KORT INSETSEL OP ONTBYTSAKE:
Oor Romans en die liefde!
DIE ALFADOKUMENT: BOEKBEKENDSTELLING IS OP 30 JANUARIE OM 09.30 BY GRAFFITIBOEKE BY ZAMBEZI JUNCTION! SIEN JOU DAAR!
--------------------------------------------------------------
OP PENPUNT SE BLAD SKRYF AMANDA CLAASSENS:
https://penpunt.wordpress.com/2020/01/28/die-alfadokument/comment-page-1/?unapproved=830&moderation-hash=63097b135682984709fc617fb752c1c0#comment-830
En is die voorblad nie pragtig nie!
OP PENPUNT SE BLAD SKRYF AMANDA CLAASSENS:
https://penpunt.wordpress.com/2020/01/28/die-alfadokument/comment-page-1/?unapproved=830&moderation-hash=63097b135682984709fc617fb752c1c0#comment-830
Die Alfadokument
28TuesdayJan 2020
in
René van Zyl debuteer in 2018 met ’n romanse uitgegee deur
Lapa, en volg dit op met meer Romanzas asook ’n SuperRomanza. Aan die einde van
2019 vind ons haar in ’n drasties verskillende genre, toe Die Alfadokument deur
Wenkbrou uitgegee word. Hierdie naelbyt samesweringsriller volg die korrupte
werkinge van die Nikolaïete Orde en dialfadokumente pogings van Josh Young en
Kayla Cohen om die booshede te ontmasker.
Die randkarakter, Krisjan, sorg vir
welkome oomblikke van asemskep, want beide Josh en Kayla is intense, gedrewe
karakters wat jou hare laat rys met hulle onverskrokke aksies.
Die geskiedenis is deurspek van sektes en organisasies wat
met bedrog en manipulasie derduisende volgelinge werf en beheer. Daarom is die Orde wat ons skrywer bedink
het, nie vergesog nie. Dit skep tewens ’n wye spektrum van moontlikhede vir
sameswering, vervolging, uitbuiting en vergelding. Die storielyn is kompleks en
sorg strykdeur vir verrassings. Die element van satanisme is ook nie vreemd
nie, hoewel ontstellend.
Godsdienstige oortuiginge word vreesloos bevraagteken. Ek
kon as leser nie onbetrokke bly nie. Jou eie geloof en siening oor
eindtydfenomene soos ’n wêreldkerk en -geldstelsel word insgelyks uitgedaag.
Beslis ’n eerste in die Afrikaanse mark.
Dankie, Amanda!
--------------------------------------------------------------------------
My nuwe Romanza: SEPTEMBER 2020:
WAAR DIE SPOKE SING (Lapa).
En is die voorblad nie pragtig nie!
OpsommingEllie Lindeque se verlepte selfbeeld sukkel om te herstel na ʼn emosioneel afbrekende huwelik. Toe die onwillige Oliver Montgomery haar lewe binnestap met die kans om in die Suide van Engeland te gaan bly, gryp sy die geleentheid holderstebolder aan. Sy wou van die spoke van die verlede ontsnap, maar skielik spook Oliver se aantreklike, dog streng gesig permanent by haar. Dan is daar nog ʼn spook in die begraafplaas wat haar ook verhoed om voluit aan haar lank uitgestelde roman te begin werk. Sy vind dit moeilik om tussen verbeelding en realiteit te onderskei, veral wanneer dit by haar eie hartsake kom.
My eerste Romanza vir 2020 JANUARIE :
Min of Meer 'n Meermin!
by Graffitiboeke beskikbaar asook alle toonaangewende boekwinkels en Lapa (ook as n e-boek beskikbaar)
Fiksie - Romanses
R 95
R 76You save R 19 (by Graffitiboeke)
Meermin soek Aquaman - Marina Zeeman is ʼn professionele meermin met ʼn groot verbeelding en ʼn passie vir oseaanbewaring. Ná haar verloofde haar in Amerika los vir haar beste vriendin, trek sy terug Kaapstad toe om haar beroep uit te leef. Die plek waar sy dit wil doen is Atlantis Waterwêreld, ʼn splinternuwe akwarium wat oor ʼn maand open. Sy wil met alle mag die ernstige eienaar, doktor Xander Strachan oortuig dat sy akwarium ʼn meermin nodig het om besoekers te lok. Die aantreklike, songebrande marinebioloog is glad nie opgetrek met die idee dat ʼn belaglike ongedierte soos ʼn meermin in sy akwarium rondswem nie. Xander is nog minder beïndruk met die feit dat sy sewejarige dogtertjie en vyfjarige seun oombliklik op Marina en haar monovin verlief raak. Marina raak net so vinnig lief vir hulle. Dit lyk egter of die geraamtes in die gesin se kas dalk gaan maak dat hierdie meermin nie haar gelukkige einde gaan kry nie. Sy sal alles in haar vermoë moet doen om nie net haar droomwerk in te palm nie, maar ook haar droomman. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. 'n Min of meer meermin is René van Zyl se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: • Liefdesafari (Mei 2018), • Opa vir die liefde (Desember 2018), • Weer eens Lilly (April 2019), en • Liefde is wynrooi (Augustus 2019).
Hotel At Foxwoods Casino Resort - Mapyro
ReplyDeleteHotel At 광주 출장마사지 Foxwoods Casino Resort in 경상북도 출장안마 Tunica Resorts, MS has an open location near the Mississippi River. This 사천 출장마사지 casino 나주 출장마사지 features 1400 군포 출장안마 slots,