* Wenner ATKV-Woordveertjie 2024 (Romanse) * Wenner 2020 ROSA Imbali prys: skryf van Romanse. * Tuimeltrein jeugboek (NB) voorgeskryf vir gr. 12 - IEB skole/ AET vanaf 2026. * Wee Monk's Tale, the Secret of Immortality * Die Alfadokument (Wenkbrou) & Die Omegakomplot (Samesweringsrillers) * 16 Romanses (Lapa/PRH) * Die Monster in my Melkskommel (PRH) * Ontwerper: interaktiewe kinderkerkmateriaal Bybelboekwurm * Skrywer van 12+ musiekblyspele
Saturday, April 27, 2013
Thursday, February 28, 2013
MEV DOEMINIE HAAL DIE KOERANT: NOORDWES BEELD!
Dis met groot bewoënheid dat ek kan sê ek het al die koerante gehaal: mag
'n uitgewer of agent my talente raaksien en my kontak - want self uitgee
sit nie in my broek nie! Ek haat proeflees, bemarking, pakkies opmaak
en pos, boekhou en alles wat daarmee gepaard gaan! Maar ek is maar
te nederig bly as iemand 'n cd bestel! Dankie vir almal wat al een besit
- ek dink dis awesome!!!
Dankie Carla van der Spuy vir die beriggie!
Nuus / Dié mev. dominee se pen is nooit stil nie
DIÉ MEV. DOMINEE SE PEN IS NOOIT STIL NIE
Carla van der Spuy
2013-02-27 00:00
René van Zyl en haar man, ds. Anton van Zyl, in Siëna, Italië.
’n Mens sal René van Zyl, predikantsvrou van die gewilde Kuierkerk in Hartbeespoort,
nie sommer agter ’n basaartafel kry nie.
Nee, hierdie “mev. dominee”, wat bekend daarvoor is dat sy en haar man,
ds. Anton van Zyl, “buite die boks” dink, toor eerder met woorde.
Daar is net geen einde aan die skeppende talente van dié eertydse joernalis nie.
Van Zyl, wat ook ’n kinderwerker en skrywer is, se jongste projek wat spruit uit haar
behoefte om “in te lig, op te voed en te vermaak”, is om kinders op ’n lekker manier
te leer hoe om al 66 boeke van die Bybel te ken. Sy het al die Bybelboeke in
“geheuesketse” opgesom en leidrade, asook ’n Bybelse tydlyn, op ’n CD saamgestel.
Van Zyl verduidelik dat hierdie bonte mengelmoes van prente in kleur sowel as
swart-en-wit die produk van jare se navorsing, versameling van inligting en van
sketse ontwerp is waarin die kern van elke Bybelboek letterlik “opgeteken” is.
Die illustrasies is deur haar suster, Esmé Walker, gedoen.
Dié het al ’n ATKV Veertjie vir ’n vorige kinderboek se illustrasies ontvang.
Die CD kom boonop saam met ’n geheuespeletjie.
“Ek wil die kinderkerk hervorm,” verduidelik sy. Daarom leer sy die kinders by
hul kinderkerk ook om hierdie Bybelboeke in volgorde te leer deur middel van
interaktiewe lesse wat sy weekliks skryf.
Daar lê vir haar min waarde daarin om die kinders, soos oor al die jare, van
Bybelkarakters te leer met slegs ’n morele les daarby.
Van Zyl skryf reeds jare stories vir die jongspan op die webtuiste van die
kuberkerk wat deur prof. Stephan Joubert gestig is. Die verhale, wat tweeweekliks
op die webwerf verskyn, word vertel deur ’n kat met die naam Kristof en dit handel
oor sy dierevriende uit die Bybelse tyd. Die stories wemel van donkies, kraaie,
duiwe, akkedisse, kamele, visse en insekte wat elk op ’n aksieryke manier met
Bybelse karakters te doen gekry het.
“En so leer die kinders die Bybelse waarhede sonder dat hulle dit besef.”
Van Zyl het ook met poppeteater begin. Sy het in 1998 ’n bordspel, Kruispad,
ontwikkel en self uitgegee. In 2011 het sy ’n Christelike jeugboek,
Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality, wat in Middeleeuse Ierland
afspeel, uitgegee.
Nou droom sy ’n uitgewer sal haar passie deel sodat vele uit haar Bybelboeksketse
kan leer.
Rig navrae aan rene@kuierkerk.co.za of skakel 0082 396 4100.
Thursday, November 15, 2012
MEV. DOEMINIE SE ANNUS MIRABILIS!
Ek het die volgende gesê:
Hierdie blog is die gevolg van spesifiek vier
krisisse in my lewe:
1. Die vassit in Oslo, Noorweë, wat gemaak het dat ek die London Boekskou mis waar ek persoonlik my boek en draaiboek (na jare se werk en maande se bid en hoop) aan agente wou voorlê. En wat ek toe mis as gevolg van ‘n vulkaan en aswolk in Ysland. Dit sou die hoogtepunt wees van jare se swoeg en sweet.
2. ‘n Tradisionele kerk in ons dorp se leiers wat my predikantman en ons gesin wou vernietig met skynheilige planne en agterbakse verdagmaking. Die kerkmanne wat glo dat die Bestuur van die kerk die HOOGSTE GESAG in die Tradisionele kerk is en nie God self nie. Geheime kerkvergaderings en aksies teen ons gesin het gemaak dat ek gewonder het waar God inpas as mense se eie planne seevier. Onder hulle was goeie Christenvriende . . . wat ons met skynheilig glimlagte vertrap het.
3. My dogter Chantal moes ‘n groot rugoperasie kry. Na my ouers se dood in goeie dokters en hospitale se hande en my seun Sean-Jacques se swak behandeling in hospitale wat gelei het tot sy breinskade, het ek ‘n vrees vir die soort plekke. Ek is bang vir wat God beplan met haar en die operasie. My vrese en vertwyfeling oor of God regtig my gebede verhoor, maak my mal want baie goed in my geskiedenis bewys die teendeel. Ek was in ’n gat van vertwyfeling en wroeging, en ek is net eerlik. Al weet ek diep, diep, baie diep, binne in my dat God wel in beheer is... My Annus Horribilis 2010 sê anders!
4. Ek sukkel met mense vertrou, met kritiek hanteer elke keer wat ek my kop uitsteek met my skryfwerk (en so bietjie buite die boksie dink). Dit gebeur baie omdat ek gemeenskap musiekblyspele skryf - Bybelse verhale met moderne musiek, soos Abba, Celine Dion, Elvis en Queen. (Sies, mev. Doeminie, jy van alle mense kan mos nie so iets doen nie - ek bedoel - jy is tog MEV. DOEMINIE!). As jy dink Queen is nie uit die hel nie, wat van ons kinders? Sies, man.)
1. Die vassit in Oslo, Noorweë, wat gemaak het dat ek die London Boekskou mis waar ek persoonlik my boek en draaiboek (na jare se werk en maande se bid en hoop) aan agente wou voorlê. En wat ek toe mis as gevolg van ‘n vulkaan en aswolk in Ysland. Dit sou die hoogtepunt wees van jare se swoeg en sweet.
2. ‘n Tradisionele kerk in ons dorp se leiers wat my predikantman en ons gesin wou vernietig met skynheilige planne en agterbakse verdagmaking. Die kerkmanne wat glo dat die Bestuur van die kerk die HOOGSTE GESAG in die Tradisionele kerk is en nie God self nie. Geheime kerkvergaderings en aksies teen ons gesin het gemaak dat ek gewonder het waar God inpas as mense se eie planne seevier. Onder hulle was goeie Christenvriende . . . wat ons met skynheilig glimlagte vertrap het.
3. My dogter Chantal moes ‘n groot rugoperasie kry. Na my ouers se dood in goeie dokters en hospitale se hande en my seun Sean-Jacques se swak behandeling in hospitale wat gelei het tot sy breinskade, het ek ‘n vrees vir die soort plekke. Ek is bang vir wat God beplan met haar en die operasie. My vrese en vertwyfeling oor of God regtig my gebede verhoor, maak my mal want baie goed in my geskiedenis bewys die teendeel. Ek was in ’n gat van vertwyfeling en wroeging, en ek is net eerlik. Al weet ek diep, diep, baie diep, binne in my dat God wel in beheer is... My Annus Horribilis 2010 sê anders!
4. Ek sukkel met mense vertrou, met kritiek hanteer elke keer wat ek my kop uitsteek met my skryfwerk (en so bietjie buite die boksie dink). Dit gebeur baie omdat ek gemeenskap musiekblyspele skryf - Bybelse verhale met moderne musiek, soos Abba, Celine Dion, Elvis en Queen. (Sies, mev. Doeminie, jy van alle mense kan mos nie so iets doen nie - ek bedoel - jy is tog MEV. DOEMINIE!). As jy dink Queen is nie uit die hel nie, wat van ons kinders? Sies, man.)
Ek het nie geweet wat die uiteinde van my
boek (blog) gaan wees nie. Maar ek het geworstel met God. Ek het nogals gevra:
Mag God my deur my geloofs-geveg help en
verras, het ek gevra.
Dit was my krisisse aan die begin van 2011.
Hier sit ek nou einde 2012. Na 33 bloginskrywings en ‘n lewe wat nie stilgestaan
het nie en probleme wat nie verdwyn het nie, wat het ek geleer?
Annus horribilis is
a Latin phrase meaning "horrible
year", or alternatively, "year of horrors". Koningin Elisabeth van Engeland het 1992 genoem haar wroegingsjaar
as gevolg van vele krississe daardie jaar soos haar dogter en nog haar seun,
Charles, wat geskei het en nog brand wat uitgebreek het in haar kasteel wat
baie kosbare dinge vernietig het, ens.
In my eie Annus Horibilis was ek en my
gesin was byna vernietig deur die Tradisionele kerkmense omdat ons durf waag
het om te dink kerk mag ‘n lekker ervaring wees waar jy informeel oor jou
geloof kan praat. Ons het geglo kerk hoef nie van ‘n paar ou diktators se reëls
en regulasies af te hang nie. Kerk is wat Jesus dit kom maak het. Dit verdra
alles, glo alles en hoop alles en liefde is die belangrikste: liefde vir God se
skepsels, maak nie saak van afkoms of kultuur of maniere nie. God was immers so
lief vir ons dat Hy sy seun laat sterf het vir ons sondes. Hoekom sal reëls nou
skielik die kerk moet beheer? Hoekom sal die Gees nie in elkeen anders mag werk
nie? God is ‘n genadige God, het Martin Luther besef toe hy die magtige Rooms
Katolieke kerk se tradisionele reëls aangevat het en sy stellings teen die
Guttenberg kerk gaan vasslaan het. Die gevolg was dat die verskillende kerke se
mense mekaar vermoor het en soos diere geveg het om elkeen sy eie mening te
verdedig.
My dogter, Chantal se rugoperasie het goed
gegaan in 2010. Sy het gou aangesterk en gou weer normale dinge gedoen, soos
dans. Die dokters het daardie dag nie opgemors soos in my verlede nie. Dit was ‘n
wonderwerk en sy kan ‘n normale lewe lei. Ek sê dankie Here.
My grootse poging om ‘n passiespele vir
die moderne mense oor te vertel in 2010 het soveel kritiek ontlok en party
kerke in die dorp het hul rug op ons gedraai. Ek kry hul jammer want hulle het ‘n
wonderwerklike toneelstuk gemis wat hul en hul kinders se lewens kon verander
het. Ek gaan aan met my musiekblyspele. Ek het al intussen ‘Samson, the Lion of
God’ met Queen se musiek geskryf en opgevoer, en ook ‘King David and his eight
wives’, met die musiek van Shania Twain en Simon and Garfunkel. Die sowat 1000
mense wie se lewens ek elke jaar hiermee verryk en wie se Bybelkennis ek
hiermee verbreed, is my grondgebied. Ten minste gee ek hulle iets wat
ewigheidswaarde het. Al dink ou Drusilla
(die dromer in my) altyd dat hierdie stories die wêreld moet ingaan en die
Evangelie verkondig, is dit nie tans my lot nie. Mense is dalk nie reg vir dit
nie. Whatever.
Ek bly gefokus werk daaraan en het
gelukkig nou nie met onvergenoegde tradisionele mense te doen wat my heeltyd
met kritiek gooi nie. Van hulle bly ek ver weg. Nie eers Christus kon die
massas tevrede hou nie. Wie is ek dan nou altemit?
En dan laastens: my hartseer, skok en
ontnugtering oor die vassit in Oslo en die feit dat ek die London boekskou
gemis het. Ek het mos altyd die droom dat my boeke of kinderkerk materiaal of
musiekblyspele bestem is vir groot gehore en dit moet die wêreld verander. Ek
moes my denke hieroor verander. Dit wat ek doen vir die klein gehoor wie dit
gebruik, is blykbaar genoeg. Die Here is tevrede want Hy maak nie ander deure
oop nie, al skop en baklei ek soms om die deure oop te moker. Wat ek ook al
hierdeur moet leer of nie leer nie. Dis hoe dit is. Ek het alles menslik probeer.
As oorstromings, vuurspuwende berge en tradisie my keer, HOEF ek nie die droom
aan te hou voed ten koste van my gesin nie.
Die wonderwerk is dit: ek bly heeltyd
skryf en nuwe idees uitdink. Dis meer as wat baie ander mense kan sê, dié wat
slegs op hierdie aarde is om ander te kritiseer en te briek. Met die genade van
die Here hou ek aan glo in myself en my idees en ek bly my goed op grondvlak publiseer.
Ek bly glo in myself, ten spyte van alles. Ek bly glo dat God hiermee tevrede
is, al is dit op klein skaal. As ek met my prentjiebrein te groot begin droom,
slaan ek die gedagtes plat, voordat dit weer my lewe wil oorneem. Droom is
goed, maar soos alles, mag dit nie jou vrede en jou verhoudings beïnvloed nie.
Jou energie moet positief aangewend word, anders vernietig jy jouself en ander.
Ek het ‘n paar goed besef oor die twee jaar. (Nou
klink ek soos die Prediker skrywer!):
1. Ellende gaan jou tref elke nou en dan. Deal
with it, my ding. My dogter Chantal se voet gee nou probleme en hier gaan
ons alweer na ‘n Ortopediese Chirurg toe! Hele storie van voor af. My dogter
Michelle ly aan onderbewuste trauma/hartseer wat haar moeg en naar maak 24/7.
Ek bid sy kom hieroor want dokters/sielkundiges het nie enige raad nie. My
breingestremde seun van 19 poef nog elke dag in sy broek al bid ons al jare dat
hy dit in die toilet regkry! Ons is deel van ‘n gebroke wêreld en: JA, DAAR IS
MENSE MET WIE DIT SLEGTER GAAN AS MET JOU! MAAK OOP JOU Oë EN KYK OM JOU ROND!
Hou op om in jou eie ellende vas te kyk. As jy hier KAN lees het jy ‘n rekenaar
of ‘n kindle of ‘n boek in jou hande en dan is jy sekerlik een van die 5% goed
bevoorregtes in die wêreld. Jy het ‘n lekkerder lewe as baie.
2. Mense gaan jou heeltyd teleurstel. Deal with it, my ding! Johannes
2:23-25 stel dit duidelik hoe ons hierna moet kyk:
Jesus ken die mens
23Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het
daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy
doen. 24Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet
het hoe hulle almal is. 25Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom
iets van ’n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is. (Dis maar in die begin van Jesus se bediening, en Hallo??? Hy het
steeds goed aan almal gedoen en almal lief gehad en vergewe. En vir die blikskottels
gesterf. Dit sluit ons met ons foute en klagtes in.)
3. Vriende/Christene gaan jou teleurstel. Party is vir ‘n
seisoen in jou lewe. Ander vir altyd. Party gaan jou selfs probeer vernietig,
al noem jy hul vriende en mors jy baie energie op hulle. Hulle onvermoë om jou
lief te hê het niks met jou te doen nie. Dis hul eie stryd wat hul stry. Deal
with it, my ding! Wees jy maar lief vir hulle en bly vergewe en anders
vrot jy op. God sal hul wel verander, of nie. Sny die naelstring as hul jou
aftrek. ‘n Goeie reël is dalk: moenie te veel vriende hê nie, want dit vat baie
energie!
4. Fokus op jou talente en gawes. Dit verskaf jou nie net
energie nie, maar hou jou uit die kwaad! En dis uiteindelik ‘n seën vir ander.
Is dit nie hoekom ons hier is nie?
Vertrou God, al gebeur die op en af in die lewe.
Hy hou jou vas. Rom. 8:28: “28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet,
dié wat volgens sy besluit geroep is. 29Dié wat Hy lank tevore
verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy
Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30Dié
wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy
ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.” Dit is jy en ek wat sy Naam bely. Dit is jy en ek wat glo dat Hy vir
ons alles ten goede laat meewerk al gebeur skynbaar slegte goed met ons en al
behandel mense of die lewe ons onregverdig.
5. Jou kinders is vir jou geleen. Soos Jesus se ma, Maria,
kan ons net sê: ‘Here, laat met my gebeur
soos U goeddink!” en met daardie blinde geloof moet ons ons lewenspad aandurf.
Hierdie aanhaling van iemand sê dit mooi: “I’ll lend you for a little time a
child of mine,” He said, “for you to love the while he lives, and mourn for
when he’s dead. It may be six or seven years, or ten or nineteen. But till I
call him back, take care of him for Me? He’ll bring his charm to gladden you
and should his stay be brief, you’ll have his lovely memories as solace for
your grief.” Dis angswekkende woorde maar oor duisende jare heen moes ouers soos
ek en jy kinders begrawe, by siekbeddens waak en bid as hul die pad byster raak.
Dis ons lot; dis ons voorreg.
6. Ek moet doen wat ek kan om my gesondheid te hou sodat ek
vir my gesin iets kan beteken. Eet gesond, kry oefening, drink jou pille
(Homopaties of chemies) as jou liggaam dit nodig het. Alles kom uit God se hand
en het sy plek. Ek leef in God se vrede, maar ek drink my antidepressante en so
kan ek deel met ‘n senutergende mallemeule rit van ‘n lewe. Ek is dan ‘n beter
vrou en ma wat daagliks poef-onderbroeke takel sonder te veel gekerm!
7. Moenie almal kritiseer nie. Moenie dink jy weet alles
nie. Hou maar soms net jou bek – nee, hou meeste van die tyd maar jou bek want
dit maak dat jy jou minder ontstel!
Koningin Elizabeth
II van Engeland het op 24 November 1992 gesê: “1992 is not a year on which I
shall look back with undiluted pleasure . . . it has turned out to be an Annus
Horribilis.”
Dit was my 2010 maar my slotsom is na twee
jaar: Soms lyk die lewe horibaal sleg soos ‘n Annus Horibilis en ons wroeg,
maar as ons eerlik wil wees, is dit altyd ‘n Annus Mirabilis: “a Latin phrase meaning "wonderful
year" or "year of wonders" (or "year of miracles").”
Annus Mirabilis is ook die naam van ‘n tragiese
gedig geskryf deur John Dryden in 1667 oor die verwoestende dinge wat London
getref het in 1666: Dit sluit onder andere in die groot plaag wat London getref
het, sekere gevegte waarin Engeland betrokke was en die groot vuur wat in London
gewoed het. Die groot koning Charles II het egter wonderbaarlik planne gemaak
om die stad op te bou en te verbeter. Dryden het tot die slotsom gekom dat God
eintlik wonderwerkend gewerk het in Engeland en die land gered het.
Ek stem saam met Dryden. Iets lyk dalk
sleg maar ons geloof in ‘n God wat genadig en liefdevol is, laat ons besef dat
die slegte situasies eintlik vol wonderwerke is. Al sien ons dit nie altyd raak
nie. Ons glo dit. Ek glo dit, ten diepste glo ek dit, al kerm en kla ou Griekie
Galbraak hier binne in my dikwels.
En so gaan
ons 2013 binne . . . ons land is vol onluste, stakings, swak bestuur, aids,
misdaad, bedrog en skynheiligheid, maar ook vol van goeie vriende, pragtige
kinders, ‘n toekoms, ‘n verwagting, wonderwerke en hoop. Ek glo dat God alles
ten goede sal laat meewerk vir elkeen. Ek bid dat almal raaksien hoe
wonderwerkend Hy in elkeen se lewe werk, al gebeur slegte goed met ons en om
ons. Paulus som alles mooi op in sy gebed in Effesiers 1:15:
Paulus se gebed
15Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die
Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, 16hou ek ook nie op om God
vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, 17bid ek dat die God van
ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy
Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik
kan ken. 18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle
kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike
erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy
uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het
toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat
sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en
wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook
in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo
alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam,
die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Ek’s geseën met
pragtige kinders, wie se lewe nog deur baie hoogtepunte en laagtepunte gevorm
gaan word. Dieselfde geld vir my, my wonderlike geseënde man met sy groot visie
vir die kerk en my goeie vriende. Dis hoe dit is. Al wat ons kan doen is om die
mallemeule rit saam met God en ons mede-reisigers aan te gryp en al gillend, laggend en huilend te
geniet! Carpe Diem! Sjoe, Amen!
Saturday, October 20, 2012
MEVROU DOEMINIE SE KOP VOL BONT PRENTE!
(Beriggie in ons plaaslike koerant, die Kormorant, op Hartbeespoort - oor my nuutste projek waarmee ek al 'n paar jaar besig is en uiteindelik voltooi het! Hie-ha! Prys die Here!)
PREDIKANTSVROU
ONTWERP BYBELBOEKE IN SKETSE!
Om kinders op ’n lekker manier al 66 boeke van
die Bybel te leer, is die droom van René van Zyl, predikantsvrou, kinderwerker
en skrywer van Hartbeespoort. Hierdie droom is gebore uit haar vroeëre beroep
as joernalis, sê sy, toe haar leuse was: om in te lig, op te voed en te
vermaak! Dit het sy toegepas op die Bybel en die vrug van haar werk is 'n
laserskyf met al 66 boeke van die Bybel in geheue-prente saamgevat. Hieraan
werk sy al die afgelope vyf jaar.
Dié bonte mengelmoes van prente in kleur,
asook in swart en wit, is die produk van jare se navorsing, versameling van
inligting en van sketse ‘optower’ waarin die essensie van elke Bybelboek
saamgevat is. Nou kan 'n mens met een oogopslag 'n geheelprent kry van elke
Bybelboek. Dit is so kreatief gedoen dat groot en klein nou hul Bybel op die
punte van hul vingers kan opsom, omdat die brein ’n prent het om mee te werk.
Die pragtige en humoristiese illustrasies is gedoen deur René se kunstige
suster, Esmé Walker, wat self spog met 'n ATKV Veertjie toekenning vir 'n
vroeëre kinderboek se illustrasies.
Die laserskyf waarin al die Bybelboekprente
saamgevat is, bevat ook die leidrade wat nodig is om elke skets te verstaan en
René het 'n eenvoudige geïllustreerde Bybelse tydlyn aangeheg. Ja, onthou die
leuse: inlig, opvoed en vermaak! Sy sê sy leer die kinders by die Kuierkerk
waar haar man, Anton,die predikant is, ook hierdie Bybelboeke. Hiermee saam
gebruik sy interaktiewe lesse wat sy weekliks skryf en wat pas by die
Bybelboekprente. Daar lê vir haar min waarde in om die kinders, soos oor al die
jare, slegs die Bybelkarakters met 'n morele les te leer. Die kind moet van
kleins af die Bybel in sy volheid leer ken, met die tydlyn en die betekenis van
elke boek vir ons in vandag se tyd, sê sy passievol. Haar man gebruik hierdie
sketse ook met groot sukses by sy weeklikse Bybelskool om vir volwassenes die
Bybel makliker verstaanbaar te maak. Die grootmense geniet die prente net
soveel soos die kinders en almal is dit eens dat hul nou maklik die Bybelboeke kan
onthou.
René het oor baie jare as kinderwerker en
poppemeester begin agterkom hoe sleg kinders (en hul ouers) die Bybel ken. Sy
wou hierdie tendens verander. Hoeveel mense weet selfs dat daar 66 boeke in die
Bybel is? Die sketse is veral waardevol vir regterbrein mense (groot en klein)
wat in prentjies dink. René sê dat sy met hierdie projek self buitengewone
kennis opgedoen het en dat sy nou vir die eerste keer in haar lewe werklik voel
sy begin die Bybel verstaan. Sy geniet dit as mense vertel hoe hul nou toegerus
is om die Bybelboeke te onthou omdat hulle 'n geheue-skets het van elke boek en
'n eenvoudige tydlyn wat die Bybelse tyd verduidelik.
Monday, September 17, 2012
RENOIR . . . MATISSE . . . PICASSO . . . FLIPPEN HEL, LOS!
As
mevrou Doeminie so donderstorm-stil raak, beteken dit net een ding: ek het tyd
vir myself en skryf ‘n muis uit ‘n gat uit of ‘n hond uit ‘n bos of ‘n voël uit
sy nes! Met ander woorde, dit gaan of baie goed met my sensitiewe siel, of ek
skryf om weg te probeer hol van een of ander moeilikheid en vermy mense. Dis
seker bietjie van altwee, want ek skryf lekker aan my nuwe boek, ‘n Afrikaanse
een (aksie/spanning) wat in Kaapstad begin en eindig maar wat eintlik gaan oor ‘n
Mega moderne new age kerk wat die wêreld oorneem en eintlik dans die duiwel
onder rond . . . hmmmmm ja, jy sal die boek moet koop. Daar is geheime, moorde,
raaisels, menseroof, verkragting, liefde, verraad en baie ander nonsens in wat
ek uit my eie vrot kop dink. Ek is so twee derdes weg en geniet elke sekond.
MAAR
dan is daar my pragtige dogter, Michelle wat steeds worstel met die vreemde
toestand van naar en moeg wees - al vir ‘n jaar lank. Langer. Dokters,
sielkundiges, elektroniese klankgolf en vibrasie en wat als terapeute, homopate
en Interniste speel raai-raai riepa en kyk wie kan die grootste rekening stuur.
En sy voel steeds so. En sy worstel deur gr. 11 want sy moet. Dit maak my
mal!!! Maar soos dit ‘n goeie vrou en ouer betaam mag jy nie te ontsteld
voorkom nie, want dan ontstig jy die Pax Romana (oftewel die beleid van vrede en geen
geweld en stoornisse) in die huis want jy as ma (en jy ALLEEN) bepaal die
gemoedstoestand in die huis . . . dis ‘n hoofstuk op sy eie en Gielie Galbraak,
my suurpruim alterego, kan baie hieroor sê.
Maar tussen al my skryf en kla deur gebeur interessante dinge wat nooit
met ander mense gebeur nie. Het jy al ‘n Franse Meesters Kunsuitstalling by die
Standard Bank Galery in Johannesburg bygewoon met jou dogters . . . en met jou
breingestremde 19jarige wat eintlik emosioneel 2 jaar oud is? (Dit gebeur net
omdat jy ‘n (dom?) goeie vrou is en liewer nie toelaat dat jou man op ‘n reëndag
jou einste gestremde kind saamsleep na ‘n veiling en ‘n potjiekos kompetisie
toe nie.) En jou goeie bediende is weg na ‘n begrafnis, en daarom is die klompie
van ons, vergesel deur my suster, Esme’, toe die middestad van Johannesburg in
op ‘n rëendag.
Eintlik
is ek ‘n baie dapper (of dom) mens, want ek dink ALTYD dat dit nie so erg gaan
wees as die prentjie wat ek vooraf in my kop het nie. En ek het ‘n goeie
verbeelding, maar ek dink altyd Sean gaan hom gedra en maklik saam met my
trappe op en af klim en mooi na al die prentjies kyk of by ‘n tafel sit, terwyl
ek kyk of nie die mense te erg gaan pla nie. Ek dink altyd so. Wanneer ek die
les gaan leer, weet die hemele alleen. So.... hier gaan ons. . . eers die
spanning van Johannesburg en ek wat van die platteland af kom. En reën. Ja,
danksy my man se goeie padkaart is ons uiteindelik daar. Parkeer. Hysbak,
dankie tog. Ingangsportaal, alles gaan goed. Ag tog . . . twee stelle trappe .
. . ons is bo met ‘n besondere gesteun en gesukkel (Sean kan loop maar nie
hardloop nie, hy kan ook nie trappe klim nie, nie sonder ‘n goeie
ondersteuningstelsel nie, en veral nie afklim nie en hy is langer as ek – darem
is ek dikker as hy en dus sterker, dink ek.)
Bo.
Ag hoe mooi! Die Franse meesters van die 20ste eeu wat die menslike liggaam
herontdek en beverf en als is te pragtig. Daar is GROOT name soos Matisse,
Monet, Renoir, Picasso, Grüber, en nog wat ek nie ken nie. Ons oeee en aaa oor
die balans, die kleur, die verfhale, die antieke rame, en is in vervoering.
Daar is ‘n jong bewonderenswaardige ma wat haar driejarige dogter na die
uitstalling gebring het en verduidelik vir haar elkeen se naam, tegniek en
styl. Te mooi . . .
BBBBIIIIIEEEEEEEPPPPPP! Skreeu ‘n alarm hier naby ons. Natuurlik is dit
toe my kind wat te na aan die skilderye getrap het, want hy wil my mos nou vir
die tannies wys daar is mooi mensies op die doeke. En as jy oor die masking
tape streep trap wat jou van die tydlose meesters skei, dan gaan alarms af!! En
die room van die elite van Johannesburg kyk almal in jou rigting asof jy
probeer het om ‘n kosbare kunswerk te steel of nog erger . . . aan dit te raak met
jou 21ste eeuse besmette vingers . . . of nog erger: as Sean daaraan raak met
sy vingers wat nou net in sy neus was . . . Nodeloos om te sê hoe die res van
ons oggend verloop het:
Matisse
. . .
Sean,
nie oor die streep nie!
Flippen
hel, Sean! Kyk vir die streep!
Jammer, die kind verstaan nie, sorry, he
doesn’t understand . . .
Renoir
. . .
Maaa!
Kyk vir Sean, hy gaan by die trappe afneuk!
Los
vir Sean, ek is sy ma! Gaan kyk op ‘n ander plek dan pla hy julle nie!
Picasso
. . . (nogal ‘n ou kleintjie . . . en net een van hom? Kaal tannie . . .
Sean,
moenie vat nie!
Biiieeeeppp!
Sean
los die security guard uit!
BBBIIIIEEEEP!
(almal kyk)
Sean!
Nie oor die streep nie!
Monet . . .
Sean, los die mense!
Ma!
Daar gaat hy streep toe!
BBBIIIEEEP! (almal kyk)
Los
die kind! Ek’s sy ma! Ek sal hom dophou!
O,
en hoekom is hy doer anderkant!
BBBIIIEEEPPP!! (Almal kyk)
Grüber
. . .
Sean,
Flippen hel, wil jy kar toe gaan?
Los
die tannie!
BIIIEEEPPP (almal kyk, o, die keer is die nie Sean nie, maar ‘n ou
tannie. Dankie tog!)
Roger
de la Fresnaye . . .
BIEEEPPP!
Jacques
Monore . . .
Sean,
kom sit hier! Los die mense!
Sean
wil jy huistoe gaan?
Verdomp! Kom ons gaan huistoe!
Maaaa . . . .
Oppas vir Sean by die trappe, ma!
Kom
Sean, sit, jy kan nie trappe klim nie! (Hy seil gewoonlik so by trappe af omdat
dit vir my te moeilik is om sy groot-kind-swaar gewig en ongebalanseerde lomp lyf
met die trappe af te help. Vele ongelukke het al amper so gebeur. . .)
Neeeeee! Klim! (dis Sean se harde stem, harder as die alarms – en nou
weier hy om te sit)
Ma, sit
langs hom op die trap dan sal hy sit. (Ma doen dit onder aanskouiing van die
room van die Johannesburgse Elite - Sean sit nie vandag nie. Hy wil staan en
afklim.)
Sean, sit verdomp (ek pluk hom af na sy boude toe)
Neeee!!
(ja, nou sit hy, en ek sleep hom aan die voete af met die eerste stel trappe)
Sean,
sit! (Hy pluk my aan my baadjie van my balans af)
(Vreemde vrou:) Are you allright?
Neeeeeee! (skree Sean, En ek voel ook : Neeeeee! Ek’s so nie orraait
nie, maar wil jy die hele storie hoor? Nee, ek dink nie so nie! Flippen hel,
los ons uit!)
Yes,
thank you. I am allright . . .
(En regop
is Sean en ek het nie genoeg krag om hom weer af te trek op sy boude nie. Ek
moet hom die tweede stel trappe laat afklim, sukkel, sukkel sukkel en dit neem
ure.) Ek bring jou nooit weer iewers heen nie! Stoute blerrie kind!
Boeta happy. Mamma kwaad . . .
Ja,
mamma moerig! Blerrie meisiekinders, pleks hulle op hul eie gaan skilderye kyk.
Nou probeer hulle ma wees vir die klein wetter. (Bla-bla-bal tot by die kar.)
(Nou:
almal moerig, slaan kardeure.)
Dis ‘n
verkorte weergawe van ‘n twee-uur lange kyk na skilderye in die Standard Bank
Kuns galery.
Kom by die huis. En my man kan nie verstaan
hoekom ek so dikbekkerig lyk nie. En ek kan nie te erg dikbek wees nie want ek
alleen moet die stemming in die huis bepaal: lig en happy verkieslik. Ek moet
my frustrasies terugbyt en my glimlag opsit. En dankie sê dat ek veilig in die
reën tuis is met my kinders en ek moet dankie sê dat ek wel na die 20ste eeuse
meesters kon gaan kyk in ons eie land skaars ‘n uur se ry van my huis af. En
dat my man my soveel vryheid gee om myself uit te leef. Ek bedoel, wie ken
julle wat hulle gesinne aan hierdie besondere kunsuitstalling blootgestel het?
My kinders is bevoorreg om ‘n ma te hê wat hulle aan kultuur blootstel. Verdomp
dankie.
(Op die foto is Michelle en Chantal my twee dogters tydens 'n danskonsert. Hulle moet ook maar op hul tande byt as Sean iewers saam met ons gaan, want dis 'n klein sirkus op sy eie.)
NASKRIF: Ek moet bylas dat ek vir Sean so twee weke gelede na die sirkus toe gevat het en dit het veel beter gegaan. Narre, poedels, ponies en sterkmanne wat swaar ysterballe ronddra is eerder sy koppie tee, al het hy die nar in die maag geboks toe die mannetjie hom kom kies het om saam te gaan optree . . . Ja, daar was al tye wat ek gedink het om vir Sean maar by die sirkus in te skryf . . . Of dalk moet ek self wegloop saam met die sirkus . . . o, nee, ek't vergeet! Ek het my eie sirkus tuis!
Sunday, July 29, 2012
DEMONE, HORMONE EN TOORDOKTERS
In hierdie 30ste hoofstuk lyk dit of bliksemstrale en vreemdsoortige demone nieg om mev. Doeminie se wonderlike wêreld aan flarde te laat spat. Ek wou mos dink
die jaar is rustiger, maar voor Junie nog sy gatkant gesien het, is my jaar
omgedop en uitgepeul en so ook my derms.
Dit het laasjaar begin, hierdie ding, maar
ek het my oë toegeknyp want 2011 was mos my af jaar. My Sabbatical soos die Super-Christene
dit noem. Nie heeltemal so rustig nie, want ek was net semi-sabbaties. Ek het
nie groot skryfwerke aangepak nie – net die jaarlikse drama by die kerk (King
David and his eight Wives, 'n rolprent vir ’n vriend van my: The Nazarite (oor
Simson) en die kinderkerk se weeklikse lesse wat ek self skryf en wat oor elke
Bybelboek gaan... en o-ja, die e-jongspan stories vir die ekerk webkerk van
Prof Stephan Joubert. Sien, ek was rustig. Ja ek het begin skryf aan ’n boek...
niks belangriks nie . . . net 'n storie oor ’n internasionale semi-Christelike
kerk wat bo blink en onder stink en mense vermoor en regeer so onder die radar
. . . en ’n Bybelsmokkelaar wat hulle aan die kaak moet stel en 'n . . . Nee, niks
. . . NIKS. . . groot stories vir Hollywood of drome dat my boek deur ’n agent
opgeraap gaan word nie of dat 'n uitgewer uit Engeland my een nag gaan bel as
ek lekker slaap nie. . . Bliep-bliep – dis my ‘silent alarm’ dat ek moet
terugkom aarde toe, na die realiteit van ma-wees en mev. Doeminie wees in
Hartbeespoort. Hier is die plek waar mense doodgaan, siek word en in ellende
verkeer rondom my, 'n plek vanwaar ek nooit sal ontsnap nie, 'n plek waar my
wortels stewig lê. Dis die realiteit. Nie Hollywood nie.
(Op die foto is my breingestremde seun, Sean-Jacques en sy fantastiese terapeut, Yolanda, by die Kuierkidz leersentrum.)
Now having
said that: Met 'n
breingestremde 19jarige in die huis wat die breinkapasiteit en emosies van 'n
3-jarige het, is daar nie plek vir my kop om Hollywood toe te staan nie. My
siel drup-drup wel kwylend as ek Michael Flatley se Riverdance of Feet of
flames op televisie sien, of enige rolprent waar die spelers 'n Ierse of Skotse
aksent het. . . want om een of ander rede wil ek berzerk raak net deur aan
Ierland of Skotland te dink . . . wat is fout met my? Dis of daar tienduisend
klein demoontjies of ‘leperchaurns’ opspring in my en my kop en hart uitmekaar
uit ruk as ek net hieraan dink... ek klap hulle dan met 'n harde realiteits-‘check’
plat en uit my lewe uit en gaan aan met my alledaagse take: kosmaak, doek
skoonmaak (want Sean is nog op doeke omdat hy eenvoudig nie die bollie-ding in
die toilet verstaan nie), ry kinders skool toe, ry kinders na dans-aksies,
skoolfunksies of haarskou-aksies of redenaars of wat ook al rond. Onthou daai
storie wat party van ons op skool vir 'n voorgeskrewe werk gehad het: Andries, die verdomde robot? ... Aanhou
beweeg en geraas maak, Andries, dit is die sin van die lewe . . (Dit voel partykeer so!). Maar verlede jaar het 'n ding my oudste dogter begin onderkry... 'n ding wat ek geen beheer oor het nie, en sy ook nie. . . Eers meer oor my dogters:
Dis baie uitdagend
om 2 pragtige, talentvolle, kreatiewe dog hormonale dogters te hê. Dis meer
uitdagend as om 'n breingestremde 3jarige tiener te hê - vir my. Sean is
rustig, praterig, lomperig, liefdevol, passievol oor ander mense (dit sien mens in die paniekerige
uitdrukking in elke mens in die dorp se oë as hy hul oor-vriendelik groet en
wil soen of druk). Sean is my vrolike lot op aarde. Ek het lankal daarmee
vrede gemaak dat hy soos my ‘happy’ Siamese tweeling met my gaan wees solank ek
of hy lewe. Gelukkig is hy happy. Altyd.
Hy verstaan mos nie ongeluk, probleme of drome nie. Hy is die een wat my
nederig hou, wat my laat besef dat droom vir ander oulike mense beskore is. Hy
laat my besef dat die realiteit (soos 'n vrot doek in jou gesig) jou anker op
'n veilige roetine plek waar drome ruik soos stront en in die toilet afspoel
soos ... ja-wel, daardie einste drol.
Maar voor my alterego, Gielie Galbraak,
haar sê inkry, laat ek net my realiteit bietjie opvrolik. My man, Anton is mos
dominee. Ek het ook al vrede gemaak dat ons, willens of wetens, deel is van 'n
gebroke wêreld waar ellende soos riool uitspoel orals in die strate en ook in
ons mooi dam hier op Hartbeespoort. En dit loop: dik en drillend duidelik uit
die huise van ryk en arm. Van Skotstraat doerbo in Schoemansville wat so van
ver uitkyk oor die dam, tot in die Popo Molefe plakkerskamp hier oorkant ons
plot. Niemand word ellende gespaar nie. Selfmoord, kanker, armoede,
verkragting, verwerping, egskeiding, verslawing en beskindering: dis deel van
elkeen. Dis veral deel van 'n dominee se huishouding, want as dit jou mense
raak, dan raak dit jou en jou gesinslede. My man is ’n baie goeie berader en kan oplossings
uitdink so vinnig soos die riool uitloop in die dam. Maar juis daarom moet ek
redelik altyd my eie oordramatiese gevoelens en derm-uitrygende worries eenkant
toe skuif, want dit kan te veel raak vir hom. Dis iets waarmee ek moes vrede
maak. Dis waarom ek ook my antidepressante daagliks drink, want ek kan sowaar
nie met die Bybel alleen onder my arm, my weghol emosies en verbeelding,
heeltyd kalm hou of aan my man ontbloot nie. Dit plaas hom onder geweldige spanning. Ek
bedoel, dit plaas my onder geweldige spanning om die goed te droom en uit te
dink, en dit plaas dan almal om my onder spanning. Dis soos 'n wegholperd as ek dit nie beheer nie. En 'n ma moet kalm wees. Te alle tye. Vir die behoud van die gesin.
Gelukkig het ek goeie vriendinne ('n
malle, 'n rustige, 'n suksesvolle, 'n kunstige, 'n terapeutiese en 'n
eksotiese) wat met groot oë en die regte geluide na al my verwonde drome en
bloedvergietende verhale luister - en sterk koffie skink sodat ek my trane
daarin kan verdrink. Maar dan het ek ook twee pragtige tienerdogters wat my
weer van voor af laat drome droom: vir hulle (maar dit doen ek saggies -
versigtig soos 'n skoenlapper fluistering, want nooit wil ek op hul die las van
te groot drome plaas nie). Hulle kan natuurlik droom. Hulle eie drome op hul
eie tyd. (Op die foto is Chantal, ons veertienjarige dogter in 2012)
Ek wou eintlik oor dié twee wondermensies
praat wat te midde van hul eie demone en hormone, ook deel is van die probleme en realiteite van 'n predikantshuis - en nog 'n huis met 'n gestremde in, daar is dus ellende van alle kante, maar ek dink tog die twee dogters van ons oorleef tans nog al die aanslae... net-net:
Hier is hulle, ons twee dogters: Die mooie Michelle (17) die slim, kunssinige, kreatiewe modeontwerper
met haar sagte gees en altyd vriendelike glimlag wat groot drome droom van die modehuise
van Milaan, Parys en London; en die ewe mooie Chantal (14), die ewe slim, vurige,
emosieryke volbloed aktrise met haar klein seerkry hartjie en groot aspirasies
van Hollywood, Broadway en West-end. (Op die foto is Michelle tydens 'n Goldwell haarskou in 2012)
Met twee sulke uiterste en passievolle dog hormonale siele in die huis, kan ek nie juis baie tyd spandeer aan my vergete drome nie.
Hulle vol lewe hou my besig en jonk. Dis 'n wonderlike voorreg om hul te sien
grootword: (as ek die beeld van wurmpies kan gebruik - ) om te sien hoe hulle
van klein wurmpies ontwikkel en stewig toegespin in hul gekoesterde menswees
(soos binne in 'n veilige kokon – hul ouerhuis) – hulself hierbinne rondwikkel,
skop en stoei totdat hul self 'n opening uit die kokon krap en 'n stukkie van
die toekomslig sien van waarheen hul oppad is. (Dit klink nou woes dramaties,
maar byt vas . . )
Ouers veg soms saam met hul kinders om die kokon
oop te kry en te help ontdek waar die lig inkom. Dan stoei die skoenlappers verder en
ontwikkel hul vlerkies en druk die koppies deur die gate en uit die kokon,
pynlik maar dapper en uiteindelik druk hul lyfies en papgedrukte vlerkies deur
en kan hul hul vlerkies saggies oopmaak, eers net klein en dan al hoe groter
totdat hulle dit woes kan rondflap. Die nuwe vlerke klap 'n ouer seker maar
dikwels in die gesig of onderstebo, want die passie en vreugde waarmee die nuwe
skoenlapper haar vlerke bewonder en oopsprei, is selfs vir die skoenlapper self soms
te oorweldigend. Sy stamp haarself ook soms in haar lompheid onderstebo. En dan
is daar net een pad vorentoe: Daardie vlerke moet geoefen word. Soms wil mens die
skoenlapper terugdruk in die kokon en haar beskerm, maar jy besef dat sy nooit
weer terug gaan pas in daardie veilige boksie nie. Al wat oorbly is om die
vlerke wyer en wyer te sprei totdat sy wegvlieg. Die groot wegvlieg lê voor vir
my en ek wag met opgehoude asem daarvoor. Die dag as my twee mooi gekoesterde
skoenlappers die wêreld invlieg en hul eie lewe gaan lei.
Maar
eers sit ons met die PROBLEEM wat iewers laasjaar aan my Michelle se kokon begin krap het: Michelle is al ’n jaar kronies
moeg en naar. Ek was al by al wat 'n dokter, homopaat en internis is. Nog net nie by 'n toordokter nie! Sy is net
sonder energie en selfs bewerig – heeldag – en naar. Die rande vloei in daardie
ewige rivier van doktersrekenings in en steeds is dit het einde niet. Ek betaal
met ’n glimlag alles wat ons het aan dokters – as iets net wil help. En met my
geskiedenis van dokters en homopate met ons breingestremde, is dit 'n woeste
toets net om een van hierdie spesies te vertrou. Ten einde laaste is ons nou by
'n sielkundige. Ek wil nou dink dat die naar en moeg begin het na haar goeie
vriend, Dean Steyn se dood in Mei 2011, want die simptome het net daarna begin.
Post Traumatic Stress Disorder, noem die slimmes dit, maar selfs daaroor wonder
ek: hierdie mensies kry lae bloeddruk, nagmerries oor die voorval wat stres
veroorsaak, slegte nagrus, raak onsosiaal, ens ens, en niks hiervan is Michelle
nie. Ek wil mal word. Ek bid vir haar. Erg. Daar was al iemand wat 'n duiwel
wou uitbid en 'n ander het my vertel van heksery en wat als. Ek het haar al
selfs beetgehad en enige toordery weggedryf! (Dis 'n hoofstuk op sy eie
daardie, asof ek of sy so iets gewoond is!). (Op die foto is 'n vriendin Anastacia links, Michelle in die middel en Chantal regs tydens 'n Goldwell haarskou by Kuierkerk )
Ek is so bekommerd oor Michelle se vreemde siekte-toestand maar kan niks vir haar doen nie. Nie Red-Bull of vitamien B-inspuitings help nie. Ons bid. Ons bid. Ons bid. Dis geen lewe
vir ’n tiener nie. Tog bly sy vriendelik, aktief en sosiaal. Ek besef nou hoekom sy so aangedring het op homeschool vanaf middel verlede jaar. Die drie verdiepings trappe by die dorp se Hoërskool was
daagliks te erg uitputtend vir haar. En dan nog die onuitputlike bron van onderwysers wat
met alles foutvind, wat kleinlik die vensters van die klas toe hou as die
kinders te veel praat om hul in 'n sauna-uitputtende omgewing te straf vir hul
sondes. Of onderwysers wat heeldag teenoor die kinders kla oor hul eie onstabiele
huislike en emosionele omstandighede of 'n onbevoegde onderwyseres wat glad nie
in 'n klas hoort nie en soos 'n magsbehepte tiran die kinders uit haar klas
laat vlug omdat sy net kans sien om 'n handjievol deur te vat matriek toe. Dit
alles het Michelle totaal energieloos gelaat en ons moes haar inskryf by Impak
tuisonderrig. Ek is nou bly hieroor want sy doen goed tuis met relatief min
energie wat gemors word op iets anders as skoolwerk. Sy dans nog haar danse en
neem orals deel aan sosiale geleenthede. Ek bid net dat sy gesond word. Wat ook
al fout is. Sy steek haar siekte goed weg en niemand kom dit agter nie, behalwe
ek. Sy leef haar uit in haar kuns en haar kreatiwiteit en haar droom is om in
Kaapstad te studeer 'n internasionale modeontwerper te word.
Chantal is 'n passievolle uitdaging op
haar eie: Sy is tipies drama-Queen te hard op haarself en op haar toneelspel,
dans, kleredrag, voorkoms en persoonlikheid. Ek bid dat sy balans sal vind in
haar kreatiewe gees en haarself sal aanvaar vir die pragtige talentvolle meisie
wat sy is. Sy het pas 5 voordrag/drama/gedig items gelewer op die Harties kunstefees
en vir alles A++ gekry. Sy het my asem weggeslaan met haar voordrag en
volwassenheid.
Ek sien myself so 100% in
hierdie twee dogters van my: ek sien elke swakheid maar ook elke sterkpunt van
my wat hul by my geërf het. My swakhede is dalk hulle sterk punte en kan hul
ander sterk punte net versterk. Ek sien ook Anton se intellek, sy passie vir
mense, en al sy ander goeie en slegte eienskappe in hulle. Mag God alles van
ons – sterk en swak – wat in hulle is, in een wonderlike toekoms vir hulle
inweef sodat hulle skoenlappervlerke hulle nog ver oor die wêreld heen kan dra
waar hulle 'n kleurvolle verskil gaan maak. My gebed is dat God hulle sal bewaar terwyl hy hul drome waar maak en dat Hy hul sal laat sien hoe groot en wyd sy liefde en genade is vir hulle en vir ander. Ek bid dat hul 'n seën sal wees vir ander, orals waar hulle kom en dat hul God se genade en liefde ook aan ander sal oordra. Hierdie is dinge wat hul broer, in sy eenvoud en in sy gestremdheid alreeds ontdek het, maar dis iets wat 'n gesonde jongmens nog ver en wyd sal moet soek om te ontdek.
Monday, June 11, 2012
Hoofstuk 29: MEV. DOEMINIE, GOLIAT EN DIE REUSE KONING!
Mev. Doeminie
gaan blykbaar deesdae met minder storm en drang en Bliksemstrale deur die lewe.
Die redes is: 2012 is dalk toe nie so sleg soos ek vermoed het nie of ek raak
te oud vir al die storms en het besluit om in my grot weg te kruip. Ek sê mos
dikwels ek moet eintlik ‘n non word wat iewers in Tibet bo-op ‘n berg sit en
staar na die sneeu op die ander berge. En ja, ek sal facebook en internet en ‘n
laptop moet hê. Okay, die non-ding is ’n slegte idee.
(OP DIE FOTO IS 'N VOET VAN 'N SKILDERY VAN DIE SKILDER RAFAEL WAT EK IN DIE VATIKAAN MUSEUM GENEEM HET. DIT IS VIR MY 'N VOORBEELD VAN WAAR ONS CHRISTENE MOET BESIG WEES - OP 'N GEBROKE PAD IN 'N GEBROKE WêRELD MOET ONS VOETE 'N SAGTE SPOOR TRAP.)
Die bitterbek
Gielie Galbraak, een van my alterego’s, het dalk ‘n paar belangrike lesse
geleer so tussen die horribale 2010 en vandag. (Ek moet noem dat hierdie lesse
nie geleer word sonder bloed, pyn, gil, skree, vloermoere, kopverloor, gewig
verloor en optel, en natuurlik, die drink van duisende rande se
anti-depressante en soms rooiwyn nie. Die wyn is Bybels – Paulus het dit self
gesê in 1 Tim. 5:23: Moenie langer net water drink nie. Gebruik ’n bietjie wyn vir die maag en vir jou herhaalde ongesteldhede – Ek verstaan onder ongesteldhede: ook angs,
depressie, woede, emosionele pyn, ens!!!)
Voor ek by die
lesse uitkom: Ek het sedert Februarie na my aggressiewe, dog traanbesnotte,
besoek aan Social Services op Brits, toe nie ‘n non geword in Tibet nie. Ek het
darem in Januarie so met hikke en snikke en ‘n pynigende gesukkel, ‘n nuwe
musiekblyspel geskryf – my sesde sedert 2009. King David and His 8 Wives.
Die probleem met die toneelstukke is nou as volg: elke jaar sê die
mense: Sjoe, dis die beste een nog! (Of hulle vergeet van die ander goeies of
die nuwe een is so vars en nuut dat hulle nie anders kan as om dit te sê nie!)
Dit bring nogal stres mee want self weet ek nie waar ek die idees kry nie –
nee, ek weet, die Here self gee my inspirasie en idees. Maar elke keer wonder
ek hoe ek die vorige toneelstuk kan oortref, want ek is mos maar net mens. Maar
soos die Here wil en soos hy kalm en geduldig die idees vir my voer, so skryf
ek toe weer ‘n play. Met min energie om die jaar mee te begin, lê selfs die beplanning
en die oefening en die entoesiasme toe soos ‘n Titaniese ysberg voor hy. Ek weet mos nou al teen die tyd hoeveel werk
gaan in so blyspel in. En as die entoesiasme en positiewe energie nie blymoedig
en oorvloedig uit jou vloei nie, dan vloei dit ook nie in die dierbare mense in
wat jy moet mobiliseer nie – mense wat self vuisvoos van hul eie probleme en
werk is en wat die musiekblyspel doen in die paar sekondes vrye tyd wat hul wel
in ‘n week oorhet.
So, gebeur dit
toe dat my vriendin – ook Rene’, se dogter, Doreen (of Dolla) einde verlede
jaar klaar drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is vars,
blond, bruisend van energie en vol idees. Sy gooi haar 30kg gewiggie by ons
span en sy bring met haar die entoesiasme wat soos ‘n golf oor die spelers
spoel. Met haar drama-kennis stoot sy almal in ‘n nuwe rigting en die oefening
begin. Ons veg en dreig wel om ‘n paar mansrolle vol te maak, want veral die
manne het maar vol lewens en werk laat. Maar ons kry ‘n paar nuwe gesigte en
die bal is aan die rol. En hy rol. En hy flippen rol! (OP DIE FOTO IS DAWID EN BATSEBA - LINKS - EN MY DOGTER MICHELLE REGS WAT DANS - TYDENS ONS MUSIEKBLYSPEL OOR DAWID)
Hierdie naweek
het ons die opvoering by Kuierkerk in Hartbeespoort gedoen. Daar was seker so
altesaam 900 mense wat kom kyk het oor twee aande. Die Here se seën het soos ‘n
warm wolkombers oor ons gehang, die hele naweek, nieteenstaande die feit dat
die eerste koue front ons dorp getref het nie. En nieteenstaande die feit dat
die Bokke rugby gespeel het Saterdagmiddag nie. Die mal Koning Saul (Bruce
McKay) het ‘n meesterlike gebroke dog mal, koning vir ons gewys wat nooit
werklik opgewasse was vir die rol as eerste koning van Israel nie. Gilliaume
Strydom, ’n briljante sanger en akteur het Dawid van sy jongdae laat groei van ’n
Giant-killing-superhero tot ‘n reuse
koning wie se mag hom laat vlieg het maar ook laat struikel het. Elke speler
was meer as voorbereid en ek glo hul was ook bonatuurlik geseën vir hul
onbaatsugtige diens aan die gemeenskap. Elke helper agter die skerms het sy
plek volgestaan en die gehoor was oorstelp. My hart loop oor van trots op ons mense.
Ek het op die laaste aand gesê dat ek mos alewig Hollywood toe wil gaan om die
wêreld te red, maar watse mense kry ek dan daar? Hierdie pragtige opregte mense
wat in die blyspel gespeel het, mense met sagte Jesus-oë en die Gees wat deur
hul dade jou omhels, sal jy nie in die warboel en geldbehepte nes van Hollywood
kry nie.
As ek dink aan my
horibilale 2010 en die 'sagte' vyande van net ’n ander Christen kerk - as ek dink aan hul
messe wat in my rug afgebreek is, en hoe dit my en my gesin byna geknak het,
dan besef ek dat ek hier in my gemeenskap gelukkig en relatief veilig is. Die emosionele moord en -verkragting en verwerping van ‘n plek soos Hollywood, sal erger wees as wat ander Christene aan my doen. Dit sal meer wees as wat ek
kan verwerk. Dis seker God se manier om my te beskerm as ek nêrens deurbrake kry met my boeke en draaiboeke
nie. Ja, ja, die slim goeie Christene sal sê, nee, wag bietjie, God gun ons
sukses en geld en dat ons ons talente op die hoogste vlak uitleef: Gaan vir
daardie groot droom. Ek is mos nou te moeg gedroom aan daardie groot droom. As God dink ek is
reg en Hy dink ek kan dit vat, sal Hy self die deure oopmaak. En Hyself sal my
ook daarin moet instoot. En Hy kan, wanneer, en as Hy wil. Ek kan dit nie forseer
as EK WIL nie.
Dalk was die ge-droom van die groot droom om my draaiboek, Wee Monk's Tale, te kan verfilm in Ierland, of net dat 'n uitgewer die boek aanvaar, my Goliat. Die feit dat ek oor die obsessie van die droom gekom het, het ek my Goliat verslaan. God kan my steeds 'n reuse koning maak in die land van sy keuse, maar een wat nie naarstiglik al haar energie in 'n obsessie in voer nie. God sal die Goliat verslaan en die sukses bring wat hy dink nodig is. Ek hoef nie al my energie in te sit om by Goliat uit te kom nie. My energie moet gaan om elke dag 'n seën vir ander te wees: of dit nou my kinders, my man, my vriende of die gemeenskap is - en of dit nou ekself is. (Ek hoop dit maak sin vir iemand in die kuberruimte!)
Dalk was die ge-droom van die groot droom om my draaiboek, Wee Monk's Tale, te kan verfilm in Ierland, of net dat 'n uitgewer die boek aanvaar, my Goliat. Die feit dat ek oor die obsessie van die droom gekom het, het ek my Goliat verslaan. God kan my steeds 'n reuse koning maak in die land van sy keuse, maar een wat nie naarstiglik al haar energie in 'n obsessie in voer nie. God sal die Goliat verslaan en die sukses bring wat hy dink nodig is. Ek hoef nie al my energie in te sit om by Goliat uit te kom nie. My energie moet gaan om elke dag 'n seën vir ander te wees: of dit nou my kinders, my man, my vriende of die gemeenskap is - en of dit nou ekself is. (Ek hoop dit maak sin vir iemand in die kuberruimte!)
My musiekblyspel
is ‘n seën vir my (en ander), al maak ek geen sent, soos gewoonlik, met dit nie. Die wins - as daar is gaan mos aan liefdadigheid. Dit bring
mense van verskillende kerke saam en bind hulle in hegte vriendskappe saam op ’n
plek waar dogma en mensgemaakte reëls terugstaan vir diensbaarheid en
liefdeswerk. Dis ‘n plek waar die Woord van God op ‘n gemaklike en genotvolle
teatermanier oorgedra word en waar die Gees vir mense Bybelse waarhede leer
sonder dat hulle dit eers besef. Dis ‘n plek waar ek sien hoe my storie ‘n lewe
kry en waar mense dit eenvoudig geniet. Al raak ek net 900 mense aan met ‘n lewensveranderende boodskap, is dit genoeg. Al raak ek net een aan. God is tevrede hiermee en Hy glimlag liefdevol vir my en vir elkeen wat deel was op welke manier ook al. Ek is trots op my mensies – van die beste sangers tot die hakkelendste akteurs wat ‘n hoofstuk in hul lewensverhaal kon byvoeg met hierdie hemelse ervaring. Ek is trots op my dogters wat saam met my hiervan deel kon wees. Die 14jarige Chantal (OP DIE FOTO LINKS) raak elke dag meer die aktrise wat sy wil wees en haar selfvertroue ken geen perke nie, danksy Dolla se nederige, diensbare, sexy voorbeeld en haar oneindige energie! Die 17jarige Michelle het hierdie jaar ingespring en haarself as ‘backstage manager’ aangestel. Sy organiseer en pak reg en hiet en gebied almal. Sy het selfs die mikrofoonruilings verfyn tot ‘n kuns. Ek is trots op my breingestremde seun, Sean, wat met hart en siel tydens die hele toneelstuk saampraat en dit uit sy hart geniet soos geen ander mens kan nadoen nie. Ek is trots op my man, wat net inval waar ek hom nodig het. Ek is trots op my. (OP DIE FOTO IS EK EN ANTON WAT MY BYSTAAN MET GEDULD MET AL MY DINGE)
1.
Doen
wat jy talent voor het. Los die ander goed vir die ander ou wat ander talente
het. Hy weet beter, al dink jy jy kan dit ook beter doen (ons almal dink mos so
. . .) Al is dit nie soos jy dit wou hê nie, en dit werk, dan werk dit en almal
is gelukkig.
2.
‘n
Sagte woord keer die grimmigheid af. Al moet jy eers huistoe gaan en in jou
kussing gaan skree en vir die kat die hele aaklige storie met bypassende
vieslike handgebare oorvertel - om dit te prosesseer, natuurlik, moet jou
volgende reaksie wees: ‘n sagte, vriendelike, liefdevolle woord. Dit bring
vrede, nie oorlog nie. Daar is genoeg oorlog in die wêreld. En dit keer dat die
ander ou viesliker terug antwoord en die hele ding ontaard in ‘n boheemse
viesliker bekgeveg.
3.
Wees
die minste. Sê jammer. Sê ek is lief vir jou. Dis nie moeilik nie. Jy kan dit
sms as jy hakkel of stotter of bloos.
4.
Geniet
jou talente en skep vir jouself geleenthede en sit energie daarin. Hiermee saam
gaan die volgende: meng met entoesiastiese mense wat jou inspireer en jou
energie verdubbel. Die lewe is moeilik genoeg. Moenie dat ander jou energie
steel nie, veral as jyself veg om jou energievlakke hoog te hou in ‘n besete
wêreld wat vat wat hy wil.
5.
’n
Jong ma het die week selfmoord gepleeg. Haar drie klein kinders sit sonder ‘n
ma. Ek glo sy was verseker depressief en het nie geweet wat sy doen nie. Maar
vir iemand om op so ‘n moeilike plek te kom, moes sy gedaan, gedreineer en
sonder hoop gewees het. Maak tyd vir Jesus, al sit jy net tydens jou tye in die
kar met hom en gesels, dan spandeer jy baie tyd met jou beste vriend, die een
wat jou kan inspireer en genoeg positiewe energie gee om te kan hoop op beter
dae.
6.
Jy
moet ware vriendinne (vriende) hê met wie jy weekliks koffie drink. Dis die
plek waar jy hoop kry, aanvaarding en liefde. As jy nie vriendinne het nie, kry
hulle, gaan soek hulle: by kerkaksies, blommeklubs, kunsklasse, tennisspelery,
enige sosiale plek. Doen net iets anders as voor die tv sit of in jou huis
wegkruip. As jy ‘n non moes weet in Tibet, sou jy al daar gewees het, glo my.
Jy is nie gemaak om alleen jou laste te dra nie.
Nou begin ek soos
’n lekeprediker klink. Ek stop dadelik! Sela!
Subscribe to:
Posts (Atom)






