Die Alfadokument en Die
Omegakomplot
deur René van Zyl
(Wenner van Rosa Imbali
toekenning vir uitmuntende skryfwerk 2020)
2 SAMESWERINGSROMANS WAAR GELOOF, MAG EN WAANSIN 'N DODELIKE TYDBOM ONTLONT ...
Kan twee gewone Christene, wat veg met hul eie emosionele trauma, die mensdom red van magtige sg. ‘Christen’ organisasies en hul vernietigende dwaalleer?
Beide samesweringsrillers
is spannende verhale, belaai met flink aksietonele, intense intriges en
onverwagte verrassings. Die leser word ingetrek in ʼn parallelle doolhof tussen
fiksie en historiese feite terwyl fiktiewe, hedendaagse organisasies oortuigend
weergegee word. Die leser word met deernis ingetrek by elke karakter se
geloofsoortuigings en ambisie terwyl etiese kwessies realisties belig word.
BESKIKBAAR BY:
imaginemoonstones@gmail.com of 0823964100
www.Graffitibooks.co.za / From Ssack to Sanctuary (Klerksdorp)
of La Vie En Rose (Parys)
Amazon.com - e-boek
Berig: Kormorant, Hartbeespoort.
Hartbeespoort-skrywer se nuwe boek is hier. 14/07/2022
“Die boek kan losstaande van sy voorganger gelees word, maar
jy gaan baie nuuskierig raak en die vorige een wil koop, wees gewaarsku,” sê
René.
” Dit is ʼn spannende
verhaal waarin geloof en waansin ontmoet en ʼn
dodelike tydbom ontlont,” sê sy.
Volgens die bekende skrywer en joernalis, Erla Diedericks,
is die Omegakomplot is ʼn “briljante,
spanningsvolle riller met sy wortels in die geskiedenis, navorsing en ʼn toekomsvisie wat dalk meer werklik is as wat
ons besef.”
René, is ʼn oud-joernalis, wat ook bekend is vir haar gemeenskapsmusiekblyspele. Sy het reeds 15 romanse geskryf wat deur Lapa uitgegee is, asook Die Alfadokument, ʼn samesweringsriller. Haar eerste aksie-avontuurverhaal, Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality, het in 2012 ook groot sukses behaal.
ʼn Boekbekendstelling vir Die Omegakomplot het plaasgevind op 3 Augustus om 17:00
by Kuierkidz Kuiertuin Skemerberg Hartbeespoort plaas. Kontak René by
082 396 4100.
No comments:
Post a Comment