Friday, January 9, 2015

DIE BESTE 2015 NUWEJAARSVOORNEME!

Ek voel dat die Here dit erg op my hart druk om hierdie jaar 'n jaar vir huwelilke te maak: Toe heg ek 'n bladsy aan my blog wat ek spesifiek opdra aan hierdie moeilikste van alle verhoudings: die groot geskenk van God, die groot misterie, die ding waarin 'n groot geheimenis opgesluit is, die toets wat ons so maklik nie slaag nie - die Huwelik. 

 
Uit die blog: 
Met die Oujaar (en my en Anton se 26ste huweliksherdenking op 31 Desember) agter ons het ek besef dat ons almal goed kan doen as ons 'n splinternuwe bont jassie vir ons huwelike aantrek hierdie jaar. Pluk uit nuwe planne om jou huwelik interessant en opwindend en avontuurlik te maak - ja, man, mors geld op jou maat en doen weer woeste dinge saam - orals!! Die huwelik is immers vir God een van die belangrikste boustene in Sy Woord.




Jou lewensmaat was 'n geskenk van God. God het vir jou hierdie beste vriend, sielsgenoot en geliefde gegee om jou lewe lank te geniet. As jy in 'n groef is of sommer net vuisvoos deur die lewe geslaan is, doen iets daaraan: word van voor af verlief, doen lekker dinge saam, gaan op 'blind"-dates met mekaar, verras mekaar en wees lekker mal soos aan die begin van jul verhouding. Julle is dit aan mekaar verskuldig. Ek het besluit om 'n 31 dae van gebed vir my huwelik te hou. Enigeen is welkom om saam te bid - en dan fisies in te spring en woema in jou liefdeslewe te sit - waag bietjie meer, doen baie meer! Dis groot pret. en al lyk jou huwelik maar bewerig op hierdie stadium: onthou 
God is by magte om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink! 



ONTHOU: JY AANBID 'N GOD WAT JOU ONEINDIG LIEFHET!

Kry die daaglikse gebede op die bladsy: 

http://renevanzyl.blogspot.com/p/krag-vir-die-huwelik.html