk ons in die ry in by die staatsdokter wat Sean moet evalueer. ’n Groot oorwerkte suur man wat nie boe of ba sê nie en nie eers opkyk nie. So dit is nou die kabouter aan die einde van die reënboog? Die een wat die deksel van die staatspot vir jou persentasiegewys so effens kan lig sodat jy ’n handjievol skatte kan vat vir jou kind se ongeskiktheidspensioen. Kabouter skryf net terwyl ek senuweeagtig aanhou praat oor wat die kind als makeer. Toe sê hy die towerwoorde: “Die kind moet nou hieronder aan die verslag teken of sy duim se vingerafdruk

gee.” Een ding van Sean: hy doen nie handtekeninge nie. Hy doen veral nie vingerafdrukke nie. Vra vir enige werker by Binnelandse sake (en omliggende winkeleienaars) wat twee jaar gelede vir sy id-boek dit probeer het. Hy het sy vuiste gebal en die duime diep daar ingedruk en op die vloer gaan lê en skop en skree asof die duiwel hom beet het. (Hier op die foto wag ons in die rye van die Social Services kantore in Brits.)

Maar hierdie dokter is groot en hy vat nie k@k van kabouters nie – hy is immers die hoofkabouter. So hy gryp vir Sean vas en stoei ’n gesmeerde vingerafdruk uit hom uit. Die dowes en dooies buite moes sy gille hoor en moes met angs en bewing daarna die spreekkamer binnegaan. Dit het my so ontstel – nie soseer die mishandeling nie maar die ongeskiktheid en onmenslikheid en onsimpatiekheid daarby. Sean is weer happy daaruit want hy vergeet gou.

14.10 Ek sê vir die goeie vrou wat my ingelaat het. Ek kom nie volgende week met my kind terug nie want ek sien daar is ’n volgende afspraak. Sy kry my bitter jammer want sy sien seker die vrou is naby aan: ‘spontaneous freaking combustion’! Sy druk twee vorms in my hand en sê as ek voor vieruur by die bank en polisie die vorms laat teken en sy duimafdrukke daarop kry, en terugbring, hoef ek nie terug te kom nie! Lize en Amie sit nog soos engele in die ry.

14.30 Anton kom kry ons en jaag bank toe. Ek bars in trane uit van ellende en selfsmart en selfbejammering en vir al die ellendige gestremdes wat hierdie hel moet deurmaak. Wat volgende gebeur het by die bank kan ek nie in detail ‘onthou’ nie. Maar die Here stuur hier twee engele op my pad waarvan een ’n kommissaris van ede is. Al wat ek kan sê is dat ek en Sean binne tien minute daaruit is met vingerafdrukke op al die papiere...

15.00 Terug by Social services. Die mense is drasties minder en ek moet met Sean wag by die laaste ry van die pot goud. Hy het heeldag nie geëet nie want hy wou nie so vroeg ontbyt eet nie – en behalwe vir ’n Kentucky burger in die kar tussen die bank en hier. Lize en Amie is nog nie by die dokter in nie.

16. 00 na die uur word ons vorentoe geroep word vir nog so vyftien plus vorms wat ingevul word deur een van die manne wat nie praat nie; net skryf. Wat hy daar skryf weet geen mens nie. Ek word eenkeer gevra hoeveel vertrekke is in my huis. What the ffffffrikkadel? Sean is tjoepstil van hongerte en moegheid. ’n Jong netjiese Indiërman kom ingestap en Sean groet hom soos die 756 voor hom: Hallo! Die man kom na hom toe, beduie hom met die vinger en sê: “Ek ken jou! Ek werk by binnelandse sake en jy wou my nie jou vingerafdrukke gee nie!” Hehehe...

16.45 Die vorm-man is klaar en lyk of hy oppak. Dis mos nou tjailatyd. Ek vra of ons kan gaan. Hy sê: Ja, Sean moet net sy vingerafdruk op ELKE vorm gee! Ek raak byna berzerk! Soos daai Viking Berzerkers in die flieks wat besete word voor ’n geveg en honderde mense dood-bl@ls@m voor hul bebloed tot bedaring kom. Twee swart mans en die vorm man takel Sean. Ek hou die linkerhand vas, kry ’n vuishou of twee deur die gesig en bril, Sean skuur homself ’n blou-massakol teen die bobeen soos hy stoei om weg te kom. Hy gil en veg soos daai Vikings.

17.00 Ry huistoe. Sean is weer happy. (Soos op die foto - hy is altyd happy, behalwe as jy hom vasdruk en dwing om iets teen sy sin te doen!)

Ek is gedaan. Ek wens vir die eerste keer in my lewe ek kan Kanada toe trek. Of Ierland. Of Australië. Hoe kan sekere sektore van ons land so ellendig, korrup, versukkeld, vertraag en breindood wees (soos ons dié armsalige Riaan-van-Jakaranda mos kwytraak.) Al wat ek wil sê is dit: as iemand aan die einde van ’n bladsy of kontrak sy handtekening moet gee, waarvoor is dit? Is dit dalk om te erken jy was by met die ondertekening en verstaan wat hierin staan en stem saam of iets in dier voege? My kind het die breinvermoë van ’n driejarige. Hy het geen idee wat hy daar onderteken nie. Moet ek, sy ouer nie dit teken vir sy onthalwe nie? Belaglik. Pateties. Wreed.

In geen eerstewêreldse land sou so iets gebeur het nie. Maar nouja, more voel ek weer beter en dan is ek bly oor my seun darem 80% van sy social services grant kry – hoekom tagtig? Wie de fffrikadel weet? Die suur dokterkabouter wat sy duim seergemaak het in die duimveg-proses? Dink hy die kind kan 20% se werk doen. Hy is drie jaar oud. Dink hy sy wit vel maak hom minder werd? Maar mens mag nie kla nie. Die ander arme stukkende mensies wat volgende week weer daar sit met hul twee volgende vorms, wat in ellendige plakkershutte leef sonder water en krag en wie ver moet loop vir taxi’s met kreupel bene en kieries, dis hulle wat die eintlike victims is van ons land se wonderlike dêrdewereldse ongeorganiseerde korrupte instansies en hul ongevoelige amptenare. Maar ek moet bysê dat ek wel die Here se hand in die proses sien in elke persoon wat die dag leefbaar gemaak het, van die vrolike lawwe Lize en engel Amie tot die vrou wat Sean jammer gekry het en in die ry ingedruk het, en die bankamptenare en die gewone vriendelike mense in die rye wat ook maar net probeer om ’n skeppie van die krummels in die skatpot te kry aan die einde van ons nasie se swart en wit reënboog.

Monday, January 30, 2012

MEV. DOEMINIE 'IS SO HOT RIGHT NOW!'

Min diere gaan in 'n somerslaap in. Ek was sedert die salige Desembervakansie in 'n somerslaap, want my 2011 was mos my jaar van rus van te veel eise en skryfwerk wat verwerp word of deur vuurspuwende berge in die lug op geblaas word.
Ek het 2011 rustig op my hoop gesit (soos op die foto) en gekyk hoe die lewe gebeur en in my huis gewerk aan goed wat ek moet doen: kinderkerk lesse en storietjies vir die ekerk. Ek moes mos herstel van my rede vir my blog: my Annus Horibilis 2010. Ek was rustig. Ek was koel. So koel dat toe ek wakkerskrik in Januarie 2012 skrik ek in nagsweet en gloede wakker! Ek, wat van geboorte af 'n klein sweter en warm meisie is, ek gaan in gloede in!! Jammer om te sê maar 2012 lyk my is my volgende Annus Horibilis! I am going where no man has gone before... no, really, men do not know what hot flushes are! They have never been there!

Laat ek terugval op die lesse van die verlede: Wat ek wel geleer het uit my vorige Annus horibilis is die volgende:
1. God doen wat Hy doen wanneer Hy dit doen. Dit gaan duidelik nie oor ons gerief nie maar oor Sy groter plan. As Hy jou gebruik in daardie plan moet jy dankbaar wees en weet: God laat alles ten goede meewerk vir die wat hom liefhet.
2. Mense gaan jou altyd en elke dag teleurstel. Jy kan of dat dit jou pla, of jy kan met jou lewe
aangaan en 'n seën bly vir ander want dit gaan nie oor hulle of oor jou nie: dit gaan oor 'n groter plan. Al wat jy vir hulle kan sê is: God vergewe hulle asseblief want hulle weet nie wat hulle doen nie. En dis waar want hulle gaan dalk nooit weet wat hul doen nie, of dalk deur jou optrede agterkom wat hul doen en verander. Maar dis nie jou probleem nie. Jou probleem is om te bly vergewe en te bly glo dat Christus ook in ander leef - nie net in jou nie - al lyk dit nie altyd so nie.
3. Elke uur, elke dag, elke week elke jaar gaan Annus Horibilisse oplewer: Horribale dinge wat op ons pad kom en wat ons nie voor kans sien of voor reg is nie: Maar ons moet bly glo dat God daar is en jou hand vashou in jou krisis. Hy weet reeds jy sal dit oorleef en daar is 'n uitkoms. Sonder hierdie hoop is jy in jou m@@r in.
4. Dis van onskatbare waarde om te midde van jou Annus Horibilis te probeer kalm bly. Gebruik elke denkbare ding wat jy kan: van gebed tot antidepressante, angspille, joga, meditasie,
berading, terapie, oefeninge, vakansie of 'n nuwe stokperdjie. Jy MOET jou geestelike en fisiese gesondheid in ag neem. Dit is vir jou en vir jou gesin doodsbelangrik. Ek sê doodbelangrik, want as jy op die afgrond wankel, trek jy almal saam met jou. Die gevolge kan erg wees. Ek lees al hoe meer van mense wat selfmoord of selfs gesinsmoord pleeg: 'n dominee en 'n radio Kansel werker
het nou in die week selfmoord gepleeg volgens die koerante. Dis die mense wat ons hoop moet gee en wat self in 'n doodloopstraat land. Soms dink mense dis sonde of belaglik om raad of pille te gebruik... ek dink dit gaan help met oorlewing. Alles is God se dinge wat hy ons gee om te oorleef. Soms is ons bagasie te erg en ons stres te erg. Kyk na jouself. Jy is dit aan jou mense skuldig. God het nog 'n lang pad met jou... moenie uit die bus val nie.
5. Na alles kan ek nou soos die Queen van Engeland sê dat my 2010 sleg was en aaklig vir my, maar die feit dat ek en my gesin dit oorleef het, dit eintlik 'n Annus Mirabilis gemaak het (Wonderful/miracle year). Ek en Anton kon ewe maklik gevou en gebreek het en op selfmoord of hartaanvalle geeindig het. Ek is dankbaar dat ons uit die tradisionele kerkstelsel is - dit
was ons oorlewing. Anders het ons daar geland waar die ander dominee geland het. Stelsels het nogal die manier om mense se hoop en geloof dood te maak, dink ek, veral as die Here vir jou ander insig gee as die tradisionele en die gewone. Ek is dankbaar oor al die wonderwerke wat sedertdien gebeur het: met kuierkerk, met ons emosionele gesondheid en ons vrede wat ons behou het na alles. En ja, ek kry nog bietjie lekker as ek hoor hoe een van die hoofman in die tradisionele kerk nou in sy eie kieringkies braai! Blykbaar nou die kerk verlaat - en dit alles oor sy eie vrot keuses en selfsugtige besluite namens 'n gemeente wat nou nog salig onbewus is van wat hy werklik aangevang het en wat werklik aan die gebeur is. Maar steeds moet ek bly glo dat God ook met hulle 'n plan het - die hoofman en die kerk. Ek wil net nie weer daardie pad loop nie. Ek sien die mense nie en ek het hul vergewe vir die meswonde in my en Anton se rug. Mag God hulle ook vergewe vir wat hul doen en nog gaan doen aan ander.
NS: Oor Annus Mirabilis: Lyk my Einstein het die term volgens Wikipedia gebruik in die jaar 1905 toe hy 'n skrywe
gepubliseer het: the Annus Mirabilis papers (from Latin annus mīrābilis, "extraordinary year"). These are the papers of Albert Einstein published in the Annalen der Physik scientific journal. These four articles contributed substantially to the foundation of modern physics and changed views on space, time, and matter. The Annus Mirabilis is often called the "Miracle Year" in English or Wunderjahr in German.

Nou Einstein het dalk baie diepsinnige wetenskaplike bedoelings met "space, time and matter" bedoel, maar ekself gaan dit nou eenvoudig op my van toepassing maak: Space: Ek het my plek of spasie gevind, vir nou, waar ek in vrede leef met mense en ja so hier en daar spring Gielie Galbraak uit en wil iemand dood-bl@ksm. Time: Ek weet God het Sy tyd met alles, so ek hou my besig met dinge wat ek van hou: my plays, my kinderkerklesse... dinge wat ek weet ek mee goed is en waar ek myself uitleef (my boeke sal weer eendag iewers uitkom, as die tyd reg is en ek krag het vir die bose wêreld van skrywers-verwerping). Matter: Ek hou my besig met "matter" wat vir my belangrik is: om my kinders en my man se lewe te probeer vergemaklik en om die vrede te bewaar. Because that is what matters. Die ander dinge en drome is daar om my kop mal te maak. Dit kan 'n obsessie raak en dan moet jy dit stop. Dan is die droom te groot vir nou. Dalk het God 'n ander plek en tyd in gedagte. Maar my energie alleen kan nie die droom aan die lewe hou nie, daarvoor is die elke dag se lewe en eise te vol van sy eie eise en spanning.

(Op die foto is my dogters Chantal en Michelle: my geliefdes, dis die dinge wat saakmaak...)
So, more gaan sit ek by die Welsynskantore in Brits in lang donker sweterige rye met my gestremde 19jarige seun, Sean-Jacques om vir hom aansoek te doen vir ongeskiktheids-pensioen. Ek sien so op daarteen, maar nouja, ek moet dit doen. Daar is erger goed wat my kop kon besig hou. Daar is dood en kanker en pyn en hartseer. Ek is ten minste vir nou vir vandag op 'n oraait plek. En dit is 'n wonderwerk op sy eie. En my kinders se verstandtande moet getrek word die jaar. MAAR: ons gaan vir twee weke Italië toe einde Maart! Dis 'n langverwagte wonderwerk wat 'n klein polis van my bewerkstellig het! Prys die Here!
Slotgedagte!!! Die geheim dink ek, is om te fokus op wat goed is en mooi is vir jou en nie op die frustrasies, angs en bekommernis nie. Maar nou-ja dis mos makliker gesê as gedaan - maar dit is 'n keuse. Doen dit!
(Op die foto is my seun Sean en 'n huisvriend van ons, Christo, by die see. Dit is hoe Sean is: Happy)
As jy nog iets wil lees: ek kry hierdie stukkie van my vriendin Glendine se pa, Oom Dieks af. Dit is basies 'n opsomming van wat ek wou sê:

GOD LIVES UNDER THE BED


I envy Kevin. My brother Kevin thinks God lives under his bed. At least that's what I heard him say one night.


He was praying out loud in his dark bedroom, and I stopped to listen, 'Are you there, God?' he said. 'Where are you? Oh, I see. Under the bed...'


I giggled softly and tiptoed off to my own room. Kevin's unique perspectives are often a source of amusement. But that night something else lingered long after the humor. I realized for the first time the very different world Kevin lives in.


He was born 30 years ago, mentally disabled as a result of difficulties during labor. Apart from his size (he's 6-foot-2), there are few ways in which he is an adult.


He reasons and communicates with the capabilities of a 7-year-old, and he always will. He will probably always believe that God lives under his bed, that Santa Claus is the one who fills the space under our tree every Christmas and that airplanes stay up in the sky because angels carry them.

I remember wondering if Kevin realizes he is different. Is he ever dissatisfied with his monotonous life?

Up before dawn each day, off to work at a workshop for the disabled, home to walk our cocker spaniel, return to eat his favorite macaroni-and-cheese for dinner, and later to bed.

The only variation in the entire scheme is laundry, when he hovers excitedly over the washing machine like a mother with her newborn child.


He does not seem dissatisfied.

He lopes out to the bus every morning at 7:05, eager for a day of simple work.

He wrings his hands excitedly while the water boils on the stove before dinner, and he stays up late twice a week to gather our dirty laundry for his next day's laundry chores.

And Saturdays-oh, the bliss of Saturdays! That's the day my Dad takes Kevin to the airport to have a soft drink, watch the planes land, and speculate loudly on the destination of each passenger inside. 'That one's goin' to Chi-car-go! ' Kevin shouts as he claps his hands.

His anticipation is so great he can hardly sleep on Friday nights.

And so goes his world of daily rituals and weekend field trips.

He doesn't know what it means to be discontent.

His life is simple.

He will never know the entanglements of wealth of power, and he does not care what brand of clothing he wears or what kind of food he eats. His needs have always been met, and he never worries that one day they may not be.

His hands are diligent. Kevin is never so happy as when he is working. When he unloads the dishwasher or vacuums the carpet, his heart is completely in it.

He does not shrink from a job when it is begun, and he does not leave a job until it is finished. But when his tasks are done, Kevin knows how to relax.

He is not obsessed with his work or the work of others His heart is pure.

He still believes everyone tells the truth, promises must be kept, and when you are wrong, you apologize instead of argue.

Free from pride and unconcerned with appearances, Kevin is not afraid to cry when he is hurt, angry or sorry. He is always transparent, always sincere. And he trusts God.

Not confined by intellectual reasoning, when he comes to Christ, he comes as a child. Kevin seems to know God - to really be friends with Him in a way that is difficult for an 'educated' person to grasp. God seems like his closest companion.

In my moments of doubt and frustrations with my Christianity I envy the security Kevin has in his simple faith.

It is then that I am most willing to admit that he has some divine knowledge that rises above my mortal questions

It is then I realize that perhaps he is not the one with the handicap . I am. My obligations, my fear, my pride, my circumstances - they all become disabilities when I do not trust them to God's care

Who knows if Kevin comprehends things I can never learn? After all, he has spent his whole life in that kind of innocence, praying after dark and soaking up the goodness and love of God.

And one day, when the mysteries of heaven are opened, and we are all amazed at how close God really is to our hearts, I'll realize that God heard the simple prayers of a boy who believed that God lived under his bed.

Kevin won't be surprised at all!


Saturday, November 5, 2011

DIE KROON VAN DIE SKEPPING...

Age restriction: 45. (Moenie lees as jy maklik ontsteld raak nie. Of gaan drink jou angspil en kom lees verder. Jy is gewaarsku.)

Mev Doeminie het mos nie baie te sê deesdae nie – net as ou Griekie Galbraak haar kop uitsteek – en hier steek sy nou haar kop uit en sy steek haar neus in ‘n ding waaroor niemand mag praat nie, want ons vroue is onderdanige wesens wat genadiglik deur ons mans ‘n skaflike lewe gegun word, solank ons nie te emosioneel of paranoïes voorkom nie en solank ons nie hulle wonderlike besluite en menings bevraagteken nie. In kort, ons vroue sal ‘n skaflike lewe en behandeling gegun word, solank ons nie ons eie mening of emosies wys nie, want sien, mans kan dit glad nie hanteer nie. As jou man anders is, is een van die volgende waar: 1. Hy is gay. 2. Hy is ‘n zombie. 3) Hy is 'n wonderwerk (en daarvan is min, vrek-bitter-min op aarde.) 4. Jou anti-depressante is te sterk en jy is dus ‘n zombie.

Ja, ek wil oor die kroon van die skepping praat: MANS. Kom ons besluit ek praat nie oor my eie man nie, maar oor die honderde mans wie se vrouens op anti-depressante is en wat die huweliksberaders se hoë rekenings maar so brom-brom betaal net om die ou “ball-and-chain” se

bek stil te hou. Ek is nie verniet mevrou doeminie nie: ek praat met vrouens en ek help partykeer stukke van hul waardigheid en frustrasies optel as hulle weereens in die grond in getrap is deur mnr. Eggenoot die GROTE wat die beuel blaas in die huis. Soms huil ons net saam, want daar is nie raad nie. Dis seker maar die straf van die vrou waarvan die Bybel praat daar in Genesis toe Eva mos vir die slang geluister het en toe verlei sy die arme Adam en so aan. Sien die Bybel praat heeltemal te min van die vrou wat met respek behandel moet word... o, ja, dit staan in Efesiers. In een hoofstuk. En o, ja, daar in 1 Korintiers 13 waar van die liefde gepraat word: maar ek dink die kleinskrif in Grieks sê dat hierdie hoofstuk spesifiek vir vroue geskryf is om aan hul mans onderdanig te wees. Want solank jou man gelukkig is, sal jy ‘n waardige lewe lei. Anders...

My eie dierbare pa was ‘n goeie staatsamptenaar wat in swart en wit konsepte geglo het. Hy was ‘n wonderlike pa en ons het nooit iets gekort nie, en hy was die baas in die huis. Sy woord was wet. My ma was ‘n wonderlike sagte huishoudster wat gedroom het van eksotiese vakansies en selfs net om meer by haar familie te kuier. Ons het hoofsaaklik by my pa se familie gekuier. My pa het ook die weeklikse inkopies gedoen want my ma was te spandabelrig volgens hom. Sy was. Geld het min vir haar beteken. Sy sou alles wat sy besit vir die bediende weggee of vir iemand wat sukkel. Haar hart was net te goed. Dit was ‘n groot rede vir geveg tussen hulle. Ek dink sy het groot drome gehad om dalk oorsee te gaan of meer met lekker vakansies. Hy was ‘n huishen en het sy sente omgedraai. Ons het een keer ‘n jaar heerlik vakansie gehou – maar dit was waar hy wou, onthou ek nou. Dit was maar die stoere Afrikaner ding. Vrouens moet in die kombuis besig wees, verkieslik swanger en verder kinders grootmaak. En veral moet hul nie spandabelrig wees nie. En ons kinders was heel gelukkig. Ons het lekker vakansie gehou en is goed versorg en min het ons geweet van drome of gevoelens wat nooit uitgeleef is nie. Ek het altyd geglo uit my hart dat ons nuwe generasie mense die huwelik anders benader. Die twee is spanmaats met gelyke regte en menings. Maar, vandag moet ek erken – met die hulp van Griekie Galbraak hierbinne my: dit is nie so nie.

Ek woon baie troues by. My man preek wonderlik motiverend vir die nuutgetroudes en vertel hulle onder andere: Die man en vrou is gelyke wesens, gelyk voor God. Ja, die man verlaat mos sy ouers daar in Genesis en hy en sy vrou is dan een. (Gelukkig is hierdie ‘n blog vir grootmense, daarom kan ek sê waar die ‘een’-storie inpas vir mans – en dit is uit en uit net my eie mening vandag, terwyl ek nou lekker benodderd is: dit is net ‘n seksding. Daar word mense glorieryk EEN en dis wonderlik, ja ek moet erken, maar nou is die moderne mens meer as net ‘n seksmasjien. Kan jy glo daar is emosies en gees by betrokke?)

Maar terug by die huweliksplegtigheid: In hierdie preke word gepraat van dinge wat man en vrou mekaar moet gun: 1. Wederkerigheid – doen aan die ander een wat jy aan jouself gedoen wil hê. 2. Gun mekaar ruimte om hulself te wees en hul droom uit te leef (en ou Griekie Galbraak wil byvoeg: probeer mekaar se droom verstaan en toon belangstelling daarin, al is die droom so belaglik en so groot dat niemand anders dit kan verstaan nie.) 3. Die huwelik is ‘n plek van veiligheid, waar albei partye moet voel dit is hul veilige plek teen die wêreld daarbuite en dat hul emosies veilig is daarbinne. (En ek wil byvoeg: hier moet jou mening ook veilig wees en aangehoor word sonder dat jy verskree word, omdat die ander party dink jy gaan nou direk teen sy wil en mening in. Waarom moet die man se wil altyd geskied? Gelyke partye? Bog. Wie is die beoordelaar van wie se mening reg is? Die man? Want natuurlik sal gedoen word wat die man goed dink, al verskil die vrou reëlreg van hom. Want sien, deur al die eeue heen, is die vrou as die onderdaan beskou en die man se besluite sal eerbiedig word. Ja, voorwaar gelyke partye. Een. Wonderlik. Al wat dit beteken is dat die vrou die dom enetjie is, die een wat geen behoorlike mening het nie, en veral moenie dink hulle het ‘n aanvoeling of intuisie vir dinge - wat mans nie het nie – nee dis ouvroustories. Terug kombuis toe met jou!)

Waar was ek laas. Kom ons kom terug by die huwelikspreek. Mans word in Efesiers genoem in die Griekse taal: die kop - die Kefale. Of so iets. Dit beteken hy is soos Jesus die inisieerder van die verhouding. Dit beteken blykbaar dat hy bepaal die rigting van die verhouding. Hy het dit begin soos Jesus sy gemeente (kerk) begin het, met woorde en dade wat vir die vrou aanneemlik was en wonderlik en so romanties, dat sy geval het vir hom. Hy kon van die begin af al sy emosies ‘overide’ en sy beste kant wys sodat jy dink hy is die wonderlikste ding op Gods aarde. En jy is soos klei in sy hande. Wat die preek verder vertel is dat die man die verhouding aan die gang hou met sy woorde en dade – so as daar ‘n probleem/onmin is, dan sal die man maklik sy gevoel kan overide en met sy mooi woorde en oulike dade die vrou se hart weer vermurwe en siedaar: sy is weer soos klei in sy hande. En ja, dit werk so. Want dis soos Christus en die kerk. Hy het dit lief – so baie – dat hy sy lewe daarvoor sal aflê. Mans kan dit blykbaar doen, want dis hul opdrag. Te goed om waar te wees. Te goed om waar te wees.

Dan kry ons vrou ook hul beurt: Die vrou word genoem in Grieks: die lyf - die Hipotaso. Sy is die hulp wat die man ondersteun. Die woord beteken sy is die paaltjies onder die jetty by die dam. Dit ondersteun as druk daarop toegepas word. Mans druk op ons en ons kan hul bystaan en ondersteun want ons is sterk, standvastig, betroubaar, diep geplant en ons kan storms hanteer. En die manier waarop hul ons behandel – soos Christus die kerk behandel – maak dat ons met al die liefde in ons hart hulle respekteer soos die gemeente vir Jesus respekteer. En die gevolg: die vrou gaan deur die dorp trippel van House of Coffees tot by Chameleon village en vir die ander vroue vertel hoe wonderlik is haar man want sy woorde en dade vermurwe ons harte. Sy dade gaan op haar lippe wees. Net soos die kerk Jesus se dade op hul lippe het.

Iets hier is nie haalbaar nie. Selfs my man sal in die preek vir die jong verliefdes sê dis moeilik haalbaar maar al hoe jy dit kan doen is om in Christus te bly en sy woorde en dade na te volg.... Wys my een huwelik waar dit so werk, asseblief. Die vrou kan in haar kannon in vir almal vertel hoe oulik haar man is en hoe wonderlik hy haar behandel, en sy kan vir haarself jok en dink dit gaan vanself regkom. Sy kan dalk vir hoeveel jare lank haarself bedrieg en dink hy gaan verander en haar begin in ag neem en haar mening begin respekteer, en haar drome respekteer en haar harde werk in en om die huis en die gesin respekteer, maar eendag gaan sy die waarheid moet erken. Dan kan sy of besluit die huwelik is dit werd want daar is meer goed as sleg in hierdie verhouding of sy kan landuit vlug. Dis die moeilikste besluit op aarde. Vra enige vrou wat al by daardie punt gekom het. Dié wat ly is die kinders. Manlief het vinnig ‘n ander pop wat hom verstaan en sy vloerlap sal wees. Party kry selfs ‘n Russiese vrou wat die vloere kan was en skoongeskrop in die bed wag.

Die vrouens wat ek mee praat, dié wat deur hul mans vertrap, verneuk en verskree word, het nog nooit hierdie euforie van ‘n verhouding beleef waar albei partye gelyk is nie. Ek is jammer maar ou Griekie Galbraak hierbinne in my is dik in die wange vandag. Sy braak erg gal. Die meeste vroue staan by hul mans deur dik en dun: Deur mans se besluite wat hul lewe opmors en met tye wel ook opbou. Hoeveel vroue wat ek ken se mans het hul erfporsies, hul opgeboude sakeryke of hul goeie lewe opgemors as gevolg van drank- of ander misbruike. Ek kan hoeveel name opnoem. Oud en jonk. En hoeveel vroue staan maar by die man, want ja, ons is mos die hulp wat by hul pas.

Ja, sal party mans redeneer. Hulle werk hul gatte af vir die wonderlike gesin en wat kry hulle: net ‘n gemoan. Nee, ek ken nie ‘n man wat sy gat af werk vir sy gesin nie. Hy doen dit vir homself, sy speelgoed en sy eie selfbeeld. As ek verkeerd is, los maar ’n vieslike boodskap. Ek praat van huwelike wat ek ken. Ek moet darem hier vir my man intree. Hy gee nie om vir geld nie. Hy sal dit weggee of afskryf ter wille van vrede. Hy doen hoeveel goed gratis vir mense. Hy sal dit ook doen ten koste van sy gesin; so min voel hy vir geld. Ons het deur al ons ellende en besighede verloor en sy voltydse studies, nog nooit honger gaan slaap nie. Ek dank die Here daarvoor.

Dan kry jy mans wat hul vrouens afpers met geld en die geld hanteer asof dit hul eie is. Jou vrou gee haar alles vir jou en die gesin. Sy offer haar drome, haar liggaam en haar emosies op om die groot geldheer te dien, en hy dink dit is SY GELD? Mag God hierdie mans genadig wees. Ek het die grootste afsku in hierdie mans. Dis net nog ‘n teken dat hul niks verstaan van die huwelik nie. Ek kry hierdie vroue jammer uit my hart. Een van hulle vertel my dat haar man haar nie ‘n sent meer as ‘n klein toelaag gee nie om die hele huishouding te beheer, en as sy nie uitkom met die geld nie, is die hel los. Sy word selfs gestraf as sy hom teëgaan, dan gee hy nie geld nie en sy moet

sien kom klaar. Maar hy, hy sit voor in die kerk en die vergaderings en sal haar selfs doktershulp weerhou as sy iets makeer om haar te straf. Dit walg my. En die groot grap is dit – die kinders glo dat hy reg is want oor die jare is hul so ge-brainwash dat van die ma niks oorgebly het as ‘n hopie hopeloosheid nie. Geen selfbeeld, geen droom en geen selfrespek nie. Sjoe, dit vat nou 'n MAN om dit reg te kry.

En die groot grap is dit. Hierdie situasie gaan nie verander nie. Nie al die preke in die wêreld of al die jare wat ons verwyderd is van die Ou Testament se tyd nie – toe is vroue mos gesien as op dieselfde vlak as ‘n hond. ‘n Hond het nie ‘n mening nie, wys nie emosie nie, behalwe as die baas op die werf kom en hy sy stert moet swaai en huppel van plesier. Die man was mos alles in daardie tyd. Wel, ek neem aan mans moes toe die gesin beskerm teen die vyand en het bietjie respek verdien. Hoe verdien hul vandag respek? Suip in die kroeg? Slaan hul vrouens, verneuk hul vrouens, verskree hul vrouens, neem niemand anders in ag behalwe hul eie begeertes en mening nie? Ek ken nie baie mans vir wie ek respek het nie. Dalk kan ek hul op een hand tel. Sean, my breingestremde seun, is een van hulle. Hy verstaan iets van 1 Korintiërs 13. Hier haal ek so stuk stuk aan uit die Bybel@kinders van Hennie Stander:

“Die heel belangrikste ding wat ons moet doen, is om mekaar leif te hê. Dalk dink ek dat ek darem maar oulik is omdat ek ‘n klomp verskillende tale kan praat, maar as ek nie vir ander mense liefhet nie, beteken al hierdie dinge absoluut niks nie. Dalk preek ek baie mooi, of dalk verstaan ek God se geheime beter as enigiemand anders in die hele wereld, dalk ken ek die bybel van voor tot agter uit my kop uit, dalk kan ek met behulp van God dinge doen wat geen gewone mens kan doen nie. dit maak nie saak of ek al die wonderlike dinge kan doen nie. As ek nie vir mense liefhet nie, dan beteken al hierdie dinge niks nie.... Sê nou ek gee al my geld en al my klere weg vir mense wat dit nodig het, en sê nou mense maak my dood omdat ek Jesus se kind is, maar dit gaan nog steeds niks beteken as ek nie vir ander mense lief is nie. As ‘n mens regtig lief is vir Jesus en vir mense dan:

Sal jy nie lelik wees met iemand wat vir almal ‘n pyn gee nie; sal jy altyd gaaf wees met mense; sal dit nie vir jou sleg wees as ander mense dinge het wat jy nie het nie; sal jy nie oor jouself loop en praat nie; sal jy nie dink dat jy darem baie belangrik is nie; sal jy nie met ander mense lelik maak nie; sal jy nie altyd net aan jouself dink nie; sal jy nie oor elke ding kwaad raak en dan net wil stry of baklei nie; sal jy nie altyd terugdink aan wat ander verkeerd teen jou gedoen het nie.... Mens wat ander liefhet sal altyd probeer om hulle te beskerm, hulle sal ook altyd net die mooiste dinge van ander mense glo. Hulle is altyd seker dat ander mense net mooi dinge sal doen. ... ens.

....En natuurlik is die belangrikste dinge dat ons aan God bly vashou (geloof);... dan moet ons glo dat God alles vir ons gaan gee wat hy belowe het (hoop)... en ons moet natuurlik vir God en alle mense lief wees – dis die belangrikste.... (liefde)”

Ek neem aan ons gaan tot ons dood maar kyk in daardie spiëel wat ‘n raaisel is, want antwoorde en oplossings gaan ons nie kry nie. Ons moet maar net aanvaar dat die liefde bedek alles, glo alles en verdra alles. Dit is iets wat meeste van ons vrouens seker in ons leeftyd leer verstaan. Want dis moeilik om mans aldag te verstaan of lief te hê. Dis seker hoekom God ons gemaak het: om ‘n hulp te wees wat by hul pas. En dis hoekom Hy net gevra het om hul te respekteer en nie om hul lief te hê nie!!! (Grappie...) Hulle word wel gevra om ons lief te hê - soos hul eie liggaam!

Ek neem aan dat as enige man hier lees, sy eerste reaksie nie sal wees: “Dankie, Here, hier is waarheid in hierdie onsamehangende gekyf hierbo: ek gaan nou na my vrou toe en ek gaan haar vasdruk en soen en vir haar vertel sy is die beste ding wat nog ooit met my gebeur het en ek sal van nou af haar mening en gevoelens in ag neem.” Nee, die gewone man se woorde sal eerder wees: “Ja, maar Here... hierdie vrou wat U my gegee het... dis mos haar skuld dat ek...” net soos wat Adam se woorde was toe hy en Eva oortree het. Watter man sal hier opstaan en sy vrou nou gaan soen en vashou en sê: “Ek waardeer jou. Ek neem jou gevoel in ag. Ek kan nie hierdie lewe leef sonder jou nie.” En ja, vra gerus om verskoning as jy haar tenagekom het. Sy moes al genoeg kere agter jou deur skoonmaak en jou gevoel in ag neem. Toe, wees ‘n man soos God jou opdrag gegee het! Dan sal jy dalk hierdie wonderlike vrou ontdek... in jou eie huis.

Ek dink: ons vrouens is nou eenmaal so geskep dat ons uitdagings kan hanteer, dat ons druk kan hanteer en dat ons vir iets wil sorg... selfs al is daardie iets dikwels ondankbaar en selfsugtig. Ons sal steeds daarvoor wil sorg. Het ek al dit voorheen genoem dat ek gehoor het dat die enigste ander persoon wat dieselfde naam gegee word as die Heilige Gees in Hebreeus, is die woord vrou: Hulp en Trooster. Dis wie ons is, of ons mans ons nou waardeer of nie.