Oud-Parysenaar en haar teoloog man gesels oor beide se nuutste pennevrug.
October 6, 2022 Liezl Scheepers, Parys Gazette
Een van haar getroue lesers noem haar die vroulike weergawe van die skrywer, Dan Brown, koning van samesweringsrillers. Dit is vir haar ʼn besondere groot kompliment, erken sy. Maar oud-Parysenaar René van Zyl se suksesverhaal as skrywer het begin toe News sy as tuisbly ma kreatief moes begin dink om te oorleef kort ná ʼn lewenskrisis, toe haar oudste seun as peuter met breinskade gelaat is. Met die bietjie vrye tyd wat sy gehad het, het sy haar in haar skryfwerk uitgeleef, en het in 2012 ’n kinderboek gepubliseer. Daarna het 12 romans gevolg wat sy deur Lapa Uitgewers uitgegee het. Maar dit is veral vir die samesweringsriller, Die Alfadokument wat deur Lapa se Wenkbrou-been uitgegee is, wat René bekendheid voor verwerf het. Haar nuutste samesweringsriller, Die Omegakomplot, volg op Die Alfadokument, en is pas uitgegee.
Skrywer Zelda Bezuidenhout, self ook ’n Parysenaar, het in ’n boeiende gesprek met René en haar skrywersman, Anton, die vinger op die pols gesit oor beide se nuutste pennevrug, tydens ’n gesellige middag oor ’n glasie wyn by La Vie en Rose. René het as nooi Joubert diep spore in Parys se strate getrap toe haar pa, Josua Joubert as Landbouvoorligter hier gewerk het. Haar pa is later na Potchefstroom verplaas waar René skoolgegaan en BA Kommunikasiekunde studeer het. Sy en Zelda het mekaar in 2017 by ’n Slypskool in Potchefstroom ontmoet. Oor Omegakomplot René waarsku dat hierdie gatskop heldin, Michaela Cohen, in Die Omegakomplot, ʼn taai ratel is wat haar nie laat afskrik deur ʼn psigopatiese godsdiensleier wat die wêreld wil vernietig nie. In Die Omegakomplot ontlont geloof en waansin ’n dodelike tydbom en net twee mense kan die bloedbad keer. Michaela, oftewel, Kayla, is die onortodokse leier van ʼn internasionale Christen-organisasie. Sy en haar man, Josh, ʼn oudsoldaat, is die enigste mense wat deur die nuwe Babilon-orde se bose intensies sien. As jy die eerste boek, Die Alfadokument, gelees het, weet jy dat Kayla reeds met sakke vol emosionele bagasie van ʼn surrealistiese, sektariese kleintyd sit. Nagmerries hiervan en ook van haar vyf onmenslike jare in ʼn Thaise tronk, spook snags by haar. Asof dit nie genoeg is nie, staan ‘n reïnkarnasie van haar nagmerries kamma uit die graf op, en nou wil hy haar kind gebruik in sy nuwe, berugte wêreldorde.
Die gaste wat by René se onlangse boekbekendstelling was, is dit eens dat René, soos haar anderster heldin, uithouvermoë en vrouemoed het om so ʼn ingewikkelde tema aan te pak. Veral in ʼn tyd waarin misdaadromans die gewilde genre is. Nie net hanteer sy temas soos eindtyd-sameswerings nie, maar ook hedendaagse gevare soos virusse en psigopatiese leiers wat net in mag en geld belangstel, ongeag menselewens wat vernietig word. ʼn Leser het opgemerk dat hy veral beïndruk was met hoe sy die leser met Die Omegakomplot intrek in ʼn parallelle doolhof tussen fiksie en historiese feite. Asook hoe belangrike elemente van die vroegste beskawings sentraal aangewend word in die skep van ʼn fiktiewe, hedendaagse organisasie. Hy het ook genoem hoe René met deernis elke karakter se geloofsoortuiging, ambisie en emosionele veldslae in die boek hanteer. Ook Zelda se indrukke van Die Omegakomplot is dat René ’n verbeelde werklikheid skep wat rillings by die leser se ruggraat afstuur. Hoe ver is die mens bereid om te gaan wanneer hy of sy totaal magsbeheb word? “Die verhaal neem die leser op ’n wilde avontuur wat begin in Kaapstad en dan draai in Dubai en Kaïro. Ware feite oor die geskiedenis van verskillende gelowe is regdeur die roman verweef, en agterin die boek is daar insiggewende agtergrondnotas wat ’n ekstra dimensie aan die fiksionele verhaal gee.” “Soos alle skrywers, dink René ook aan Google as ‘haar beste pel’. Anton se kennis as teoloog was van onskatbare waarde toe sy feite oor geloofsgeskiedenis moes verifieer.” “René het ’n ryk verbeelding en skryf vreesloos en geloofwaardig oor uitdagende onderwerpe soos marteling, seks en verkragting. Die slegte ouens is régtig ontstellend sleg en die stryders van die goeie stryd het amper superhero-kwaliteite. Haar aksie- en ruimtebeskrywings is vol fyn detail en laat mens voel asof jy na ’n fliek kyk. Maak vas jou sitplekgordel, want daar is baie kinkels en draaie, en bitter min wat voorspel kan word,” skryf Zelda.




Daar was ’n tyd in my lewe toe ek heeltemal gebroke gevoel het…
ReplyDeleteToe my kêrel skielik met my uitgemaak het en my op al die sosiale media geblok het sonder enige verduideliking, het ek baie siek geword van die pyn. Ek kon nie eet nie, ek kon nie slaap nie, en my hart was vol verwarring. Ek het aanhoudend vir myself gevra: “Wat het ek verkeerd gedoen?” maar ek het geen antwoorde gehad nie.
Ten spyte van alles, het ek hom steeds diep liefgehad. Om hom te laat gaan was nie maklik nie, want my hart wou hom nie vergeet nie.
Eendag het ’n kollega by die werk gesien waardeur ek gaan en sy het my voorgestel aan ’n vriendelike en ervare ouer man genaamd Dr. Dawn. Sy het my vertel hoe hy haar en baie van haar vriende gehelp het om hul gebroke verhoudings en huwelike reg te maak.
Aanvanklik was ek onseker… maar ek het besluit om dit te probeer.
Nadat ek my situasie aan hom verduidelik het, het Dr. Dawn my verseker dat my kêrel sou terugkom en om verskoning sou vra. Ek het sy instruksies met geloof gevolg.
Tot my grootste verbasing het ek nie lank daarna boodskappe en talle oproepe begin ontvang nie. My hart het so vinnig geklop…
Dit was hy.
My kêrel het teruggekom, opreg om verskoning gevra, my besoek en selfs geskenke gebring. Daardie oomblik het soos ’n wonderwerk gevoel wat ek nooit sal vergeet nie.
Vandag is dit al 3 pragtige jare. Ons is gelukkig getroud met een kind, en ons verwag nog ’n baba binne ’n paar weke.
My hart is vol dankbaarheid, en ek sal Dr. Dawn vir altyd waardeer omdat hy vreugde terug in my lewe gebring het.
As jy deur pyn in jou huwelik of verhouding gaan… As die persoon wat jy liefhet jou verlaat het en jy nie weet wat om te doen nie… Moenie hoop verloor nie.
Jy kan hom ook op WhatsApp bereik: +2349046229159
dawnacuna314@gmail.com