Showing posts with label Wee Monk's Tale. Show all posts
Showing posts with label Wee Monk's Tale. Show all posts

Sunday, January 30, 2011

HOOFSTUK 4: NUWE VISIE, NUWE VOETFOUTE


Op die foto: ek en Anton en Michelle en Chantal tydens 'n besoek aan Ierland in 2006 vir navorsing (en 'n ongelooflike lekker vakansie) vir my groot boek, Wee Monk's Tale!!

Soos ek maar altyd sê: die ouens wat die vorige hoofstukke gemis het, het nou 'n moviese agterstand. Hierdie is die vierde hoofstuk! Ek en my man is deur 'n klein hel met ons omstandighede maar God gee 'n nuwe visie om ons ons helderheid van verstand te laat behou!

Op Hartbeespoort en met drie klein kinders, begin ek en Anton toe een keer ‘n week die Bybelskool by Lynnwoodrif Kerk (Pretoria) bywoon en kry ‘n ongelooflike nuwe insig in die Bybel. Hier ontmoet ons 'n nederige godsman, Prof. Stephan Joubert wat op Tukkies klasgee en wat vir ons lyk en praat soos Jesus. Ons begeer om die Bybel soos hy te ken.
Ons ontwikkel 'n visie wat ons albei se vroeë dood kan beteken: Om mense oor die Bybel in te lig en op te voed (en ek glo: daarby te vermaak!)Min weet ons op hierdie stadium wat so 'n edele en onskuldige visie ons nog gaan kos in ons lewe. (Ek moet bysê, die makliker pad sou wees: Anton doen aansoek vir ingenieursposte, kry 'n goeie werk en salaris en ons hoogste godsdiensoomblik in die week is die erediens by ons T-Kerk (julle onthou nog – dit is die skuilnaam van die kerk waarby ons betrokke was. En waar ons geweeg en te lig bevind is. Die Engelse sê so mooi: You have been weighed and found wanting!!)


Anton is so opgewonde oor die Bybel dat hy sy klein hardewarebesigheid toemaak en in die jaar 2000 voltyds begin Teologie studeer by Tukkies. Sewe maer jare volg. Ek maak kinders groot en doen so tussendeur poppeteater saam met ‘n vriendin by skole en kerke. Dis lekker en ek kom agter ek kan ‘n fantastiese storie uit my duim suig en kinders is mal daaroor. (Dis seker al daardie Disney rolprente wat ek nagte lank saam met Sean moes deurwerk terwyl hy nie wou slaap nie – kort na hy sy breinskade opgedoen het!)



Ek moet nou sê ter wille van my eie verdediging dat ek as persoon op dié stadium nog ‘n mak lammetjie is. Die lewe het my bloots gery en my oemf was uit. Ek was nie meer die energieke jong student wat ‘n berg kan uitklim of deurnag sokkie nie. Elke dag was baba-treetjies na oorlewing. Ek was nog op die herstelpad met myself en in my hande het ek die brose handjievol lewe getroetel wat nog in my are gebruis het. Ek het eers later begin om ‘n m**rige mev. Doeminie te word. Ek skryf netnou meer van my oorlewing in die tyd met min geld en Anton wat swot, waar ek met meer humor daaroor kan praat! In dié tyd begin ek ook Bybelstories vir die jongspan Prof Stephan Joubert se webtuiste, www.ekerk.co.za skryf.



As deel van my finansiële- en sielsoorlewing skryf ek tussendeur artikels vir ‘n tydskrif, Vonk, so ‘n paar navorsingsartikels vir Finesse tydskrif en deurentyd vir ons plaaslike koerant ‘n storie of twee. My skryflus laat my ook later ‘n tienerboek skryf, wat ek so oor 5 jaar navors en skryf; so tussendeur die vrot doeke, kwylende bekkies, honger kinders en ‘n laatnag studerende man. Vandag is ons ‘n totaal abnormale gesin, met ‘n breingestremde 18jarige, Sean, wat lag-lag deur die lewe loop en val. Waar hy kom oorweldig hy mense met sy vreemde woordeskat en onvoorwaardelik liefde; ons het ‘n smeulende mooi 16jarige Michelle wat ‘n sagtheid en warmte uitstraal wat min meisies van haar ouderdom het en ‘n pragtige 13jarige Chantal, ‘n vuurvreter en drama queen wat volgens haar nog die Amerikaanse Idols gaan wen.

(OP die foto is Michelle en Chantal wat maar altyd gereed moet staan as ek hul in een van my onkonvensionele pogings wil gebruik as model, akteur, danser of sanger. Hier het hul as klein kinders posseer vir my eerste voorblad vir my boek, Wee Monk's Tale, the Secret of Immortality. Saam met hulle is Paul, hul neef en Dylan, vriend.)

Min het ek geweet dat my lewe as Mev. Doeminie meer trauma en avonture gaan meebring as wat ek tot dusver beleef het! As mev. Doeminie het ek dalk baie sinies gemaak oor mense en die lewe, en geloof en goeie vriende wat ons al verloor het in die oorlewingsproses. Ek is iemand wat nog altyd glo God is in beheer maar die laaste tyd sukkel ek om dit te sien, veral in die formele kerk waar dinge nie altyd gaan soos ek dink God wil hê nie en waar dit lyk of mense in beheer is. (Ja, ek weet, God werk stadig en op misterieuse maniere, en Hy dink nie soos ek dink nie, en ekmoet net dankbaar wees vir wat ek het. Ek is. Ek is bang om te wonder hoekom God nie meer doen nie, want ek kom die laaste tyd agter as ek deur diepe lyding gaan, dit gewoonlik is om ander mense te help met iets onverklaarbaar groot en wonderlik... Dit voel dan nie noodwendig vir my wonderlik nie... maar die uitkoms sekerlik is... )
My kinders bly darem in die tye vir my ‘n bron van hoop en vreugde. Ek het later uitgevind wat hul name beteken, name wat ons net gekies het vir die mooi daarvan: Sean (An english John, 'n Afrikaanse Johannes en 'n Franse Jean!): God is genadig; Michelle: kom van die aartsengel Michael wat beteken, soos God. En Chantal wat beteken: lied/sing. Anton beteken kosbaar. My naam René is afkomstig van die Griekse woord wat nogals vrede beteken en ook die Franse woord vir Wedergeboorte. Die wedergeboorte verstaan ek heeltemal en ek het die merke om te wys hoe pynlik dit was, maar die vrede kom net so met rukke en stote deur en gewoonlik tesame met antidepressante en so nou en dan ‘n angspil! Daarvoor is ek ‘n te regterbrein-mens. Ek het al in my lewe baie vir God gevra: gee my net vrede. Ek dink dis ‘n lewenslange proses. Die feit dat ons name hierdie betekenisse dra, gee mens die vertroosting dat God daar is vir jou al loop dinge kronies skeef.


(Op die foto is Sean-Jacques, nou 18, sy vriendelike self.)


As ek altyd in my blog ‘n bietjie lighartig spot met my lewe en wroegings oor die laaste jaar veral, dan is dit seker maar die humor wat my help werk deur die hel waardeur ons gesin is veral in 2010 - die ander stories is maar ter inligting en verduidelik van waar ons vandaan kom. Ek het maar humor nodig om my verlede te verwerk vandag. Dalk sit jy ook daar met jou eie hel, jou tronk, jou vergete drome, jou helse man, jou dekselse kind, jou vieslike werk, jou bose verslawing, en dalk kan ek jou bietjie laat ontvlug en kyk na my abnormale lewe. Ek gaan nog daarby uitkom van hoe die Here my en Anton geslyp het tot gereedskap vir sy koninkryk.

Kan ek nou vir alter-ego Griekie Galbraak 'n beurt gee asb?

Tans is ek maar op 'n vrot plek waar ek voel dat al die geslypery en regmakery was maar ter wille van die proses en nie ter wille van 'n uitkoms nie, veral nie 'n uitkoms wat ek sou visualiseer nie, soos bv. dat 'n uitgwewer my wonderlike skryftalent sou raaksien en my wonderlike Ierse boek sou publiseer. Die proses is blykbaar als, die proses is blykbaar die pret, die proses is blykbaar die seën op jou lewe, die proses is waarvoor jy dankbaar moet wees. En blykbaar gee 'geen bereiking van 'n doelwit jou vrede of plesier nie, moet jy weet vandag'. So, ek worstel voort met my daaglikse vervullende inspirerende prosesse, soos jy. Nevermind wat ou Maslow te sê gehad het in sy teorie van die menslike behoeftes wat insluit: fisiologiese-, veiligheids-, sekuriteits-, sosiale-, agtings- en self-verwesentlikings behoeftes. Dis net 'n teorie. Maar ek sou dink mens bereik mos 'n doel, en gaan aan na die volgende doelwit, gaan deur al die stappe en so bereik jy elke keer 'n hoër vlak van bevrediging met jou gawes: sosiaal, agting, self-verwesentliking ens. Die hele toetie. Maar eks duidelik verkeerd. Hou den bek, suster. Wees happy. Jy het als. Jy kan skryf. Die rekenaar geniet jou geselskap. Jy kan hom nie kwaadmaak nie. Hy is geduldig, gehoorsaam en goeie geselskap. Skryf maar as jy moet. Dit is die proses, nie die uitkoms nie wat saakmaak. Selfs Miley Cyrus weet dit. It’s the climb.
The Climb
Songwriters: Alexander, J; Mabe, J;

I can almost see it
That dream I am dreaming
But there's a voice inside my head saying
"You'll never reach it"
(My voice sê weer ek kan dit bereik… al is die droom hoe groot)

Every step I'm taking
Every move I make feels
Lost with no direction
My faith is shaking

But I gotta keep trying
Gotta keep my head held high

There's always gonna be another mountain
I'm always gonna wanna make it move
Always gonna be a uphill battle
Sometimes I'm gonna have to lose

Ain't about how fast I get there
Ain't about what's waiting on the other side
It's the climb

The struggles I'm facing
The chances I'm taking
Sometimes might knock me down
But no, I'm not breaking

I may not know it
But these are the moments that
I'm gonna remember most, yeah
Just gotta keep going


And I, I got to be strong
Just keep pushing on

'Cause there's always gonna be another mountain
I'm always gonna wanna make it move
Always gonna be a uphill battle
Sometimes I'm gonna have to lose

Ain't about how fast I get there
Ain't about what's waiting on the other side
It's the climb, yeah!

There's always gonna be another mountain
I'm always gonna wanna make it move
Always gonna be an uphill battle
Somebody's gonna have to lose

Ain't about how fast I get there
Ain't about what's waiting on the other side
It's the climb, yeah!

Keep on moving, keep climbing
Keep the faith, baby
It's all about, it's all about the climb
Keep the faith, keep your faith, whoa

{ From: http://www.elyrics.net/read/m/miley-cyrus-lyrics/the-climb-lyrics.html }
© HOPELESS ROSE MUSIC; VISTAVILLE MUSIC;

En ja, ek geniet my prosesse baie want ek is kreatief selfs daarmee. Dit sou gaaf wees na die proses dat iemand anders dit ook kon raaksien. Soos 'n uitgewer, maar ek vra te veel. Ek moet tevrede wees met my basiese behoeftes van huis, kos, klere en 'n wonderlike gesin. En ek is. Ek is gelukkig. Dis net die groot drome wat 'n gawe en 'n kruis is...

Sunday, January 2, 2011


So, WHAT DOES A WRITER'S 'ANNUS HORRIBILUS'
LOOK LIKE? (2010)


Ever since the Norway Disaster*, that broke my "Wee Monk's Tale" dreams and my heart, I have been working on some screenplays to keep me busy.


*You need to know this about me: So I went on this mission to do some networking at the London Book Fair 2010. My suitcases were all packed, including self-published copies of my book, Wee Monk's Tale, The Secret of Immortality; my adapted screenplay, visitor's cards and whatever! My hubby, Anton joined me and so did our two daughters, Michelle and Chantal. We planned a week in Wales and a week in Norway before the BIG BOOKSHOW! I was going to hit London with a BANG! And I wasn't going to leave without a publisher or literary agent. No, way!But, with a BANG the volcanic ash hit us while in Bergen, Norway, and we had no way of getting to London. We were stuck in Oslo for another week. It was one of the biggest disappointments of my life.


So where am I now?

2010 was a terrible year for me and my family - not only did I miss the London Book Fair, but we went through some rough patches with Anton's work as a reverend and my kid, Chantal had a back operation, to name a few emotional setbacks! Wee Monk's Tale was my first born (book) and I worked long and hard on the screenplay adaptation, but later in the year a friend suggested I write a Christian screenplay (drama, ugh!) - I'm more an action-adventure type of girl. But I had the idea and then wrote the script in 3 weeks time. Wow. I was surprised! The name: King's men.


So, I started on another one, a musical, Heartsong, a Greek love story (also three weeks) and now I've started on another one, a more serious Christian-spy story - No name yet... I think something like: Silent weapon. Or whatever. I am doing research now - reading up on drug smuggling and secret societies. Oh, I love it! I already wrote the first 15 pages.I gave up on thinking I will sell any scripts - yeah, I used to think it will come easy and God himself will pave the way, but life is not that simple.


This year 2011, I'm thinking, I'll keep on writing and hopefully, maybe, whatever...I'm not finished with the follow-up book: Wee Monk's Tale, the secret of the mountain troll, either, but I will get there. My heart is still broken - you know, the London book fair, the ash, my faith in God and his plans with me and my own dreams. Maybe it is not meant to be, even though I got good feedback from the Fresh Voices Screenplay competition. Very good indeed. But not good enough to be the winner it seems. Will find out who the finalists are on 17 Jan.
I wrote another play (Musical) for our Church, Samson the Great, and it will be fun to once again entertain the locals! And let the critics loose, because, I mean, really! Why on earth will I use the music of Queen in the life of Samson. Well, come and see for yourself! And come throw your stones, I'm used to it by now. One of the great advantages of thinking out of the box!

May God be good to us writers in 2011 - the aspiring ones, especially. And yes, if Mel Gibson do contact me about my movie, if he gets over his problematic love life and personal problems, then of course, we can still make a lovely movie in Ireland! He is such a good director, actor and person, I know so. I still believe in him. We all had a really bad 2010!


Luv Rene' van ZYL - South Africa