Thursday, March 31, 2011

MEV. DOEMINIE EN DIE KERKMONSTER, 'N TRAGIESE FEëVERHAAL...

Hierdie is die elfde deel van mev. Doeminie se gewroeg met haar Annus Horibilus 2010! En hierdie is die hoogtepunt van die wroeging. Dis 'n pyn, dis bloedig en nie vir sensitiewe vrome sagte vlindervroue of manne wat glo in die feëverhaal van die tradisionele kerk nie. VLSN! (My kerk-ontnugterde dog mensliewende vriend Christian, die Deli-Dude van Harties, wat vetkoeke langs die R511 verkoop en so toevallig ook 'n regsgraad het, vertel my dis beter om in die geval maar nie die kerk se naam te noem nie, maar eerder: die TKerk! Aldus Christian. Hy is 'n hoofstuk op sy eie in my boek!) Kyk nou bietjie na hierdie drie losstaande versies. Die Bybel (Nuwe Vertaling): Johannes 2:23-25: “Terwyl Jesus vir die viering van die Paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie want Hy het geweet hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van ‘n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.” Die Boodskap vertaal die laaste deel so: “... Jesus het egter geweet hoe onbetroubaar mense is. Niemand hoef dit vir Hom te vertel het nie. Daarom het Hy hulle nie sommer vertrou nie.” Hierdie verse kom voor aan die begin van die Johannesboek net na die Bruilofgedeelte waar Hy Sy bediening begin het toe Hy die water in wyn verander het. En soos so baie ander skokkende uitlatings en verhale, kom dit net in die Johannes Evangelie voor. Johannes was mos ‘n regterbrein-ou wat die groter prentjie gesien het, die ou wat buite die boksie gedink het, die enigste Evangelie-skrywer wat Jesus in die begin by God self gesien het: “In die begin was die Woord daar en die Woord was by God, en die Woord was self God.” Johannes was die ou wat geskryf het van Jesus wat met die laakbare Samiritaanse vrou gepraat het en wat geskryf het dat Jesus vir Lasarus uit die dood opgewek het na vier dae. Ek dink nie die ander ouens het die moed gehad om dit te skryf nie, en om dan al die vrae daaroor te beantwoord nie. My vraag: Beteken dit dat elke mens wat in ‘n bediening staan en reg is om die wêreld in te gaan en mense te dien, hierdie woorde ter harte moet neem? Moenie mense vertrou nie, maar ... moenie ophou om hulle te dien nie? ... Moenie dat hulle swakhede en min insig en gebrek aan lojaliteit jou bediening stop nie. ‘n Harde les. Maar dis een wat ek hierdie jaar moes leer. Dr. Phil op televisie sê: Never take it personally. (M.a.w. Moenie dit persoonlik opneem as ander jou sleg maak of verneder of aanval nie. Dit is iets wat heeltemal uit sy eie swakhede en onsekerhede en gebrek en insig kom.) DIT HET NIKS MET JOU TE DOEN NIE! DIT HET NIKS MET JOU TE DOEN NIE! DIT HET NIKS MET JOU TE DOEN NIE! Hoekom is dit dan seer? Jammer. Ek het nie heeltemal krag vir hierdie hoofstuk nie. Dalk moet ek later hieroor skryf. Dis pynlik om die herinneringe oop te grawe en ‘n outopsie te doen. Al is die lyk al besig om te ontbind, dit neem nie die stank weg nie. Dit keer nie dat die maaiers mekaar wil opvreet van gulsigheid nie. Dit maak nie dat ek nie van walging wil opgooi nie. (Of ‘n paar mense wil doodbliksem nie – daar’s dit. Ek het jou gewaarsku in die heel eerste hoofstuk ek gaan die woord gebruik.) WWJD? Ek dink nie Jesus sou dieselfde gedoen of gedink het nie. Jammer, Jesus. Anton, my man, 'n eks-ingenieur wat in die jaar 2000 voltyds predikant gaan swot het op die ouderdom van amper 40, se roeping van God af, kry hy uit twee gedeeltes: Jes. 49:5,6: “...Die Here het my ‘n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen. Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie, Ek maak jou ‘n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk die uithoeke van die aarde sal bereik.” Esegiël:2. “Die stem het vir my gesê: ‘Mens staan regop, Ek wil met jou praat.’ Terwyl Hy met my praat kom die Gees in my en laat my regop staan. Ek het die stem met my hoor praat: Hy het vir my gesê: ‘Mens ek stuur jou na die Israeliete toe, ‘n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorvaders het hulle teen My verset tot op hierdie dag toe. Dit is moedswillige en hardkoppige mense na wie toe Ek jou stuur. Jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here God sê, of hulle luister of nie, want hulle is ‘n weerbarsitge volk, maar hulle sal agterkom dat daar ‘n profeet tussen hulle is. En jy, mens, moenie vir hulle bang wees nie, ook nie vir wat hulle sê nie, al stuit jy op weerstand, op dorings, al sit jy op skerpioene. Moenie bang wees vir hulle of wat hulle sê nie, moenie vir hulle skrik nie. Hulle is ‘n weerbarstige volk. Jy moet vir hulle sê wat Ek sê, of hulle luister of nie, want hulle is weerbarsitg. En jy, mens, luister na wat Ek vir jou sê: Moenie weerbarstig wees soos hierdie weerbarstige volk nie, maak oop jou mond en eet wat Ek vir jou gee.’ Toe sien ek daar is ‘n hand na my toe uitgesteek, en in die hand was ‘n boekrol. Die hand het die boekrol voor my oopgerol. Dit was aan albei kante volgeskryf en wat daarop geskryf was, was klaagliedere treurliedere en smartroepe.” Met Jesus se woorde daarbo en met so ‘n roeping, kan daar net groot moeilikheid kom. Hier kom dit. Na ons seun se breinskade so 17 jaar gelede, en ek en Anton (toe ‘n elektriese ingenieur) by ‘n huwelikseminaar tot bekering gekom het, het Anton die begeerte gehad om verder oor die Bybel te leer. Hy het Bybelstudie gedoen saam met ‘n dierbare ouderling by die kerk en wou net meer en meer weet. Tot op daardie stadium was ons lekker yuppies met ons groot besigheid en groot plot en smart kar. Anton se kontrakteursbesigheid het in daardie stadium ondergegaan. Te veel goed het gelyk verkeerd begin loop en as jong gelowiges het ons daardie besigheid met geloof, dapperheid en alle mag probeer aan die gang hou. Ons vertrou mos op die Here om Sy kinders by te staan in hul gebede en noodroepe. Maar die Here het ‘n ander plan met Anton en ons gesin gehad. Ek onthou goed hoe ons die dag na die Likwidateur se kantoor moes gaan, iets wat baie mense al moes doen. Dis vernederend, angswekkend en aaklig. Terwyl Anton met die man sit en gesels, gooi Sean, wat toe reeds breingestremd was, ‘n speelding agter ‘n staalkas in. Ons moes die kas wegtrek van die muur af om die ding op te tel, toe sien ons dit: ‘n papiertjie met ‘n versie opgeplak agter die kas: Ek weet wat ek vir jou beplan, sê die Here, voorspoed en nie teespoed nie, Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting. Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid en Ek sal julle gebede verhoor. (Jer.29:11) Met daardie bietjie hoop is ons in die donker nag van bankrotskap in. Al heenkome was ‘n erf in Hartbeespoort en Anton het self die huis gebou met 'n vriend se bouspan. Anton het hier uiteindelik kans gekry om voltyds Teologie by Tukkies te gaan studeer. Deur ergere arm tye en vertrou op die Here het hy deurgedruk en die ses jaar voltooi. Intussen is ek en hy witwarm besig by die TKerk met kampe: Vir manne, vroue en huwelike. Aangesien ons so ‘n bietjie te witwarm is en bietjie te vernuwend is, verdra die leiers in die gemeente ons maar so, maar in die kerk ken ons almal en geniet die samesyn en kerkaksies. In sy sesdejaar doen Anton sy praktiese jaar hier by ons kerk en sy preke gaan besonder goed af. Hy kom agter dat hy ‘n gawe het om die Bybel eenvoudig en verstaanbaar uit te lê, sonder fieterjasies en dogmatiese ge-hoe-ha. Anton help selfs uit met die finale jaar katkisante en besef hy kan nogal met die jeugdiges ‘connect’ want hy beantwoord hulle vrae eerlik, eenvoudig en verstaanbaar. (Op die foto is Anton by 'n jeugkamp van die TKerk nadat die kinders hom beetgehad het met modderstoei.)






Toe Anton sy graad voltooi, doen hy aansoek vir ‘n jeugpos wat presies op daardie tyd goedgekeur is deur die kerkraad. Ons het dit gesien as ‘n geleentheid uit God se Hand. Toe nie. Die dominees en die spannetjie wat die persoon moes aanstel, wat uit heelwat van ons vriende bestaan het, besluit om ‘n jong, onervare predikant aan te stel wat kitaar kan speel, sonder om die arme outjie een keer te hoor preek. Ons teleurstelling in daardie span was fenominaal. Ons het dit uit en uit ervaar as ‘n manier van die leiers om van Anton en sy nuwe onortodokse idees ontslae te raak. Die gemeente was net so verbaas, maar omdat niemand ooit werklik weet wat aangaan nie, word daar nie vrae gevra nie. ‘Die leiers weet mos wat goed is vir die gemeente’ is die eeu-oue siening wat baie mense al mislei het. In die kerkraadvergaderings, waar Anton steeds Diaken is, word gebid dat die Here hom tog gou ’n ander pos op ‘n ander dorp sal gee. Ja, asseblief tog vinnig, Here. Want sien, hy is vol vrae oor intensies en prosedures. So sit ons eendag en besin oor die lewe en die gedagte onstaan om ‘n uitreik te hou wat ons noem Denimdienste/damdienste omdat ons by ‘n dam bly en daar op Sondae baie mense is wat buitendien nie wil kerk toe gaan nie, wat kerklos en kerkseer is (seergekry het oor baie jare in verskillende kerke). Ons het persoonlik heelwat sulke vriende, meeste wat nogals in pastoriëe grootgeword het! So ontstaan die Kuierkerk. Dit begin as ‘n informele bymekaarkoms en koffie drink en mense wat praktiese vrae vra rondom die Woord. Anton begin naderhand die Bybel stelsematig deurwerk en vertel van God se plan met die mens. Sien, Anton ken die lewe en al die moeilike vrae, want ons was daar. Ons huwelik was ‘n gemors voor ons bekering. Ons het al baie geld gehad en baie geld verloor. Ons het al honger gaan slaap. Ons kind is van ons weggevat. Anton is deur drankmisbruik en al die verleidings van die koorporatiewe opset. Hy het al die pad gestap. Hy het al vir God al die vrae gevra wat moedelose mense doen.

(Op die foto is van die mense: Boet, Lize en Amie, wat betrokke is by die uitreik: Private Initiative, wat Anton begin het so saam met die kuierkerk, om mense bewus te maak daarvan om na die skepping om te sien en om sommer papiere op te tel een keer 'n maand om die omgewing skoon te hou. Dit is maar een van die uitreike waarmee Kuierkerk gemoeid is om 'n seën te wees vir die gemeenskap.)

Die Kuierkerk groei te erg en die manne by die Groot kerk brom. Hul probeer alles in die kerkwette om ons te stop. Anton ken gelukkig die ordes en wette goed. Die kerkraad is oortuig Anton is verkeerd want die leiers hou aan om dit te vertel. Honderde vergaderings van uittrap en slegsê volg. Anton is VERKEERD! Ons glo nie so nie. Honderde mense kry geestelike kos by die uitreik. Intussen krepeer ons ook maar van honger en as die skole nie help betaal het aan ons kinders se koolgelde nie, sou ons nie eers dit kon betaal nie. Ons leef van donasies by die teetafel want Anton sê mense is genoeg in die kerk vir geld gevra. By kuierkerk sal ons dinge anders doen. Die Gees doen mos self Sy werk waar die Woord verkondig word. Ek hou partytjies, skilder muurskilderye, doen Linker-regterbrein evaluasies vir ekstra inkomste, en dit was nie genoeg om enige pot eers te laat opwarm nie, nevermind aan die kook te hou! Intussen loop die groot kerk en sy geldkaste drasties leeg want sien, die tradisionele manier van mense Sondag na Sondag 'n sedeprekie bring op outydse maniere, is nie meer genoeg vir die denkende mens nie. Die moderne mens wil weet wat God bedoel het met die Bybel, Sy pad met die mens en wat beteken hierdie “Wees 'n Seën vir die wêreld wat God al vir Abram gegee het as opdrag.

(Op die foto: Anton is in 2007 saam met 'n groep leraars en Prof. Stephan Joubert, 'n voorloper op die gebied van kerkvernuwing, en verligte sinode-manne op 'n toer na Amerika waar hulle die ontwikkelende kerk (emerging church) gaan ondersoek het. Wêreldwyd ontstaan kleiner groepe informele kerke in winkelsentrums, teaters, koffiewinkels waar mense los van die formele kerk en sy wette begin kerk hou op 'n meer informele basis wat kuier insluit! Anton besef dat hy wel NIE op die verkeerde pad is nie maar eintlik voorloop. Hy kon die lesings wat daai ouens aangebied het, self aanbied. Kuierkerk is deel van 'n wêreldwye spontane kerkontwikkeling wat deur God self bestuur word. Hy besef dat ons op die regte pad is al sê die ou kerk hy is verkeerd. God lei hom op die regte pad. Dankie tog! By hom op die foto is ds. Ettiene Schoeman van Kemptonpark en nog 'n dominee.)

Maar op die tuisfront: Na baie pynlike vergaderings waarin Anton hoofsaaklik sleg gesê is oor sy uitreik na kerklos mense en waar hy deur die leiers van die gemeente omtrent soos 'n vloerlap vertrap is, word die Sinode ingeroep om te help en ondersoek in te stel. Ek bedoel, in een van die vergaderings sê ‘n ‘vriendin’ van ons: "Anton, ons is baie lief vir jou, maar jy moet weet jy doen verkeerd! Die dominees is mos reg." Die manne van die Sinode wat die ondersoek doen, vind nie fout met wat Anton doen nie, inteendeel, is dit nie ons hoofopdrag in die Bybel nie? Uiteindelik word Anton vanuit die Sinode aangestel, omdat hierdie informele uitreik (Kuierkerk) dalk ‘n kerkmodel is wat in die toekoms mense kan teruglok na die formele kerk. Die lig gaan een vir een op vir die kerkraad en hulle besef toe dat daar wel ander maniere van kerkhou is, veral omdat die Sinode-manne so dink. Die lig het wel nie opgegaan vir die ou manne en leiers nie, 'n handjievol tradisionele Christene wat geen ander manier sien as die ou manier nie en alles as uit die hel beskou: van Moreletapark NG gemeente tot Doxa Deo, wat almal vreemde dinge doen! Ons is net bly iemand sien die lig en die heksejag teenoor Anton en die Kuierkerk kan nou ophou. Min weet ons dit is maar die begin van die bloedige oorlog. Min weet ons dat in die binnekring van die kerk word Anton steeds agteraf as uitvaagsel afgemaak en die ‘onskuldige’ gemeentelede word agteraf mooi ingelig hoe onChristelik Anton optree. Ons begin lekker stupid dink dat Anton se woorde in sy eerstejaar, van dat hy nog eendag die groot kerk gaan hervorm, nou bewaarheid kan word.

(Op die foto: Anton en sy Griekse proffie, Hennie Stander, wat by die Bybelskool op Hartbeespoort kom praat het. Anton het die Bybelskool so paar jaar terug begin saam met oud-studente van die Lynwoodrif Bybelskool, as deel van 'n uitreik om mense meer van die Bybel te leer.

Nota: Wat is die Kuierkerk:

‘n Informele manier van kerkhou, waar enige mens welkom is, en waar enige mens se geloofservaring met die drie-enige God kosbaar en uniek is. Ons glo in saamkuier want slegs deur mekaar behoorlik te ken, kan ons mekaar bystaan en saamwerk om God se koninkryk uit te brei. Ons glo daarin om die Woord eenvoudig te verkondig en om aan mense die geleentheid te gee om vrae te vra of hul mening te lig. Ons glo dat ons moet saamwerk om die natuur en omgewing te versorg, want dit was deel van God se skeppingsopdrag. Ons glo daarin om, soos Jesus, mense te bevoordeel in God se koninkryk sonder dat mensgemaakte, tradisionele gebruike wat uitgeleef is, sekere mense van God af weghou. Ons glo: gee liefde en God sal die mens self verander en gebruik op Sy manier.

(Op die prentjie is 'n advertensie wat die TKerk in die plaaslike koerant geplaas het om die publiek se voorbidding te vra om die regte predikant aan te stel wat die volgende eienskappe het. Ek het die Tkerk se naam bo-aan die ad verwyder. Maar Anton lyk toe presies soos die prentjie en hulle kom dit toe ook agter, dink ons... en hul vertel hom toe: jy is ons man...)

En as ek persoonlik terugkyk op ons pad met die kerk, dan verklaar ek dinge vandag so: Die Bestuurspan by die kerk wat maar in 'n hoek gedruk is, met die sinode aan die een kant en die geldkaste wat leeg is aan die ander kant, begin met skynbaar ‘goeie’ voornemens met Anton in gesprek gaan oor wat van hom verwag word. ‘VERNUWING’, asseblief. Dit lyk of die resep by die Kuierkerk werk. Stuur ons groot kerk in die rigting en dan: VERSOEN asseblief weer die Kuierkerk met die TKerk. (Sien baie mense is intussen uit die TKerk na Kuierkerk toe omdat hulle moeg is vir onverklaarbare reëls en die formele wettiese opset.)

(Op die foto is Anton, my goeie vriendin Heloise en my sus Esmé tydens 'n kuierkerk byeenkoms. Lekker. Koninkryksdinge. Koffie. Kuier. Kerk.)

So begin Anton met alle mag sy roeping uitleef. Ons is dankbaar dat die Here die kerkraad en bestuurspan se oë oopgemaak het, want dit beteken mos vordering en vernuwing. Die ander twee leraars word so een vir een op vroeë pensioen geplaas want dit alles is deel van die ‘vernuwende’ pad wat die Bestuurspan mee besig is. Die ou wat ons vandag besef is die hoofindoena of die "Godfather" soos ek na hom verwys, spog nogal by die kerk se braaivleisfunksies, so met 'n whisky of ses agter die rug, dat hyself alleen verantwoordelik is vir elke dominee wat waai (dit dwing blykbaar respek af by sy 'volgelinge' omdat hy dan kwansuis so magtig is!). Ag man, ons word genooi na hierdie ouens se huise wat vroeër nog gedink het ons is uit die hel uit met ons vernuwende idees. Ons word op die hande gedra en daar word selfs ‘n versoeningsdiens gehou waar daar jammer gesê word vir al die slegte bloed wat in die verlede geloop het. Trane loop. Te mooi. Te mooi. TE mooi om waar te wees. En skielik eendag (handomkeer) besluit hierdie Godfather - wat mos een van ons GROOT nuwe ‘vriende’ - dié invloedryke, vername, afgetrede besigheidsman wat in beheer van dinge wil wees - dat dinge te vinnig gebeur en nie sy goedkeuring wegdra nie. Hy begin rumors versprei dat: Dit lyk dan nou of Anton en die Kuierkerk sy kerk wil oorneem en skaak.


Begin 2010: Soos een man staan die Godfather en die Bestuurspan toe teen ons op en begin Anton stelselmatig inperk, hokslaan, sielkundig en emosioneel afbreek (maak hom verdag in vergaderings en oor eposse, - waarop Anton ingesluit is, betwyfel sy 'goeie' bedoelings, bevraagteken en besoedel elke besluit) en die kersie op die koek: hulle stop al sy bevoegdheid om besluite te neem of om met die gemeente te praat oor enige nuwe voorstelle. Die een oomblik werk Anton nog heel gelukkig aan die Kuierkerk mense om hulle soos ‘n troppie onskuldige skape terug te lei na die 'nuwe' Tkerk toe, en die volgende oomblik word daardie hek in Anton se gesig toegeklap. Ons verbasing en ontnugtering in ‘goeie’ Christene se intensies was weereens fenominaal. Ons word weereens die swartskape. Geheime vergaderings word agter Anton se rug gehou. Sinode manne moet weer insit en raad gee en agteraf word hul so mooi die ‘waarheid’ vertel. Die Sinodemanne het nie raad nie want hierdie opset is redelik uniek in die land. Anton vra moedeloos om verskoning in die vergadering want hy is jammer hy het blykbaar te vinnig aangegaan met dit waarvoor hy aangestel was. Was dit nie die opdrag nie? Die manne bly aggresief en aanvallend.

Ook mev. Doeminie word 'n besprekingspunt by die agteraf vergaderings. Want sien die ou ding, wat geen sê het nie, het 'n brief vir die Bestuurspan geskryf waarin sy die Voorsitter van die span bevraagteken oor sy objektiwiteit, sy afbrekende kommentaar en outoritêre houding. Ek het net elke sin in elke epos aangehaal waarin hy Anton sleggesê het en afgekraak het wat aan al die spanlede gemail is, ook aan Anton. Ek het hierin die voorsitter se bevoegdheid bevraagteken, want waar op aarde sien jy so iets, en dit in die kerk waar daar met liefde met mense gewerk word? Of nie? En ek herinner die span aan hul aanstellingsopdrag aan Anton. Hierdie brief word teen my gebruik en ek word vanaf BO boodskappe gestuur dat ek as mev. Doeminie nie my (stink) neus hierin mag druk nie. Ek het geen bevoegdheid nie. En ek het ‘n vrot mening. Ek as Mev. Doeminie mag nie sulke briewe skryf nie. ‘n Paar vieslike vergaderings en uittrapsessies met Anton volg en dit wil AMPER lyk of dinge kan uitwerk so saam met die Sinode manne, wat ek teen die tyd ook nie meer vertrou nie. Hulle moet ook maar hul poste en posisies beskerm en dans na die maat van die bestuurspanne. En op hierdie lieflike noot, vertrek ons gesin April 2010 na Brittanje en Noorweë vir daardie epiese vakansie en die Londen Boekskou waar ek my boek met gebed en bewing aan Internasionale uitgewers wil voorlê. Dankie tog, dink ons, nou kan ons bietjie rus, dinge in perspektief begin sien en ook die negatiewe ouens hier kry kans om asem te haal. Min weet ons wat hulle beplan agter ons rug. Ons kom terug na ons twee weke vakansie en nadat ons 'n ekstra week lank vasgesit het as gevolg van die asreën in Noorweë. Die week wat ek my Boekskou toe mis. 'n Week wat alles in my vernietig het: my drome en ideale en onskuldige geloof in my bediening en my geloof-filosofie van Glo-en–dit-sal-gebeur. Die storie raak te lank. Ek sal volgende week verder wroeg. En buitendien ontstel die gebeure my tog as ek weer daaroor praat. Ek kort nou sterk koffie... al het niks hiervan met my ‘persoonlik’ te doen nie... Never take it personally.... Never... Never.... Never.... (aldus Dr. Phil.)

Tuesday, March 22, 2011

WALLIS EN OSLO EN YSLAND SE $%&@! AS!

Die TIENDE DEEL van my blog oor mev. Doeminie se Annus Horribilis. Hier begin Mev. Doeminie se gewroeg nou vuur spoeg... letterlik. Dis dalk nie so snaaks nie, maar eerder pynigend. Jy is gewaarsku.

Jare lank swoeg ek mos my as af om 'n agent of uitgewer te probeer beïndruk met my skryftalent en boek: Wee Monk's Tale, the Secret of Immortality. Iewers in die middel van 2009 lees ek op die internet van die Internasional Book Fair wat in April 2010 in London gehou word, een van die Groot 5 in die wêreld. Dit gaan ‘n Suid-Afrikaanse fokus hê wat beteken dat ons plaaslike skrywers en uitgewers heelwat aandag en voordeel gaan kry by die skou en selfs ‘n skemerkelk-onthaal met sprekers en alles! My kop werk oortyd. Ek sien hoe ek my boek daar gaan uitdeel en hoe ek gaan skouers skuur met internasionale uitgewers, agente en rolprentmakers! Drucilla dromer is aan die werk in my. Big time! (Op die foto is ek en my gesin in Oslo, Noorweë, vir die groot beplande navorsingstoer)
Ek moet daar wees, besluit ek. Ek bespreek my plek onmiddellik. Maar ek is mos niemand. Ek is nie deel van die elite skrywerskring of uitgewersgroepie van Suid-Afrika nie, so ek word nie amptelik genooi nie. Maar so kommunikeer ek met die organiseerders in London en vertel van my onafhanklike uitgewersmaatskappy, ek is mos, ek het mos al my eie goed gepubliseer en moes ‘n naam: Rene’ van Zyl Uitgewers voor in my boek laat druk by my geregistreerde ISBM nommer. So ontvang ek die uitnodiging na die skemerkelkonthaal waar ek kan ‘networking’ doen aldus die organiseerders!
Daar is my hoop weer volstoom aangeblaas. Ek het nie natuurrampe in ag geneem nie. Al wat my besig gehou het vir sowat 10 maande, was om die verdere spelfoute wat vriende in die tweede druk van my geproefleesde boek opgespoor het, uit te sorteer, so 30 nuwe FOUTLOSE boeke te druk en my visitekaartjie stunning te laat ontwerp en druk. Ek maak CD’s van my draaiboek, vorige kinderboekies waaraan ek en my sus, Esmé, ‘n kunstenaar, gewerk het en wat nog als. Een ding weet ek: Met my God spring ek oor ‘n muur. Hierdie is die kans wat die Here my gee om tussen duisende uitstallers (agente, uitgewers en rolprentmakers) vanoor die hele wêreld iemand te beïndruk. NET EEN IEMAND. Ek bid vir die Here om een mens vir my te stuur wat van my en my boek hou en ons kan bemark. Dit kan ‘n Christenuitgewer wees of ‘n gewone een.
Met bietjie erfgeld van my oom in Somerset-Wes, Stefaans, en sy vrou Anita (wat haar hele lewe net oorsee wou toer en toe slegs vir haar wittebrood daar was) besluit ek om weer vir Anton en ons twee dogters saam te vat. Vir maande lank reël ek die goedkoopste vliegkaartjies met Egypt Air, die goedkoopste verblyf in Jeugsentrums en Travelodges in Wallis. Ons plan is om ‘n week in Wallis te toer met ‘n gehuurde kar en soveel kastele, katedrale en ou kerkies en ruïnes te sien as wat ons kan, dan vlieg ons oor na Noorweë (Bergen en Oslo) sodat ek kan navorsing doen vir my opvolgboek, waaraan ek al begin werk het, en dan vlieg ons terug na Londen vir die drie dae boekskou. Elke detail van my plan werk uit en omdat jy dit vooraf op die internet bespreek, werk dit spotgoedkoop uit.
En ek bid voortdurend dat die Here met ons is en dat hy dalk net dié keer vir my oor die muur sal stoot. So kom Januarie 2010. My reëlings is alles getref. Ons visums is reg.
In my ander horibale kerkstorie, wat Anton se pad met die tradisionele kerk insluit, begin daar onderlangse en agterbakse planne om Anton as predikant uit te werk. Skielik is die hoofmanne, (a.k.a. bestuurspan) nie meer gelukkig nie. Die vernuwing en versoening waarvoor Anton aangestel is, gebeur toe blykbaar te vinnig na die manne se wil. Maar meer daaroor later.
Hierdie situasie bring soveel spanning mee in ons huishouding en met ons verhoudings met sekere van die kerkleiers daar, dat ons Aprilmaand met ‘n sug van verligting op die vliegtuig klim, net om ‘n bietjie weg te kom van alles, te dankbaar om twee weke lank van hierdie spanning ontslae te wees. Ek is veral opgewonde, want ek sien in my geestesoog hoe my drome voor my waar word. Sean, my agtienjarige gestremde seun, bly weer tuis by my suster en my wonderlike engel van ‘n huishulp, Rosina. So 'n oorsese reis is vir hom onmoontlik om mee te maak omdat hy nie goed of lank aaneen kan loop nie en met sy breintjie wat soos 'n driejarige is, gaan alles beslis nie vir hom sin maak nie.
Ons dra swaar aan my klomp boeke, CD’s en visitekaartjies en ek het ‘n paar stukkies klere ingepak wat ek by vriendin Marinda gekry het wat sy noem: powerdressing! Sulke gekreukelde goetertjies wat min plek vat maar blykbaar wondere verrig as jy dit aan het; selfs skoene en juwele wat ek diep weggepak het, spesiaal vir die Boekskou. Ons toer werk fantasties uit. Elke plek wat ons bespreek het en elke kasteel en klooster is soos roomys op ‘n warm dag vir my. Wallis is asemrowend mooi. (Op die foto is ek en Michelle en Chantal by Stonehenge, 'n wonderlike misterieuse plek) Ons vlieg na Noorweë en beleef Oslo en Bergen en die pragtige Fjords, mere, berge, en ons sien hoe die Vikings geleef, gedroom en gewerk het.
Anton merk op net voordat ons terug moet gaan na Oslo vir ons terugvlug na Londen. “Alles het presies uitgewerk. Elke ding wat ons gesien en gedoen het hierdie vakansie was onverbeterlik.” En ons kan nie genoeg dankie sê vir die Here vir elke bederf nie. Ons trein ry deur pragwit sneeustorms en spierwit berge en kom in Oslo aan. Saterdagaand. Sondag is die dag van ons terugvlieg na Londen. Min besef ons wat Donderdag gebeur het en hoe my hele lewe weereens in duie gaan stort daardie Sondag.
Sien, daar is geen Engelse koerante in Noorweë nie. Ons bly in Jeugherberge en kyk nooit televisie (BBC) in die sentrale sitkamer nie. Ons is besig om Noorweë in te drink. Toe ons Sondag begin regmaak om terug te gaan lugawe toe, begin ons agterkom wat gebeur het. Geen vlugte uit of in Europa nie. Die vulkaniese as wat in die lug is as gevolg van 'n vuurspuwende berg in Ysland maak dit lewensgevaarlik vir vliegtuie om te vlieg. Derduisende mense in die wêreld word hierdeur geraak. En ek. En my Londonse boekskou wat Maandag tot woensdag aan is.
(Op die foto is Anton en Michelle en Chantal met 'n koerant in Noorweegs wat vertel van die As in die lug.)

Om jou nou nie te verveel met my lang traumatiese storie nie: ons sit ‘n week lank vas in Oslo, een van die duurste stede in die wêreld. Ek probeer soos ‘n dronk hoender by die internetkafee ons plekke op volgende vlugte of treine of ferries bespreek. Daagliks word daardie dag se vlugte gekanseleer. Ons probeer veerbote bespreek of busse of treine. Alles is of oorvol of ry nie.
Noorweërs is onbehulpsaam, afsydig en praat nie onnodig die Queen se Ingelse taal nie. Teen Dinsdag besef ek dat daar geen manier is hoe ons in Londen gaan kom nie. As ons gelukkig is, dalk oor die naweek, maar die onsekerheid elke dag oor wanneer die vliegtuie weer gaan vlieg, was ondraaglik. Ek het nie oor Sean by die huis bekommer nie, want hy was in goeie hande. Ek het wel oor die meisies se skool begin stres. Hulle beslis nie. Wat is nou lekkerder as om in Oslo rond te loop, want have a heart: hulle klerewinkels is fantasties! Om te oorleef, het ons elke dag McDonald kaasburgetjies gekoop. Dit was genadiglik op special. Saans het ek kos by ‘n tipe supermark gekoop en in die Jeugherberg gaar gemaak. Ons het elke oggend ‘n manier na London probeer vind, nie reggekom nie, en dan maar weer die stad ingevaar per voet en bus om nog iets nuuts te ontdek. (Op die foto is Michelle en Chantal by 'n Moose trofee in Bergen, Noorweë, lekker koud)
Dankie, Vader, Vrydagnag kry ons die eerste vlug na London. Net om engels te kan praat was wonderlik. Saterdag in London probeer ons alles inwerk wat ons daar sou doen. Ons besoek Madame Taussauds en ry die London Eye en gaan na Camden mark, maar dis so 'n antiklimaks. Jy wil daar wees maar jy wil ook nou al tuis wees. Jou hart is in twee geskeur. Anton gaan lughawe toe, ons probeer bel en vlugte kry, maar alles tevergeefs. (Op die foto is ons vier in London by die London Eye. Ja, dit was natuurlik 'n wonederlike vakansie, na alles.)
Ons besluit om Sondag sak en pak op Heathrow te gaan sit en smeek vir ‘n terugvlug na Suid-Afrika. Ek dink die dame by die rekenaar by Egypt Air kon die angs en ellende in my oë sien en ek het onophoudelik gebabbel terwyl die vrou onbehulpsaam my ignoreer en aanhou tik op haar rekenaar. Kyk, as jy vir 'n week in Oslo so geignoreer is, doen dit iets aan jou menswaardigheid en hierdie dag was nie anders nie. Die vrou se assistent wat langs haar staan, sê uiteindelik: “We will help you, calm down.” En ek sê: thank you. Ons vlieg uiteindelik die Sondagmiddag terug na Suid-Afrika. Ons oorspronklike Egypt Air vlug was ook gekanselleer as gevolg van die as. Ek kan jou nie vertel hoe verlig jy is om net te weet jou vliegtuig gaan uiteindelik vlieg nie.
Ek het ‘n maand later eers my boeke en CD’s uit my tasse gehaal ... en my powerdress en my visitekaartjies. My hart was so so seer. My geloof was so broos. Ek kan steeds nie verstaan nie, en sal seker nooit. Ek moet bly glo dat God in beheer is en alles ten goede laat meewerk. Hoe bly ‘n mens dit glo? Die Here moet my help want ek is nou op gebroke geloofskrukke. Ek wil graag die wedstryd van die lewe nou amptelik uitsit en nie meer deelneem nie. En die volgende een en die volgende honderd. My oemf is uit. Ek weet nie of ek ooit weer fiks sal wees vir die speletjie van die lewe nie. My verbeelding, my verwagtings en my geloof in myself en my bediening is te groot. Ek moet begin besef ek is nie die blue-eye meisietjie wat ek dink ek is nie. Ek is nie so oulik as wat ek dink nie. Ja, ek weet dis nie God se tyd nie (sê almal wat iets weet). Grietjie galbraak hier binne in my voel: Ek is die weeskind, ek is die een wat aan die agterspeen suig en my gawes is nie goed genoeg nie. My bediening is nie goed genoeg nie of selfs nodig nie. “I have been weighed and measured and found wanting...” Ek is jammer vir myself en voel sleg omdat ek so smartvraat is. Ek vra die Here om vergifnis, want ek wil nie so wees nie. Ek wil nie so sonder hoop en energie en 'n verwagting leef nie.
Daar is mense wat erger goed oorkom as ek. ‘n Ander skrywer van ons dorp, oppad om haar boekbekendstelling in London te gaan bywoon, is dood kort na die As-fiasko, op ‘n Libiese vlug. Haar vliegtuig het neergestort. Ek leef. Ek het 'n wonderlike gesin, huis, kos, klere. Al wat ek het wat teen my tel is my verbeelding en my verwagtings. So, ek moet dit stop. Dis hoe ek nou voel. Ek stop my groot verwagtings. As die Here dinge wil doen met my gawes, dan sal Hy dit doen op sy tyd. My geloof gaan nie Sy arm draai nie. Hy doen wat Hy moet om balans en orde in die skepping te handhaaf. Ek besef my fairytale geloof van ek glo en God doen, is 'n leuen. Ek moet groot word. God is groter as my geloof. As Hy iets met my gawe wil doen, sal Hy, dit hang nie van my geloof af nie. En ja, ek sien wonderwerke gebeur in ander se lewens, ek sien dit baie goed raak. En daar gebeur weer ander dinge in ons lewe ook. God kan as Hy wil. As dit in Sy plan is. As dit nie is, nie, dan moet ons vervuld wees sonder dit. Dis die lewe. Gaan in vrede. Want jou onvrede versuur ander s’n. Deal with it, my ding! (Op die foto is ek en 'n Noorweegse wolf. Daar is mos die storie oor die twee wolwe in jou wat jy kos gee: die swart wolf of die wit wolf. Die een wat kos kry, gaan sterker wees en oorleef en wen. Ek moet nou myself dwing om die witte te voer! Die swarte kan nogal oordonderend wees.)

My groot probleem: My doel in die lewe, my rede vir bestaan, my droom van skryf, van kinders leer van die Bybel se wonderlike pad deur die eeue heen, is lamgelê. My geloof in myself en in God is opgebruik. Ek weet nie watter natuurramp volgende gaan tref nie. Ek wil my volgende boek skryf, maar is bang en moedeloos voor ek nog begin. Dieselfde pad weer stap? Van jaar in en jaar uit se verwerping deur uitgewers, en baie energie mors op skryf en navorsing, energie wat ek nie het na my gesin, man en gemeente my op 'n dag nodig gehad het nie?
Met hierdie gekneusde hart, kom ek ons mooi land binne. Ons mooi dorp met ons mense wat vir ons omgee... of toe nou nie?
En watse gemors tref ons toe hier aan... amper gelykstaande aan ‘n natuurramp. ‘n Mensgemaakte ramp ... georkestreer deur ‘n groepie kerkleiers wat eens voorgegee het om ons vriende te wees. Mense wat (ek glo) voorgegee het om my man in 'n pos aan te stel met pligte wat hul nooit van plan was om hom 'n kans mee te gee nie. Ek glo: Al wat hulle wou hê was om hul geldkoffers weer vol te kry, want sien, my man preek uit God se genadige Vaderhart uit, sonder uitsluiting van mense en dit lok baie mense. Hoe hierdie spannetjie met hul bose planne gedink het hul kan hul agteraf planne uitvoer sonder verrykende gevolge, weet net hulle alleen. En die hoofstuk wat hierop volg, is 'n seer, rou, wond in die geskiedenis van ons dorp se kerk, geskryf in die bloed van die profete wat oor die eeue heen gehoop het om 'n verskil te maak in mense se lewens, om God se genade te verkondig aan ‘n gebroke wêreld. Hulle is ongelukkig deur hoogmoedige egosentriese leiers verwond en vermoor omdat hulle God se waarheid gepraat het. En vir my die grootste krisis is: daardie manne wat so in hul eie hoogmoed swymel, bid elke aand en sê hul versies op vir dieselfde God as wat ek en jy aanbid. So, wie is ek om te dink hulle is reguit oppad hel toe? Dit is die ergste om te verwerk vir my: dié mense wat ander so vertrap, gaan na dieselfde hemel toe as ek en jy want hul harte en intensies is so edel: hul ‘beskerm net die kerk’ soos sovele oor die eeue heen. Net so min soos hul my verstaan, verstaan ek hulle.
Moenie die volgende hoofstuk lees as jy illusies het oor vrome kerkmense en predikante nie. Ek het nie meer illusies of respek vir enige mens wat jou met 'n lagie Christen-room oor sy snedige woorde en vriendelike glimlag probeer belieg nie. En dit is waaroor my volgende hoofstuk gaan. Mag die Here my vergewe as ek verkeerd is.

Monday, March 14, 2011

MAMMA MIA, A CHILD IS BORN!

Hier trek ek nou by die negende inskrywing oor Mev. Doeminie se irriterende en pynigende geblog oor haar Annus Horribilus! (Latyns vir Horrible year, Sandra...!)
Net toe jy dink ek wroeg heeldag oor my ellendige annus Horibilus: die positiewe dramas in my lewe. Ek moet sê die gewroeg het my ook nou lam in die onderste gestoeltes.
Met my jare en jare se gesukkel om iets gepubliseer te kry of om ‘n agent se aandag te trek, of om Mel Gibson se aandag te trek... gebeur toe iets heel nuuts en onverwags wat my histeriese lus vir draaiboek skryf bietjie bevredig. Druscila die dromer in my weet natuurlik dat God hierdie ding gebruik om my nog meer te slyp vir Hollywood... Gielie Galbraak rus bietjie tot later.
In 2008 gebeur 'n wonderlike ding in my lewe: ‘n nuwe baba word gebore... Nee, simbolies, man. Ek’s mos al oor 40! Ek, 'n lank-in-die-tand Abba aanhanger beleef die wonderlikste awesome-ste uur en 'n half: Ek gaan kyk Mamma Mia die movie! My arme tienerdogter, Chantal, gaan saam... Sy ontvang nou berading. Ek is uit my stoel van plesier en sing saam en beleef my jongdae en my lewe kry sommer nuwe betekenis. Toe Meryl Streep teen die einde so vir die gehoor kyk en vra: Do you wanna hear some more? Skreeu ek kliphard: Jaaaaaaa! En daar hoor sy my sowaar en sing nog iets! En ek sing saam, kliphard. Ag dit was lekker. Chantal, nodeloos om te sê, was getraumatiseerd.
Binne twee dae is ek terug in die fliek met my man en binne twee dae is ek terug met my goeie vriendin, Marlene McKay (op foto. Iemand wat self al baie trauma in haar lewe gehad het en gely het onder super Christene se veroordelende tonge). Ons kom singend uit die teater en wonder hoekom kan die kerk nie vir ons sulke tipe ontspanning bied wat jou so goed laat voel as jy daar uitstap nie... En ons wonder: Hoekom kan 'n mens nie 'n Nativity play (dis nou 'n Jesus geboorte verhaal vir die ouens daar oppie plaas!) opvoer met Abba musiek nie. Ek lag lekker vir die verspotte idee, maar in my hart wonder ek: hoekom nie? Behalwe dat daar mense is wat seker nog dink dat as jy Abba se plate agteruit speel, jy die duiwel self hoor praat. (Ja, onthou julle nog die dae... ek hoor daar is nou nog mense wat so dink... ek bedoel, hoe speel mens die plaat of cd agteruit? Kry mens agteruit-speel-cd-spelers? What the ffffrikadel?) Maar ek sien mos nie die duiwel in alles nie: ek sien die Here se hand in alles. Is Hy nie die Skepper van alles nie? Die duiwel kan nie skep nie, die duiwel kan nie genees nie, die duiwel kan nie musiek maak nie, die duiwel kan nie vir mense gawes gee en mense laat goed voel nie. Nee, hy kan nie. Mense kan dink alles is sleg en verkeerd, maar gelukkig is daar ons, die minderheid, lyk dit my, wat dink dat elke goeie gawe en talent kom van God af, selfs Abba!
Ek gaan sit daardie aand by my rekenaar en vra vir die Here om my te help om so ‘n storie te kan skryf as dit gedoen kan word: ‘n Bybelse storie wat met moderne musiek vertel word. En met al die Abba musiek wat in my kop draai, begin ‘n storie vorm... ‘n liefdesverhaal van ‘n jong vrolike meisie met baie drome in haar oë (I have a dream) wat geen probleme het nie maar deur die lewe dans (Dancing Queen) wat ‘n oulike ou het (Lay all your love on me). Toe skielik raak sy swanger omdat ‘n engel in die nag vir haar kom vertel het dat sy ‘n baba gaan kry, die Messias, die Redder van die wêreld. En raak sy ‘n engel daarna? Nee, man, sy sit in ‘n penarie, sommer ‘n grote en sy vlug na haar niggie Elisabeth, want die engel het gesê hierdie ou niggie van haar is swanger op hierdie oomblik, ook deur God se toedoen, want haar kindjie gaan die Messias vooruitgaan. So, beste opsie, gaan kuier vir Elisabeth want sy sal verstaan. As haar ouers uitvind of haar verloofde, gaan sy gestenig word, want waar het jy nou gesien ‘n meisie raak swanger van ‘n engel? Ja, nê? Die meisie, Maria, kom maande later terug na Nasaret, hoog swanger. Ag tog, groot familiekrisis. Josef maak planne om met ‘n ander meisie te trou, want wat doen ‘n man? Maria dink dadelik hy het haar verneuk met ander meisies omdat sy so lank weg was en daarom wil hy haar los (Mamma Mia!). Hy sit met ‘n dilemma, totdat die Engel ook vir hom vertel, trou met Maria, want sy praat die waarheid. En op die einde word ‘n pragtige kindjie gebore, met Bony M se kersliedere wat die aand afsluit. Daar is nog heelwat liedjies van Abba gebruik, maar dis die basiese storie. Ek skryf dit binne drie ure klaar. ‘n Bybelse Musiekblyspel met moderne musiek: Mamma Mia, a Child is born, die liefdesverhaal van Josef en Maria, twee gewone mense met gewone probleme.

(OP die foto is ek en my vriendin, Heloise, tydens die Mamma Mia show) Dit was die begin van Augustus. Binne drie maande (‘n rekordtyd) het ons mense uit die kerk en omgewing gekry, die ongelooflikste sangers en akteurs, ouens met gewone werke of tieners wat nog op skool is. Die eerste week in Desember tree ons op. Twee aande. 500 mense per aand. Volbespreek.

(Op die foto is my dogter Chantal wat dans en klein rolle in die plays speel en verseker goeie Bybelkennis opdoen in die proses en haar gate uit geniet!)
Nou voor ek verder aangaan met die fairytale storietjie, moet ek bysê dat hierdie mooi verhaaltjie nie gepaard gaan sonder kritiek nie. Steek jou kop uit in die Christenwêreld en jy word gery, ou matie. Ons wou ‘n hele orkes hê en soveel mense van die omgewing betrek as moontlik. Ons kry toe te veel orkeslede – dis viole, fluite, chello’s en wat nog. Maar gou trek die betrokke groepie kop uit, want: dit wat ons hier aanvang, moet goddeloos wees. God het nie Abba se musiek nodig om Sy woord te verkondig nie. Want, Abba se lewe was sedeloos. Nou wat van Abba was so sedeloos, wonder ek. Ek het nooit gehoor hul is op dwelms nie. Skoongesig groep uit Swede. O, ja, nou weet ek, hulle was almal geskei! Sonde! Uit die hel! Dan diskwalifiseer ons 64% van ons Suid-Afrikaanse bevoling om ooit vir Jesus iets te beteken, want soveel is geskei in ons land.
En ekskuus my, watse soort musiek gebruik God dus? Hy gebruik seker net edele klassieke komponiste? Kom ons dink so bietjie aan die outjies: Beethoven, ‘n gekneusde siel wat sy Geliefde (onthou die fliek: Immortal Beloved?) wat hom gelos het, en hul seun, uit wraak en bitterheid, ’n lewe van hel laat ly het en sy inspirasie hieruit geput het. Of nee, liewer Mozart, die klein mallerige dekadente mannetjie wat gely het aan vervolgingswaansin en mal geword het van depressie en angs. (So lees ek maar... seker niks waar nie - so engel van 'n komponis kan nie foute hê nie!) So kan jy aangaan. I rest my case. God gebruik wie hy wil, en dis gewoonlik die swakstes onder ons wat die grootste impak het, want dan kom God se krag die beste na vore.
Mamma Mia, ‘n Child is born, was pure plesier om te oefen, op te voer en te kyk. Die mense wat daar was, was met ‘n lied in die hart uit die kerk uit. En weet jy wie het ons gelok? Nie net kerkmense nie, maar veral kerklos mense wat gedink het: Cool, kom ons kyk wat vang hierdie Christene aan. Wat het ons aangevang? Ons het ‘n storie vertel uit ‘n ander hoek uit, sodat mense kan sien dat God gewone mense in die wêreld gebruik om GROOT dinge te doen. Soos Maria. Die menslikheid van die verhaal en sy rolspelers het die mense geraak. Ons het dit toe die volgende jaar weer opgevoer, want baie mense wou dit toe nog sien. Die wat nie die duiwel en Abba vrees nie. (Op die foto is my dogter, Michelle, wat dans en klein rolle vertolk in die shows en dit terdeë geniet.)
En hieruit volg toe nog stories: Joseph and His Amazing Blue Suede Shoes. Die verhaal van Josef met die musie van Elvis. Hoe doen mens so iets? Ek kry bv. ‘n liedjie van Elvis in my kop en begin dink daaroor. Dan kry ek ‘n paar Elvis cd’s en luister en so vorm ‘n storie in my kop en voor ek my kom kry, is die verhaal geskryf. Hierdie show was asemrowend. Ons het so skerp kontras tussen Israel en Egipte se kospotte geskep dat die spelers self na asem gesnak het die aand van die eerste vertoning toe al die dekor op die verhoog is. En daar was Bellly dansers, ja in die kerk, want kan jy glo, dis wat die mense in Egipte gedoen het vir ontspanning. Jy kan nie die msnelike aspek uit die storie laat nie. Dis juis wat ek wil oordra. Die arme Josef en israeliete is heelltemal oordonder deur die anderste kultuur. Tog het Josef sy Goddelike waardes behou en ‘n groot man daaruit gestap. Ag jy kan jou die kritiek indink. Ons goeie jarelange ouer vriendin, wat met haar een voet reg in die hemel staan, het ons kom vertel dat ons die pot mis sit en dat ons op die verkeerde pad is. Maar vra ek jou, hoeveel kerklos of kerkverskrik mense was in die diens en het met ‘n jubelende gevoel uitgestap, en gesê: dit het my weer lus gemaak vir Bybel lees? Baie. Vrouens wie se mans jare laas in die kerk was is terug kerk toe want die yskoue band van kerkwees is gebreek.
Toe kry ek my grootste inspirasie ooit: ‘n Passiespel! Ja, druk nou maar jou ore toe. A New Day Has Come, A Passion Play, met Celine dion se musiek. Dit het een CD van Celine gevat om vir my te oortuig dat byna elke lied wat sy sing, ‘n evangeliese boodskap bevat. My storie het gegaan oor Jesus se susters. Ja, sowaar dit staan in die Bybel, hy het susters gehad. Die twee gaan soek toe vir Jesus in die strate van Jerusalem met die laaste paasfees toe Hy gekruisig sou word. Hulle soek eintlik vir Maria wat nou al vir drie jaar saam met hom toer en saam met ander vroue hom versorg en etes berei, en dit terwyl sy die huishouding in Nasaret versaak. Daar raak die een suster verlief op ‘n Romeinse soldaat, en die gesin is op haar. Maar soos jonges maar is, is sy gou op haar perdjie want sien, Moeder Maria is die laaste een wat kan praat... sy was immers die enetjie wat te vertelle gehad het dat ‘n ENGEL haar swanger gemaak het. En die gesin was nog altyd die bespotting van Nasaret. Jesus se kruisiging loop parallel met die verliefdes se verhaal en as die einste soldaat hom uiteindelik kruisig, loop die 2 se liefdeslewe skeef. Hier is meer oor vergifnis te vertelle as wat mense dikwels lees as hul oor die kruisiging lees. Nou eers verstaan ek die Kruisdood regtig, want skielik raak dit ons gewone mense met ons eie lewens. Ek wil net sê, dat Maria, Jesus se ma, my dikwels in trane gehad het. Net voor hy na Getsemane is waar hy gearresteer is, sien Maria dat hy ‘n groot hartseer oor hom het. Dan sing sy vir hom: ‘I will be there’ soos ‘n ma sal sê vir haar kind:

You’re the bravest of hearts, you’re the strongest of souls, You're my light in the dark, you're the place I call home, You can say it's all right, but I know that you're breaking up inside, I see it in your eyes, Even you face the night afraid and alone, That's why I'll be there.When the storm rises up, when the shadows descend; Every beat of my heart, every day without end; Every second I live, that's the promise I make; Baby, that's what I'll give, if that's what it takes, If that's what it takes You can sleep in my arms, you don't have to explain; When your heart's crying out, baby, whisper my name; 'Cause I've reached out for you when the thunder is crashing up above; You've given me your love, When YOU smile like the sun that shines through the rain, That's why I'll be there When the storm rises up, when the shadows descend; Ev'ry beat of my heart, ev'ry day without end; I will stand like a rock, I will bend till I breakTill there's no more to give, if that's what it takes; I will risk everything, I will fight, I will bleed; I will lay down my life, if that's what you need; Ev'ry second I live, that's the promise I make; Baby, that's what I'll give, if that's what it takes Through the wind and the rain, through the smoke and the fire; When the fear rises up, when the wave's ever higher; I will lay down my heart, my body, my soulI will hold on all night and never let go; Ev'ry second I live, that's the promise I make; Baby, that's what I'll give, if that's what it takes. If that's what it takeswhatever it takes, whatever it takes; If that's what it takes; whatever, whatever, whatever it takes
En as Jesus sterf (My vriend, Bruce McKay op die foto) en Maria sing My heart will go on, is dit so ontstellend roerend dat niemand daar met ‘n droë oog gesit het nie:

Every night in my dreams I see you, I feel you. That is how I know you go on… far across the distance and spaces between us, you have come to show you go on… **Near far, wherever you are, I believe that my heart does go on… Once more you open the door, and you’re here in my heart and my heart will go on and on. Love can touch us one time, and last for a lifetime, and never let go till we’re gone. Love was when I loved you one true time I hold to, and my life will always go on. Near far, wherever you are, I believe that my heart does go on… Once more you open the door, and you’re here in my heart and my heart will go on and on. You’re here there’s nothing I fear and I know that my heart will go on… We’ll stand forever this way; You are safe in my heart and my heart will go on and on…
Ek weet nie of ek self al in hierdie eg menslike terme aan Maria en Jesus gedink het nie. Dit het my hart gebreek en my hart genees. Almal wat kom kyk het is stil uit die teater uit, maar met die lied in die hart van: A New Day Has Come. Maria wat by hierdie kind moes staan vir 33 jaar, met al die hartseer en verwagting wat daarmee saamgegaan het, het die lied toe by Jesus se graf gesing, nadat die Engel haar vertel het Jesus het opgestaan:
A New Day has Come:
I was waiting for so long, For a miracle to comeEveryone told me to be strong, Hold on and don’t shed a tearThrough the darkness and good times, I knew I’d make it throughAnd the world thought I had it all, But I was waiting for youHush, now, I see a light in the sky, Oh, it’s almost blinding meI can’t believe, I’ve been touched by an Angel with loveLet the rain come down and wash away my tearsLet it fill my soul and drown my fears, Let it shatter the walls for a new sunA new day has come, oh. Where it was dark now there’s light, Where there was pain now there’s joy, Where there was weakness, I found my strengthAll in the eyes of a boy, Hush, now, I see a light in the sky, Oh, it’s almost blinding me, I can’t believe, I’ve been touched by an angel with love. Let the rain come down and wash away my tears, Let it fill my soul and drown my fearsLet it shatter the walls for a new sun, A new day has come, ohHush, now, Well I see a light in your eyes, All in the eyes of the boy, I can’t believe, If I’ve been touched by an angel with love. I can’t believe, I’ve been touched by an angel with love.

As dit nie Evangelie is nie, is ek seker reguit oppad warm plek toe. En raai raai riepa: ons groot tradisionele kerk en ‘n Charismatiese kerk op die dorp boikot die play, ons word deur goeie Christene sleg gemaak. Waar hulle gaan versuur hul die wonder van die Kruisiging vir so baie mense. Ek word vertel dat ‘n Passiespele slegs woordgetrou mag wees. Wat ek hier doen het geen sin of betekenis nie. En kan jy glo, Celine Dion in die kerk! Ek bedoel, sy sing nou al 5 jaar in Vegas! Nee, sies mev. Doeminie. Ek het baie gehuil oor die mense se oordeel en gebrek aan insig in Jesus se grootheid. Hy kan gelowiges uit klippe opwek, hoe kan hy nie my plays gebruik om kerklos mense ‘n stukkie van God se genade te wys nie. En hoekom geniet ander kerkmense dit net so? Is ons almal dan bestem vir die hel? Ek dink nie so nie. God gebruik elke talent en gawe tot sy voordeel. As jy dit nie kan sien nie, Hou jou bek, sê ek, mevrou Doeminie!
Die probleem met die Passiespele was dit: Dit het in 2010 gebeur, my Annus Horibilus jaar. Die hoop slegte goed wat hiermee saam gebeur het, het my geloof in die Christenmens en in ‘n onverstaanbare God ‘n knak gegee. Ook my geloof in myself en my talente. Ek probeer die babatreetjies vorentoe stap, na ‘n nuwe verstaan van God en mens en myself. Ook vir my op my geloofspad, hopelik, is die woorde waar: I was waiting for so long, for a miracle to come,everyone told me to be strong, hold on and don’t shed a tear. Through the darkness and good times, I knew I’d make it through and the world thought I had it all, but I was waiting for You...
Ek het nou ‘n play geskryf: Samson, the Lion of God, met Queen se musiek. Wat dink jy gaan SUPER Christene hiervan dink? Nou is die antichris in Hartbeespoort! Dalk is ek nou net gatvol vir kritiek en wil ek sê: Ja, sowaar, God kan selfs deur Queen werk! Prys die Here wat meer kan doen as wat julle kan bid of dink!
(Op die foto is my oorlede pa, Josua Joubert, se skildery van Simson, wat ons gebruik vir ons posters en kaartjies vir die play. )

Thursday, March 3, 2011

TAKTIESE PLAN: ZERO-TO-HERO: MEL GIBSON EN GERARD BUTLER.

Deel 8 van moerige mev. Doeminie se storm-en-drang soeke na uitgewers en agente en my supersoniese planne om dit alles te laat gebeur... of nie... hierdie keer sluit dit groot name in... soos Mel en Gerard... en groter planne...

Nooit, het ek gesê sal ek weer die drukkershel aandurf nie - nie na my horribale ervaring met my Kruispad bordspel jare gelede nie. Nooit. Dis 'n lang tyd. So bevind ek my in dieselfde situasie as ‘n paar jaar terug met die druk van die bordspeletjie. Ek wil nie ek wil nie ek wil nie self drukkers toe nie. Weet jy wat dit behels? Proeflesers en nog proeflesrs om elke moontlike fout te ontdek. Self die regte drukker kry wat eerlik is en goeie werk lewer. Self die boek drukgereed kry. Kry die ISBN nommer by die Staatsbiblioteek. Self die geld gee. Self die bemarking doen en verkope behartig. Ek HAAT dit! Dit slurp elke minuut se skryftyd op wat ek voor my rekenaar kon sit of navorsing kon doen vir my volgende boek. En intussen is die Kuierkerk wat my doeminie-man begin het groot, mense soek aandag. My man soek aandag want dis ‘n groot bedryf met groot uitdagings en groot dinge wat moet gebeur. Die kinders soek aandag, word groter, huiswerk moeiliker, buitemuurse bedrywighede meer intens. Ons het saam met vriende 'n sentrum begin vir breingestremde kinders op Hartbeespoort, Kuierkidz leersentrum en daar is uitdagings (dis so mooi woord wat nie juis iets sê nie maar tog baie sê.)
Na nagte se wakkerlê (en basies peins oor die vorige laaste 7 hoofstukke se ellende en natuurrampe wat ek reeds op die blog verduidelik het!) besluit ek om net 100 boeke te druk van my middeleeuse boek, Wee Monk's Tale, the Secret of Immortality. Hoe? Met die kosbare oorblyfsels van erfgeldjies van my tannie Anita en Oom Faan.
(Ek en Anton is op die foto tydens 'n middeleeuse partytjie by my huis. Ek is MAL oor die middeleeue!! Ek het dit al gesê... Hoekom? Ek weet nie... Het dit ook al gesê...)
Ontwerp my eie voorblad en begin kwotasies soek. Ek kry ‘n oulike drukker deur ‘n vriend. Ek hou my kop vas en besef hier kom weer ‘n natuurramp. Ek weet dit. Ek vra die Here vir hulp en bekruip die drukkersmuur versigtig. My neus het al te veel gebloei van al die storm en probeer oorspring. (Het julle al Takishi Castle gekyk op Televisie – die klomp Chinese wat deelneem aan sulke hindernisbane en net voortstorm en oor als val. Daar is so ‘n muur met deure in en dan storm hulle die deure om te kyk wie se deur is oop. Baie van hulle hol hulself kadiks teen die deure vas wat gesluit is. Ander kom weer deur met die geluk. Ek wens dat ek net eenkeer die regte deur storm en dat die geluk aan my kant is en ek kry die oop deur. Dis hoe ek voel. Ek tref met ‘n helse slag net altyd die toe deur en dit met volle geloof dat God my die regte een gaan aandui...)
Intussen (deel van my ander annus horibilus-storie) word Anton einde 2008 dink ek, aangestel by die tradisionele kerk, met sy uitreik, die Kuierkerk wat steeds aan die gang is, want selfs van die kerkmanne in die Sinode besef dat hierdie model van kerkwees (geskoei op die Emerging Church waar informele kerke wêreldwyd onstaan in kleiner plekke soos koffiewinkels, teaters, kantore, ens.) kan dalk in die toekoms in ons land ‘n belangrike rol speel. So, ek verkoop vinnig my 100 boeke tussen die twee kerke want ek is darem nou amptelik mevrou Doeminie en party mense is nogal beïndruk dat ek wel ‘n boek kon skryf! (Ek is natuurlik ook in my noppies!)
Ek is nie beïndruk met die feit dat my een vriendin dadelik nog ‘n klomp spelfoute kry nie! Stupid. Stupid. Ek maak dit vervaard reg en my selfbeeld sak dieper in die modder in. Op ‘n goeie sonskyn Vrydag bestel ek nog 100 boeke by my drukker. Ek epos die bestelling met die nuwe weergawe wat gedruk moet word en omdat ek nou bietjie geld gekry het vir my boeke, betaal ek solank die paar duisend rand van die deposito in oor die internet. Maandag kry ek ‘n epos van hulle af: ‘Moet asb nie geld in ons gewone rekening inbetaal nie...daar is probleme met die rekening.’ Nou ja toe. Natuurramp. Die besigheid is bankrot en ek het die geld in die bankrekening inbetaal. Ek moes seker vooraf die arme drukkers laat weet het dat dit gevaarlik is om met my besigheid te doen, want waar ek gaan volg groot rampe.
Nuwe drukker soek en vertrou. Kry een. ‘n Jong grafiese ontwerper wat ek ken, meen my boek se voorblad lyk nie indrukwekkend genoeg nie en ontwerp ‘n nuwe een. Indrukwekkend.
(Op die foto is ek met my nuwer weergawe van my boek: Wee Monk's Tale, the Secret of Immortality!)
Ek druk weer 100. Ek sukkel bietjie meer om die te verkoop omdat die honderd mense in ons dorp wat lees, reeds boeke het (met spelfoute...). Iemand wat ek ken bied aan om my boek by hul besigheid te verkoop. ‘n Maand of drie later word ek vertel dat hulle as Christene ‘ongemaklik’ voel oor my boek omdat lyk of ek oor trolle (Feëtjies? Hekse? Druïdes?) praat in die boek en hulle wil nie meer iets daarmee te doen hê nie. Hallo? Het hul dit gelees en gesien hoe ek God se waarheid en sy hand in ons lewe afspeel teenoor die bygelowe en legendes van die middeleeue? Nee. Het hul gesien hoe my drie kinderhelde oorleef op kinderlike geloof in God in ‘n bose wêreld en hoe hulle mense se lewens verander in die boek en hoe mense tot bekering kom en vir God leer ken? Nee, maar ek vat my boeke en loop. Ek verstaan hoekom Ghandi gesê het: “Your Christ I like, it is the Christians I don’t like.” Of so iets.
Intussen is my draaiboek (wat ek oor my boek geskryf het) mos klaar en glo ek en vertel ek vir almal wat wil hoor en nie hoor nie dat ek nog ‘n fliek gaan maak van my boek. Ek skryf briewe vir Mel Gibson, wat The Passion of Christ gemaak het en wat nie bang is om ‘n fliek met ‘n sterk Christentema te maak nie. En hy het genoeg geld gemaak met the Passion. Nog ‘n rede hoekom Mel Gibson maar die fliek kan maak, volgens my bisarre redenasie, is omdat hy die Skotse epiese fliek, Braveheart, wat hy geregisseur het en waarin hy gespeel het in die dorpie Kells in Ierland gemaak het. Kells is waar my drie kinders met die Altaarbybel opeindig en waar dit in die regt lewe van 800 na Christus tot ongebeer 1600 geberg is voordat dit na die Trinity College Museum in Dublin gestuur is. Daarom is die boek toe genoem: The Book of Kells.
En, die vreemdste van als: My boek, Wee Monk’s Tale gaan mos oor die werklike Altaarbybel, the Book of Kells wat deur my denkbeeldige drie kinders gered word as Vikings die Skotse eiland Iona aanval. Die eiland wat as die middelpunt en begin van die Christengeloof in Wes-Europa beskou word, is deur die Monnik, Saint Columba begin. In die Keltiese taal word hy genoem: Colmcille. Die Altaarbybel is aanvanklik genoem: The Gospel of Colmcille (dit is die handgeskrewe 4 evangelies in Latyn met pragtige illustrasies). Mel Gibson se volle name is: Mel Colmcille Gerard Gibson. Met my kreatiewe brein lyk al hierdie dinge na tekens hoekom ek by Mel Gibson moet uitkom vir die maak van die rolprent. Ou Druscilla die dromer in my sien net alles raak as raakpunte en tekens!

Nou ja, Mel Gibson, het nou die laaste tyd nie juis vriende gemaak in Hollywood nie omdat hy, as Christen, teruggeval het en ‘n insinking beleef, al is hy ‘n getroue Rooms Katolieke Christen, en al het hy sy eie kerkie op sy plaas, is mense nie meer baie lus vir hom nie, omdat hy anti-semitiese uitsprake gemaak het terwyl hy een aand dronk was. Ook het hy sy vrou gelos vir ‘n Russiese model, wat hom op haar selfoon afgeneem het terwyl hy haar verbaal absoluut slegsê en dreig dat die see haar nie kan skoonwas nie. (Klink vir my maar na net nog ‘n natuurramp! Mel moes geweet het toe hy my briewe so ignoreer dat iets gaan kom! Of dalk het hy iets vermoed...). Hollywood is nou half klaar met hom. Ek het hom natuurlik ‘n persoonlike brief na sy eie persoonlike huisadres gestuur met my script en als in. Dis die een brief wat nog nie teruggekom het nie. Maar nouja – nou sien ek hy maak self ‘n fliek van die Vikings... Ja, wel, wat kan ek sê. Ek weet nie meer nie. (Waar kry ek sy persoonlike adres, vra jy my? Ek vra elke mens wat ek leer ken wat ‘n Amerikaanse aksent het of wat in Amerika gewerk het, ek soek Mel Gibson se persoonlike eposadres. Kan jy glo, eendag by ‘n smart Sondagmiddagete by ‘n pragtige Dame van ons dorp, ontmoet ek so ou. Hy sê vir my hy het nog kontakte in LA waar hy gewerk het ‘n paar jaar – hy sal vir Sêndra (Bullock) of vir Sjaarlize vra of hulle ‘n adres het... Nou ja toe! Volgende dag kry ek wowaar die epos met Mel se straatadres. Ek het dadelik ‘n briefie geskryf en my CD met my draaiboek op ingesit en daar trek my briefie Los Angeles toe. Nog niks gehoor nie. Natuurlik...)
(Op die foto is ek en my pel, Mel, by Madame Tussaude in London... I can dream can't I?)

Glo my, ek wag ook nie in stille stupidgeit vir Mel Gibson om my te kontak nie. Ek het nog planne. So hoor ek by ‘n vriend, Jonothan, dat hy net hier agter die berg deel is van 'n filmproduksie – die fliek, Machine Gun Preacher of iets, waarin Gerard Butler speel. Jonothan is sy stand-in wat beteken Jonothan moet, nog voor die kameras en Gerard hul ding doen, gou al Gerard se bewegings doen, sodat hul kan sien of die lig en komposisie en als reg is, en dit terwyl Gerard onder die sambreel in die Afrika son sit en sluk aan sy Perrier watertjie.

Jy moet nou weet, as jy nie weet wie is Gerard Butler nie, kan ek jou nie help nie, dan is jy ook maar bietjie agter. Hy is 'n Ierse akteur wat onder andere die spiertier, Koning Leonides was in die fliek, 300 en het so simpel rolletjie in Bounty Hunter gehad met Jennifer Aniston. En nog baie flieks. En hy is Iers! Ek sien mos dadelik hoe die kosmiese magte hierdie connection van ons gaan gebruik om my fliek gemaak te kry.

Nou ja, Drucilla die dromer binne-in my, skiet in aksie. Eers doen ek my bes om op die filmstel te kom, maar my groote en die feit dat ek weereens niemand is nie, maak dat ek my nie daar ingewurm kry nie. Ek hoor toe Gerard huur in Peacanwood Golf Estate ‘n huis! En net een mens doen die verhurings daar, my goeie vriendin, Rina, wat tot op hierdie punt wat sy van my dilemma hoor, nog nie self die man herken het nie!! Nie eers aan sy kaal (300-movie) bolyf waarmee hy eendag die deur vir haar en die bediende oopgemaak het nie, nie aan sy husky-Amerikaans-Ierse aksent nie, en nie aan sy pragtige bakkies wat toegegroei is met ‘n baard nie! Ai, Rina. (God bless her lovely soul!). Maar ek besluit toe om 'n biltongruikertjie aanmekaar te slaan vir Gerard. Eg Suid-Afrikaans met biltong, droë wors, Safari droë vrugte, Amarula likeurtjie en so aan, en natuurlik midde in al die pragtige kosse, lê en wag ‘n cd met my draaiboek, info, briefie en wat alles in. Ek jaag in by Rina, wat onmiddellik die waarde van die ruiker insien, en ons jaag met haar golfkarretjie regoor die golf estate, reguit op Gerard se huurhuis af. Dit was so drie-uur die middag. Soos wafferse spioene penetreer ons die gebou, plant die biltongruiker op die kombuistafel (was maar deurmekaar daar – dalk het sy bodyguard nie juis goed opgeruim die oggend nie!) en verlaat die toneel van die misdaad ongesiens. So wat dink jy het gebeur? Watter kosmiese magte en kragte het losgebars en die wiel aan die rol gesit as gevolg van my weldeurdagte, slinkse dog geniale plan? Flippen-hel-niks. Nie eers 'n dankie-sms nie. Drucilla huil nou nog. Maar ek en Rina lag lekker hieroor oor ‘n glas rooiwyn. Lag, so met ‘n traan, ekke. My muur is te hoog om oor te spring. Ek kan nie eers 'n gat onderdeur die muur grawe nie. My vraag is net: wanneer hou 'n mens op hoop en glo in jouself? Nooit? Dis 'n lang tyd. Dis baie energie. Dis harde harde werk.